‘n BEKNOPTE AGTERGROND.
As minister van naturellesake moes hy wyd reis en het hy oor die lengte en breedte van Suid Afrika die beleid van afsonderlike ontwikkeling verkondig,
Sy standpunt was, ‘n kans vir elkeen maar binne eie kring
Hy het sy parlementêre loopbaan op 3 September 1948 ingelui met ‘n indrukwekkende redevoering oor die beginsel van rasseskeiding.
Hy was onder andere ‘n voorstander van moedertaal onderrig en het so die swartes se kinders gevrywaar van volksvreemde onderwys, veral in die laerskool. Hy het ook swart ouers groter seggenskap oor die onderwys van hulle kinders laat verkry. Hy was ernstig gekant teen dubbel medium skole, soos dit waaraan ons kinders vandag deur die swart onderwysowerhede onderwerp word!
Hierdie pragtige verhaal uit die geskiedenis, dien soos so baie ander om jou lewens-en wêreldbeskouingskompas op koers te hou! Dit het op die AVP se lessenaar beland en verdien om deur die ganse Afrikanervolk gelees te word. Indien jy een van diegene is wat slegs vorentoe wil beur sonder om die pad waarlangs ons volk gevorm is in ag te neem, sál jy koers verloor ... én moed verloor .... en dalk ook jou geloof verloor! In die benouende tyd waarin ons volk ons bevind, is hierdie maar één van die ankers van ons volk. Dit is egter ‘n onbreekbare anker wat die potensiaal het om jou op elke lewensterrein waarop jy jou mag bevind te versterk, op te hef en jou op koers te hou!
Ons dank aan die onbekende outeur van die verhaal wat die krag daarvan besef en dit met ons almal kom deel het!
‘n POLITIEKE LES EN PROFETIESE WAARSKUWING
‘n Ongelooflike les aan etiek en staatsmanskap, waarskynlik onge-ewenaard in die wêreld se politieke geskiedenis wat uit die hart van ‘n hoogsbeskaafde maar nederige Afrikaner staatman aan die Britse Eerste Minister bedien is, maar nie sonder gevolg nie! Dr. Verwoerd se politieke insig in belang van sy eie volk, maar ook en veral sy vêrsig in terme van wêreldpolitiek was profeties toe hy Macmillan daarop gewys het dat, “Ons matig ons dit nooit aan om die toepassing van ander beleidsrigtings in die gebiede waarvoor u verantwoordelik is te kritiseer nie, maar wanneer ons by ‘n geleentheid soos die huidige, waar ons heeltemal openhartig is, krities daarna kyk, sien ons, anders as u, dat daardie beleidsrigting groot gevare kan inhou. Juis die doel wat u beoog, kan deur hulle verydel word.” Dit word vandag in September van 2016, vyftig jaar na die beplande sluipmoord op dr. Verwoerd, deur die fisiese geskiedenis wat ons in Suid Afrika, en Europa en elders beleef, met akklamasie bevestig!
DR HENDRIK FRENSCH VERWOERD
ONS ONTHOU HOM
Op Dinsdag 6 September 2016 sal dit 50 jaar wees sedert Dr H F Verwoerd die middag van 6 September 1966 om veertien minute oor twee deur die sluipmoordenaar Tsafendas in die Volksraad in Kaapstad vermoor is. Daarmee is ‘n einde gemaak aan die lewe van een van die grootste staatsmanne van die twintigste eeu en ‘n geliefde leier van die Afrikanervolk. Hy bly egter voortleef in die harte van honderde duisende van sy volksgenote en verskillende inisiatiewe is geloods om sy nalatenskap in herinnering te roep en vir die nageslag te bewaar.
Dit gebeur nie baie dat die kranksinnige sienswyse van die liberalisme bruikbaar is nie. Om die waarheid te sê is dit hoogs uitsonderlik en kom dit slegs voor in onbeheerbare helder oomblike waaroor die liberalis géén beheer het, soos met onwillekeurige spierspasmas nie.
Dit was met só ’n toevalligheid dat Max du Preez, in Engels gelukkig, só ’n bruikbare stukkie wysheid kwytraak toe hy sê: “ Come on, Mmusi Maimane, you are in a better position than any other South African politician to help get rid of the verses from Die Stem in our national anthem.”
Die bruikbare gedeelte van dié uitlating waarmee die AVP volmondig saamstem, is om weg te doen met verse van DIE STEM uit die terroristiese bevrydingslied van die ANC wat oa. in sy refrein ses maal soebat dat die “gees” moet neerdaal!
Rom. 9:6-33
“En soos Jesaja tevore gesê het: As die Here van die leërskare vir ons nie ‘n nageslag oorgelaat het nie, soos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk gewees het. Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is; terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie. Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot.” (:29-32).
As die Here van die leërskare vir ons nie ‘n nageslag oorgelaat het nie, voorwaar soos Sodom sou ons geword het. Wanneer ons as gelowiges rondom ons kyk en die chaos en sedelose verval rondom ons aanskou, kan dit vir ons voel asof ons midde in Sodom woonagtig is.
INTERNE ONTROU
Dat daar binnelands en nog nader, selfs binne die Verwoerd kabinet “Judasse” gesit het, word bevestig deur die feit dat daar vlytig saamgewerk is om vir Harold Macmillan die geleentheid te skep om beide die senatore en volksraadslede toe te spreek sonder dat die Eerste minister vooraf daaroor ingelig is.
In die eetsaal van die Parlement, aan die hooftafel sit Harold Macmillan met ’n uitgewerkte, fyn beplande en versigtig bewoorde toespraak, waarvan dr. Verwoerd niks geweet het ten spyte daarvan dat Macmillan by die Verwoerds tuisgegaan het tydens sy besoek nie.
Langs hom, aan sy regterkant sit kommandant C.A. van Niekerk, President van die Senaat. Aan sy linkerkant sit mnr. J.H. Conradie, Speaker van die Volksraad, dan dr. Verwoerd en De Villiiers Graaf Leier van die Opposisie.