1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4447964

Besoekers aanlyn

Ons het 70 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

6 SEPTEMBER 1966... ‘n POLITIEKE RUKWIND IN SUID-AFRIKA!3

winds of change 3INTERNE ONTROU

Dat daar binnelands en nog nader, selfs binne die Verwoerd kabinet “Judasse” gesit het, word bevestig deur die feit dat daar vlytig saamgewerk is om vir Harold Macmillan die geleentheid te skep om beide die senatore en volksraadslede toe te spreek sonder dat die Eerste minister vooraf daaroor ingelig is.

In die eetsaal van die Parlement, aan die hooftafel sit Harold Macmillan met ’n uitgewerkte, fyn beplande en versigtig bewoorde toespraak, waarvan dr. Verwoerd niks geweet het ten spyte daarvan dat Macmillan by die Verwoerds tuisgegaan het tydens sy besoek nie.

Langs hom, aan sy regterkant sit kommandant C.A. van Niekerk, President van die Senaat. Aan sy linkerkant sit mnr. J.H. Conradie, Speaker van die Volksraad, dan dr. Verwoerd en De Villiiers Graaf Leier van die Opposisie.

EERSTE MINISTER VAN BRITANJESE SE WINDS OF CHANGE TOESPRAAK

Macmillan staan op met voor hom ’n gesamentlike vergadering van die Unieparlement. Die datum is 3 Februarie 1960, kort na die aankondiging in die Transvaler van 21 Januarie 1960 deur dr. Verwoerd dat die al die blankes binne afsienbare tyd, ongeag hulle politieke siening, geleentheid gaan kry om in ’n referendum hulle uit te spreek oor of die Unie van Suid Afrika ’n Republiek moet word of nie.

Aan dr Verwoerd het hy geen woord gerep van sy voorbereide toespraak nie, ten spyte daarvan dat dit sy gasheer was. Eie aan die Brit se onderduimse aard soos oor jare aan die Afrikaner openbaar in hulle uitspraak en optrede, sit Britse amptenare en persmanne in die galerye met afskrifte van Macmillan se toespraak waarin dr. Verwoerd geen insae gehad het nie. Selfs tuis sit nog twee amptenare met afskrifte by mev. Betsie Verwoerd voor die radio.

Macmillan begin: “In die twintigste eeu, en veral sedert die einde van die oorlog, is die proses waardeur die volkstate van Europa tot stand gekom het, oor die wêreld herhaal. Ons het die ontwikkeling van ’n nasionale bewussyn by volkere gesien wat eeue lank in afhanklikheid van die een of ander moondheid bestaan het.

Vyftien jaar gelede het hierdie beweging deur Asië versprei. Dáár het baie lande, van verskillende rasse en beskawings, aangedring op ’n onafhanklike volksbestaan. Vandag gebeur dit ook in Afrika. Die treffendste van al my indrukke sedert ek London ’n maand gelede verlaat het, is die krag van hierdie nasionale bewussyn in Afrika. Op verskillende plekke kan dit dalk verskillende vorms aanneem. Maar dit gebeur orals. Die wind van verandering waai oor die vasteland.”

“Soos ek gesê het is die opkoms van ‘n nasionale bewussyn in Afrika ’n politieke feit wat ons moet aanvaar. Dit beteken, meen ek, dat ons daarmee ’n vergelyk moet tref. Ek glo vas dat as ons dit nie kan regkry nie, ons die onsekere balans tussen Ooste en Weste, waarop wêreldvrede berus, kan versteur.... As ek openlik mag praat , sal ek nou graag dit wil sê: Wat regerings en parlemente van die Verenigde Koningkryk sedert die vorige oorlog gedoen het deur onafhanklikheid aan Indië, Pakistan, Ceylon, Maleia en Ghana toe te ken, en wat hulle vir Nigerië en ander state wat nou onafhanklikheid nader, sal doen, dit alles, hoewel ons daarvoor die volle verantwoordelikheid moet en sal dra, is volgens ons geloof die enigste manier om die toekoms van die Statebond en die vrye wêreld op ’n gesonde grondslag te plaas....

As medelid van die Statebond probeer ons altyd, en ek dink ons het daarin geslaag, om Suid Afrika ons volle steun en aanmoediging te gee, maar ek hoop u sal my dit nie kwalik neem nie as ek openlik sê dat daar sommige aspekte van u beleid is wat dit vir ons onmoontlik maak om dit te doen sonder om ons eie, diepgewortelde oortuigings oor die politieke lotgevalle van vrye volkere, waaraan ons in ons gebiede uitdrukking probeer gee, te verraai.

Macmillan verwys verder dat hy kyk na die toekoms wanneer die geskille van vandag bloot geskiedenis sal wees en bevestig verder dat verdeeldheid tot verswakking lei, maar dat eendrag mag maak. Hy maak verskoning dat hy so lank gepraat het.

Winds of change 2Hierdie toespraak van Harold Macmillan wat die aanloop was tot die sluipmoord op dr. Verwoerd, word in Engels aangehaal ten einde die korrektheid van wat in Afrikaans daaruit aangehaal is te bevestig:

Here follows an excerpt of the transcript of Harold Macmillan's Wind of Change speech, delivered before the Parliament of South Africa, Cape Town, South Africa - February 3, 1960. It is, as I have said, a special privilege for me to be here in 1960 when you are celebrating what I might call the golden wedding of the Union. 

At such a time it is natural and right that you should pause to take stock of your position, to look back at what you have achieved, to look forward to what lies ahead. In the fifty years of their nationhood the people of South Africa have built a strong economy founded upon a healthy agriculture and thriving and resilient industries. No one could fail to be impressed with the immense material progress which has been achieved. That all this has been accomplished in so short a time is a striking testimony to the skill, energy and initiative of your people. We in Britain are proud of the contribution we have made to this remarkable achievement. Much of it has been financed by British capital. As I've travelled around the Union I have found everywhere, as I expected, a deep preoccupation with what is happening in the rest of the African continent. I understand and sympathize with your interests in these events and your anxiety about them. Ever since the break up of the Roman empire one of the constant facts of political life in Europe has been the emergence of independent nations. They have come into existence over the centuries in different forms, different kinds of government, but all have been inspired by a deep, keen feeling of nationalism, which has grown as the nations have grown. In the twentieth century, and especially since the end of the war, the processes which gave birth to the nation states of Europe have been repeated all over the world. We have seen the awakening of national consciousness in peoples who have for centuries lived in dependence upon some other power. Fifteen years ago this movement spread through Asia. Many countries there, of different races and civilizations, pressed their claim to an independent national life. Today the same thing is happening in Africa, and the most striking of all the impressions I have formed since I left London a month ago is of the strength of this African national consciousness. In different places it takes different forms, but it is happening everywhere. The wind of change is blowing through this continent, and whether we like it or not, this growth of national consciousness is a political fact. We must all accept it as a fact, and our national policies must take account of it. Well you understand this better than anyone, you are sprung from Europe, the home of nationalism, here in Africa you have yourselves created a free nation. A new nation. Indeed in the history of our times yours will be recorded as the first of the African nationalists. This tide of national consciousness which is now rising in Africa, is a fact, for which both you and we, and the other nations of the western world are ultimately responsible. For its causes are to be found in the achievements of western civilization, in the pushing forwards of the frontiers of knowledge, the applying of science to the service of human needs, in the expanding of food production, in the speeding and multiplying of the means of communication, and perhaps above all and more than anything else in the spread of education.

As I have said, the growth of national consciousness in Africa is a political fact, and we must accept it as such. That means, I would judge, that we've got to come to terms with it. I sincerely believe that if we cannot do so we may imperil the precarious balance between the East and West on which the peace of the world depends. The world today is divided into three main groups.

First there are what we call the Western Powers. You in South Africa and we in Britain belong to this group, together with our friends and allies in other parts of the Commonwealth. In the United States of America and in Europe we call it the Free World.

Secondly there are the Communists Russia and her satellites in Europe and China whose population will rise by the end of the next ten years to the staggering total of 800 million.

Thirdly, there are those parts of the world whose people are at present uncommitted either to Communism or to our Western ideas. In this context we think first of Asia and then of Africa.

As I see it the great issue in this second half of the twentieth century is whether the uncommitted peoples of Asia and Africa will swing to the East or to the West. Will they be drawn into the Communist camp? Or will the great experiments in self-government that are now being made in Asia and Africa, especially within the Commonwealth, prove so successful, and by their example so compelling, that the balance will come down in favor of freedom and order and justice?

The struggle is joined, and it is a struggle for the minds of men. What is now on trial is much more than our military strength or our diplomatic and administrative skill. It is our way of life. The uncommitted nations want to see before they choose.

EERSTE MINISTER VAN SUID AFRIKA DR VERWOERD ANTWOOR MACMILLAN

Sonder die gebruiklike voorsiening van ‘n voorbereide toespraak waarop van die Eerste Minister verwag word om te antwoord, het dr. Verwoerd uit die vuis as volg geantwoord:

“Geagte Eerste Minister, u het aan my ‘n aansienlike taak gestel. Ons het genoeg vraagstukke in Suid Afrika sonder dat u kom om daaraan toe te voeg deur so ‘n belangrike verklaring te doen en van my te verwag om u in ‘n paar kort woorde te bedank.

Soos ek kan aflei, glo u die beleid wat ons vir Suid Afrika nie net raadsaam ag nie maar wat, na ons glo en indien reg verstaan, ‘n uitwerking op Afrika en op die wêreld behoort te hê, nie tot voordeel strek van daardie ideale waarna u en ons strewe nie! Indien ons beleidsrigting reg verstaan word, glo ons egter dat daar ingesien sou word dat wat ons probeer doen, nie aan die nuwe rigting in Afrika vreemd is nie, maar volkome in ooreenstemming daarmee is.

Ons matig ons dit nooit aan om die toepassing van ander beleidsrigtings in die gebiede waarvoor u verantwoordelik is te kritiseer nie, maar wanneer ons by ‘n geleentheid soos die huidige, waar ons heeltemal openhartig is, krities daarna kyk, sien ons, anders as u, dat daardie beleidsrigting groot gevare kan inhou. Juis die doel wat u beoog, kan deur hulle verydel word.

Die groot trekOns het ‘n land beset wat kaal was. Die Bantoes het ook na hierdie land gekom om sekere dele vir hulself te beset. Dit is in ooreenstemming met die denkrigting van Afrika om aan hulle daar die volste reg toe te staan wat ook ons, net soos u, toegee dat alle mense behoort te hê. Ons glo in die verskaffing van daardie regte vir daardie mense in die volste mate in daardie deel van Suid Afrika wat hul voorvaders vir hulself gevind en beset het.

Maar ons glo ook in die ewewigtigheid. Ons glo daarin om presies daardie selfde geleenthede binne die bereik van die witman te laat in die gebiede wat hy beset het,die witman wat dit alles moontlik gemaak het. Ons beskou onsself as deel van die Westerse wêreld, ‘n ware blankestaat in Afrika, nieteenstaande die moontlikheid om aan die swartman in ons midde ‘n volle toekoms toe te ken. Ons beskou onsself as onontbeerlik vir die blanke wêreld.... As daar ‘n verdeling in die toekoms moet wees, hoe kan Suid Afrika dan ten beste sy rol speel sowel wat betref samewerking met die wit nasies van die wêreld as wat betref die maak van vriende in die swart state van Afrika op so ‘n manier dat hulle krag sal verleen aan die arm van diegene wat veg vir die beskawing waarin ons glo?

Ons is die skakel. Ons is wit, maar ons is in Afrika. Ons skakel met albei en dit plaas op ons ‘n buitengewone plig, en ons besef dit.

En as u met u koms hierheen niks meer gedoen het as om dit moontlik te maak dat oral bekend gemaak word dat niemand iets kan bereik deur ‘n ander te probeer seermaak van wie hy verskil nie, maar dat slegs goed gebore kan word uit pogings om aan andere goed te doen, dan was u reis tot so ver as hierdie suidpunt goed beloon.” (Aldus dr. Verwoerd)

‘n Ongelooflike les aan etiek en staatsmanskap, waarskynlik onge-ewenaard in die wêreld se politieke geskiedenis wat uit die hart van ‘n hoogsbeskaafde maar nederige Afrikaner staatman aan die Britse Eerste Minister bedien is, maar nie sonder gevolg nie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie