1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4352621

Besoekers aanlyn

Ons het 172 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

‘n LEWE VAN GEREGTIGHEID UIT GELOOF

BybelRom. 9:6-33

En soos Jesaja tevore gesê het: As die Here van die leërskare vir ons nie ‘n nageslag oorgelaat het nie, soos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk gewees het. Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is; terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie. Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot.” (:29-32).

As die Here van die leërskare vir ons nie ‘n nageslag oorgelaat het nie, voorwaar soos Sodom sou ons geword het. Wanneer ons as gelowiges rondom ons kyk en die chaos en sedelose verval rondom ons aanskou, kan dit vir ons voel asof ons midde in Sodom woonagtig is. Dit is egter so maklik om ons eie lewe teenoor ‘n sedelose samelewing te beoordeel en dan geestelik hoogmoedig te raak. Dit is dan wanneer ons opstandig wil raak teenoor God en wanneer ons voete ook struikel soos die Psalmdigter dit in Ps. 73 verwoord. “Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly. Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien.” (:2&3). Dit is in hierdie staat van geestelike verhewenheid dat ons maklik vir God probeer voorskryf in dit wat reg en regverdig is asof ons as sterflinge oor die vermoë beskik om Hom enigiets van geregtigheid te leer.

Ons verstaan nie aldag die weë en raadsbesluite van die Almagtige nie. Dit voel soms vir ons asof dit onverklaarbaar is dat die Regverdige en Heilige Skepper ongeregtigheid wat ten hemele skreeu, toelaat. Hy is volgens ons oordeel mos verondertel om onmiddelik op ons bevel die ongeregtigheid te straf en te verdelg, nie waar nie? Ons moet egter altyd, maar altyd, onthou dat ons weë nie God se weë is nie en dat ons gedagtes nie Sy gedagtes is nie. Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.” (Jes. 55:8&9).

Dit was sekerlik vir die Godvresende Israeliete ‘n onverklaarbare raaisel dat die Farao van hulle tyd so ‘n magtige man kon word terwyl hy die volk van God verdruk en mishandel. Hierdie mense moes sekerlik in hulle harte gewonder het waar God se geregtigheid vertoef terwyl hierdie heiden hom verhef bo alle mag? Wat meer is, na die eerste paar plae wat Egipte getref het, het hierdie Farao vir God, Moses en die volk Israel openlik bedrieg en steeds het God dit toegelaat! Hoe verklaar ‘n mens dit? Wel, die geskiedenis wat daarop gevolg het het hierdie raad van God vir ons verklaar. Geen mag, geen heerser, geen koninkryk, sal voor God kan standhou nie, maar selfs met heidense en goddelose regerings het God ‘n doel hier op aarde - al is dit net om deur hulle val Sy Almag en Opperheerskappy aan die wêreld te toon.

Ek moet in alle eerlikheid voor u erken dat ek menig dae wonder waarom God Drie-Enig, die Herder van ons volk, die Voorsienigheid deur wie se Hand ons hier aan die Suidpunt van Afrika tot volk gegroei het, toegelaat het dat ons voorheen Godvresende regering neergewerp word om ons in die hande van heidene oor te gee? Alhoewel ek nie vir ‘n oomblik durf God se raad bevraagteken¹ nie, praat ek in my hart en siel met Hom hieroor. Ek soek na die antwoorde hiervoor in gebed en Bybelstudie, want daar moet tog ‘n rede hiervoor wees. Was dit dalk omdat ons as volk onsself ook uitermate verhoog het en selfvoldaan begin raak het en in die proses die geloof versaak het? Is dit moontlik dat ons ons voorspoed en sukses op Godsdienstige-, politieke-, ekonomiese- en sosialeterreine aan ons eie vernuf begin toeskryf het en opgehou het om in die geloof te leef? Is dit vêrgesog om te wonder of mense dalk maar net kerk toe gegaan en ‘n lewe van “christelike vertoon” geleef het omdat dit die norm van die tyd was, maar hulle harte was ver van ons Here af? As die antwoord op laasgenoemde vraag negatief is, waarom was dit so maklik vir mense om in ‘n “nuwe” heidense bestel in te pas en te intgegreer? Is dit regtig só maklik om opregte liefde vir ‘n besondere saak in die lewe te laat vaar?

Ek sal seker nooit al die antwoorde op my vrae in hierdie lewe vind nie, maar as ek nie hierdie vrae stel nie, sal ek GEEN antwoorde vind nie. Ek is egter oortuig daarvan dat die tyd sal leer waarom God ook hierdie ellendige toestand in ons Vaderland toelaat. Dit is vir my egter geen verborge opdrag dat ons as opregte kinders van God in alle omstandighede steeds tot Sy eer moet leef nie. Ons moet egter oppas daarvoor om in tye van sedeloosheid ‘n geestlike hoogmoed te ontwikkel, maar eerder onthou dat ons op die weg van geregtigheid gelei word om Sy Naam ontwil eerder as deur ons eie verdienstelikheid en toedoen.

Ek wil elke ware gelowige vandag opnuut aanspoor om ‘n lewe van gerertigheid voor God na te streef, nie om iets hierdeur van Hom te probeer verdien nie, maar eerder uit geloof van die onverdiende genade wat ons reeds van Hom ontvang het. Die feit dat Jesus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was en nie eers as voorwaarde gestel het dat ons ons verdienstelikheid aan Hom moet bewys nie, is veronderstel om vir ons meer as genoeg motivering te wees. (Rom. 5:7-8:”Want nouliks sal iemand vir ‘n regverdige sterwe – vir ‘n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe – maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”).

Ons is geneig om in ons gedagtes die som te maak van die “goeie dade” wat ons doen en dan ons eie verdienstelikheid daarvolgens te bereken. Wanneer ons dan nie ons selfuitgewerkte loon ontvang nie, wil ons God as onregverdig beskou. Ons is egter nie geneig om die som te maak van die verkeerde dinge wat ons doen wat geweldige straf verdien nie. Hierdie berekening sal ons dalk tot ‘n groter lewe van dankbaarheid beweeg. Wanneer ek besef hoe groot die straf is wat ek vir my ongeregtighede verdien en dan opnuut besef dat Christus Jesus ingestem het om hierdie straf in my plek te dra net om daardeur Sy liefde aan my te bewys! As laasgenoemde nie vir iemand genoegsame rede is om ‘n lewe van dankbaarheid en geregtigheid na te streef nie, is daar voorwaar dringende ondersoek nodig om vas te stel of die goeie werk maar net uit gewoonte, asof uit die wet is, en of daar wel ruimte vir die saligmakende geloof in so ‘n lewe is.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie