1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7466139

Besoekers aanlyn

Ons het 71 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

6 SEPTEMBER 1966... ‘n POLITIEKE RUKWIND IN SUID-AFRIKA!

Dimitrio TsafendasSoos ’n Tornado wat kolk en draai en verbreek. Wat die penwortel van Nasionalisme uit Afrikanergrond uitruk met geweld! Van die “Winds of Change” toespraak op 3 Februarie 1960 van die Britse Eerste Minister van Brittanje, mnr. Harold Macmillan voor senatore en volksraadslede, dus albei huise van die parlement in Kaapstad, is dié wind al sterker gestu deur die blaasbalk van die liberalisme van buite en binne Suid Afrika, tot die rukwind van 6 September 1966! ’n Kunsmatig geskepte “politieke stormwind” wat moes verander, maar ook moes vernietig wat die Britte nie deur oorlog en barbaarse verskroeide aarde beleid mee kon vermag nie! Wat in sy kolkspoor agterbly is chaos, verwarring, wantroue, verval en agteruitgang.... maar ook tog die oorblyfsel van ankerwortels wat onverbidddelik ge-anker in vaste grond van geloof en beginsel, gewond maar onoorwonne, weer sal bloei en uitloop in sy vaste spoor!

Hendrik Frensch Verwoerd.

In onderskeid was dr. Hendrik, Frensch Verwoerd in terme van wêreldleierskap, ’n Godgestuurde na Suid Afrika as gelowige,intellektuele politieke leier met ’n ingebore begrip vir die grondbeginsel van behoud van God se skeidingswerk. ’n Anker vir behoud van identiteit en onderskeid tussen ras en volk en etnisiteit, wat sonder die ingryping van onnatuurlike mensgemaakte ideologië, ’n ongeskrewe lewenswet is vir vreedsame naasbestaan.

 

Die enigste Afrikaner Eerste Minister wat nie hier gebore is nie maar op 8 September 1901 in Amsterdam in Nederland, het sy gelowige ouers hom na Suid Afrika gebring. Hulle kom in 1903 in Kaapstad aan, gedring deur hulle meegevoel met die Afrkanervolk, kort na die vrede in 1902 terwyl Suid Afrika in puin lê en worstel om op te staan uit die verwoesting van huis en haard, veroorsaak deur die Engelse se verskroeide aarde beleid tydens die Anglo-Boereoorlog op ons afgedwing.

BEKWAAM VIR SY ROEPING

Dr. VerwoerdDr. Verwoerd se uitstaande verstandelike vermoë is van jongs af bekend en vasgelê in toekennings van prestasies wat veral op universiteit na vore gekom het.

In 1924 word Hendrik Frensch Verwoerd doktor in Wysbegeerte en op 26 jarige ouderdom bevorder tot professor in Toegepaste Sielkunde en Psigotegniek by die Universiteit van Stellenbosch. Hy verstom mense deur bladsye aantekeninge aan sy studente uit die vuis te dikteer. Hy word in 1929 versoek om die akademiese jaar te open met die tema, “Die Universiteit en die Lewe”. Om iets van dr. Verwoerd se menslike ingesteldheid te verstaan is dit noodsaaklik om enkele aanhalings uit “Man van die Volk” uitstekende gedenkalbum van H.F. Verwoerd, geskryf deur Pieter W. Grobbelaar, vir u hier te herhaal ten einde die negatiewe retoriek van sy en die Afrikanervolk se vyande, oor hom uit te daag.

Dr. Verwoerd veroorsaak ’n opskudding toe hy die akademiese jaar met ’n lang en ingewikkelde betoog open sonder ’n énkele nota, aantekening of geskrif ! Dertig jaar later toe hy weer die opening waarneem som hy sy toespraak van dertig jaar gelede so op: “Die grondgedagte wat ek toe verkondig het, was dat die universiteit met sy kloosteroorsprong, sy afgesonderdheid van die daaglikse lewe, nie meer in die moderne tyd dieselfde rol beklee nie. As in die universiteit die student nie nader gebring word aan dit wat dwarsdeur sy lewe vir hom belangrik is nie, dan het die moderne universiteit gefaal in sy plig; maar ek het toe juis beklemtoon dat die universiteit toe wel so geword het. Die universiteit moet die student vir ‘n beroep voorberei. ’n Beroep beteken veel meer as ’n middel om vir eie belang te sorg. Dit skep in die eerste plek die geleentheid om vir iemand anders iets te doen, en op die ou end om vir jou volk iets te doen, al kan elke mens maar één steentjie lê in die muur wat gebou word deur dié generasie waarvan jy deel is. Daarom het ek toe beklemtoon dat voorbereiding vir ’n beroep, wat ’n universiteit se een verband met die lewe van ’n student is, tegelykertyd ook die verband vorm van die universiteit met die volk en die volk se groei. Sodoende sou dit nie net ’n voorbereiding vir die selfsug wees nie, maar ’n voorbereiding vir die offerdaad.” Aldus dr. Verwoerd.

Dr. Verwoerd se geestelike en morele waardes wat as kind deur sy gelowige ouers in hom gevestig is, het regdeur sy volwasse lewe, in optrede en uitspraak duidelik geblyk. In 1921 behaal hy die graad B.A. met lof maar word weens gewetensbeswaar nooit Kweekskoolstudent nie. Die oorsaak volgens van sy vriende, was die bepaling dat na aflegging van die admissie eksamen, studente hulle by die Grootte kerk in Kaapstad aanmeld. Daar moes elke student ’n getuigskrif van sy predikant aan die eksaminatore voorlê. Sy verduideliking was dat hy selde in Brandfort kom aan wie se gemeente hy behoort, hy die predikant nie persoonlik ken en die predikant derhalwe hom ook nie ken nie. Hoe kan hy dus vir ’n getuigskrif van die predikant vra? Die eksaminatore is onverbiddellik, vereis ‘n getuigskrif en beveel aan dat hy vir sy predikant skryf. Dr. Verwoerd is egter net so onwrikbaar in sy siening dat só ’n getuigskrif vals sal wees en trek hy derhalwe sy aansoek vir toelating tot die kweekskool terug.

MOED OM TE STAAN BY DIT WAARIN HY GLO

Dit is juis hierdie vaste geloof in dit waarin hy geglo het, wat dr. Verwoerd Suid Afrika se aansoek vir toelating tot die Statebond na republiekwording op 31 Mei 1961 laat terugtrek het! ’n Kragtige toonbeeld van geloof en beginselvastheid, en die moed om daarby te staan of te val!

Sy verstaan van die betekenis en noodsaaklikheid vir die handhawing van Afsonderlike ontwikkeling, wat van voor sy geboorte reeds in Suid Afrika en elders bestaan het, het hy met dieselfde oortuiging en ywer uitgebou, aangepas en instand gehou. Omdat die nadelige en destruktiewe gevolge van die teendeel vir hom helder en duidelik was en in debat onomstootlik vir sy opponente aangetoon kon word, was dit die enigste pad waarvan sy insig en begrip van reg en verkeerd, hom oortuig het.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie