1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4448230

Besoekers aanlyn

Ons het 99 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

6 SEPTEMBER 1966... ‘n POLITIEKE RUKWIND IN SUID-AFRIKA! (2)

Politieke RukwindOm hierdie beleidsrigting te vernietig, wat die Britte verkies het om “apartheid” te noem, in teenstelling met die feit dat hulle die Afrikaner se taal deurgaans aangeval en probeer vervang het met Engels, moes hulle die Afrikaanse woord bly behou. Dit het die voordeel gehad dat hulle dit kon verketter. Die negatiewe betekenisse wat hulle daaraan gekoppel het, kon hulle nou aan die Afrikanervolk laat klewe om hom in die beskuldigdebank te plaas van verdrukker van die swart ras. Dit ten spyte van die feit dat dit hulle was wat die beginsel van rasseskeiding in wet en toepassing in Suid Afrika gevestig het tydens hulle bewindsoornames.

Die sukses van die beleid en die toepassing daarvan waarby al die volke in Suid Afrika onder die leiding van dr. Verwoerd gebaat het, was egter soos ’n onoorkomelike struikelblok in hulle magstrewe om hierdie mineraalryke Suidelike punt van Afrika, wat die Afrikanervolk onder die seënende Hand van God uit die wildernes ontwortel en beskaaf het, onder hulle beheer te kry.

Verskroeide aarde beleid van die BritteHulle onmag deur selfs die uiterste barbaarse metodes om die Afrikanervolk aan hulle te onderwerp het dus ander benaderings vereis en is daar derhalwe ’n veldtog van haat en valse en ongegronde beskuldigings teen die Afrikanervolk reg deur die wêreld versprei wat die oogmerk gehad het om die Afrikanervolk in die beskudigde bank te hou, as sou ons die swart rasse onderdruk deur middel van “APARTHATE”! Om die onbesproke beeld en karakter van dr. Verwoerd in die oë van die wêreld af te takel, is hy beskryf as die “Vader van Apartheid”. ’n Onbeskaamde en veragtelike leuen van die Britte, wat ’n kenmerk geword het van hulle optrede teen die Afrikanervolk, reeds sedert ons volkswording.

Vir die jong geslag Afrikaners wat na die sluipmoord op dr. Verwoerd gebore is, is dit ons wat die geskiedenis beleef het se verantwoordelikheid om die leuen en wanpersepsies reg te stel wat geskep is en nog steeds geskep word in die skole, Universiteite en die media, deur die vyande van die Afrikanervolk. Reg te stel deur hulle met inligting toe te rus gegrond op feitelike waarhede uit die geskiedenis, soos opgeteken deur ons geskiedskrywers, totdat dit wat opgebou was en nou vernietig, verniel en verander is, met eenheid van sin en eenheid van krag weer opgerig kan word wat nou daar plat lê, het oud President Paul Kruger gesê.

Met die oog op die vyftigjarige herdenking van die sluipmoordaanslag op dr. Verwoerd, is dit nodig om die aanloop, die ontplooiing en die gevolge van die aanslag op dr. Verwoerd se lewe vir ons nageslag te bewaar en telkens weer te beklemtoon as teëvoeter vir die kwaadwillige leuens wat aanhoudend oor hom versprei word. Ek wil ook beklemtoon dat diégene wat die leuens en verdraaiings van die waarheid versprei, saam met hulle wat kies om die leuens en verdraaiings te glo ten koste van die waarheid, sal uiteindelik daardeur verteer word!

Die politieke rukwind wat as ’n sagte windjie van verandering deur die Britse Eerste Minister in die begin van 1960 begin is sonder dat dr. Verwoerd die geleentheid gebied is om hom daarop voor te berei, was die begin van ’n internasionale sameswering wat in die ses jaar wat daarop gevolg het, aangeblaas is tot die vernietigende gevolg op 6 September 1966. Vir die afgedwaalde gelowige Afrikanervolk dalk ’n wekroep tot die besef dat die getal 666 waarvan die Woord van God praat, die getal van ’n mens is!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie