1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4315390

Besoekers aanlyn

Ons het 96 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

AVP Simbole

AVP SIMBOLE

Waarom die naam :  AFRIKANER VOLKSPARTY?

Nasieskap en Afrikanerskap is soos broederskap:  jy behoort daaraan, of jy  behoort nie daaraan nie. 

Dit is iets absoluuts.  Jy kan nie ten dele daaraan behoort en ten dele nie.

 Wyle mnr. Jaap Marais het die volgende gesê:

 ‘n Volk laat hom nie uitoorlê nie.  Binne ‘n volk is die bepalende faktor van die aard van daardie volk.  Afrikanerskap en die definisie van Afrikanerskap lê nie by die randeiers van ‘n volk nie, dit is gesetel in die kern van die volk.  Dit is die binneste pit van daardie volk wat bepaal wat die volk is.  Dit is die sentrum waaraan die volk verbind is en daardie sentrum wat weer verbind is aan die oerbron van die nasie se herkoms, wat bepalend is.  Dit is daardie sentrum wat getrou is aan die tradisies, die gewoontes, die gebruike, die konvensies en die voorskrifte wat vergader is in die lewenswysheid van daardie volk.  Dit is daardie sentrum, daardie kragpunt van ‘n volk, wat nie roep om verandering nie, maar strewe na verinniging;  daardie sentrum van ‘n volk wat nie smag na verbreding nie, maar na verdieping van die eie;  daardie sentrum wat nie roep na verarming nie, maar na versterking van jou volk in sy geloof en sy beginsels en sy geskiedenis.

 Dit is hierdie dinge in ‘n volk wat telkens weer die faktor word, wat die grense trek, soos dit nou weer die grense trek tussen wat bymekaar hoort en dié wat nie bymekaar hoort nie.  Dit is hierdie mag wat nie uitwaarts roep nie, maar opwaarts en binnewaarts – na jou volk en sy geloof en sy fondamente.

Die Afrikaner Volksparty is ‘n politieke party vir die Afrikanervolk:  ‘n tuiste vir die Afrikaner en vir hulle wat saam met die Afrikaner die stryd stry teen die Liberalis, teen die Kommunis en teen die Antichris. 

  Die AVP is die tuiste vir dié wat weer vry wil wees in hulle eie vaderland.


“Die stryd wat ons vaders begin het sal woed tot ons sterf of oorwin het.”

 

Embleem van die Afrikaner Volksparty (Simboliek en betekenis)

 Die Wapenskild is in vier kwarte verdeel.
Op elke segment is ‘n kruithoring op ‘n afwisselende wit en groen agtergrond. 

Die kruithoring verteenwoordig die bereidheid tot stryd.

Op elke kruithoring is ‘n historiese datum met besonderse betekenis vir die Afrikaner.

 Die ontstaan en betekenis van die vier datums op die vier kruithorings is dan soos volg:

 

  Kruithoring 1:   1914 (Links bo)
Genls. Louis Botha en Jan Smuts se konsiliasiepolitiek waar hulle al meer die belange van Brittanje vooropgestel het, het in botsing gekom met Genl.  Hertzog se beleid van Suid-Afrika eerste.

Op 6 Desember 1912 het Genl. Botha tydens ‘n tussenverkiesing in Grahamstad aangetoon hoe die Britse belange die beste bevorder kon word en het hy sy lojaliteit teenoor Brittanje betuig.

Op 7 Desember  het Genl. Hertzog sy beroemde de Wildt toespraak gehou, waarin hy verklaar het dat wanneer die belange van Suid-Afrika met die belange van Brittanje bots, hy hom aan die kant van Suid-Afrika sou skaar.  Die Nasionale leuse was, “Suid-Afrika eerste”.

Enkele dae later bedank ‘n Natalse minister as lid van die kabinet omdat hy verskil van Genl. Hertzog.  Genl. Botha versoek Genl. Hertzog om te bedank, waartoe Genl. Hertzog instem, mits Genl. Botha bereid was om te verklaar dat hy nie saamstem met die beginsel  van Suid-Afrika eerste nie.  Botha was nie bereid om dit te doen nie, waarop Genl. Hertzog geweier het om te bedank.  Die gevolg was dat Genl. Botha bedank, die kabinet ontbind en weer saamgestel sonder Genl. Hertzog.

Die verset wat hierdeur in Afrikanergeledere ontstaan het, het verskeie vergaderings en byeenkomste laat plaasvind, en op 8 Januarie 1914 is daar ‘n kongres in Bloemfontein gehou waar die Nasionale Party in die lewe geroep is.

 Kruithoring 2:  1934 (Regs bo)
Vroeg in 1933 het Genls. Smuts en Hertzog ‘n koalisie-regering gevorm as gevolg van die depressie wat al in 1932 in die VSA begin het en die regering met moeilike ekonomiese vraagstrikke gelaat het.  Die koalisie het  tot samesmelting tussen die Nasionale Party en die Suid-Afrikaanse party op 5 Desember 1934 gelei, wat toe die Verenigde Party genoem is.  Dit het egter onder protes van Dr. D.F. Malan en ‘n aantal nasionaliste geskied wat die beginsels van die Nasionale Party wou bly handhaaf.
Toe die Volksraad in 1935 bymekaar kom, was Dr. Malan aan die hoof van 20 lede van die Nasionale Party wat ‘n opposisiegroep gevorm het.

 Kruithoring 3:  1969  (Links onder)
‘n Afwyking deur die Nasionale Party van die beginsel van rasseskeiding kort na die Internasionale sluipmoord op Dr. Verwoerd op 6 September 1966, was die regstreekse aanleiding tot die stigting van die Herstigte Nasionale Party in 1969.

 In April 1969 het die veldtog teen NP-lede wat gekant was teen die toegewings aan plaaslike en internasionale druk om gemengde sport toe te laat, momentum gekry, toe John Vorster, die Eerste Minister en Ben Schoeman, minister van Vervoer, dr. Albert Hertzog se Calvinistiese toespraak in die Volksraad gerepudieer het.  Dr. Hertzog sou volgens hulle, die Engelse beledig het, terwyl hy niks anders as suiwer Nasionale Party-beleid verkondig het.

 Die finale uitdrywing het op 9 September 1969 op die Transvaalse kongres gevolg.

Dr. Hertzog is op 4 Oktober 1969 deur die Afdelingsbestuur van Ermelo uit die NP geskors waarna mnr. Jaap Marais en Louis Stoffberg ook deur hulle Afdelingsbesture geskors is.  Mnr. Willie Marais het uit beginsel uit die NP bedank en by hulle aangesluit.

‘n Stigtingskongres vir die Herstigte Nasionale Party is op 25 Oktober 1969 in Pretoria gehou.

 Kruithoring 4:  2008  (Regs onder)
Kort na die oorlye van mnr. Jaap Marais het daar ‘n dislojaliteit  ontwikkel teenoor mnr. Willie Marais se leierskapstyl, wat verkeerdelik vertolk is as sou hy beginsels versaak het deur ‘n rubriekskrywer, dr. Dan Roodt, toe te laat om in Die Afrikaner-koerant te skryf, terwyl hy die Dagbestuur se goedkeuring daarvoor gehad het.

 Terwyl mnr. Willie Marais, sedert die stigting van die HNP, onbaatsugtig sy tyd, krag en toewyding, en enorme finansiële bydraes tot die Party gemaak het, is sy leiding selfs in sy teenwoordigheid en agter sy rug verdag gemaak, totdat hy homself uit alle ampte, behalwe as leier, onttrek het.  Hy het ook te kenne gegee dat hy nie in 2008 beskikbaar sal wees vir leierskap nie.

 Direk na sy dood het ‘n tendens ontwikkel om ‘n meer gematigde houding teenoor instansies wat die toestand van die meerderheidsregering, waar Swartes die politieke mag deur verraad van blanke Afrikanerleiers bekom het, aanvaar het, en deur middel van kompromie en onderhandeling, en samewerking, die Afrikaner se verset bemoeilik en selfs aan bande lê.

 Afrikaners wat diesulke organisasies en individue, in opdrag van die Hoofbestuur van die HNP, vermaan het, is beswadder en verdaggemaak deur leiers en amptenare wie se lojaliteit verskuif het na nuwelinge in die Party, en wat ingegryp het in meerdere vergaderingsbesluite se uitvoering, ter beskerming van persone en instansies met bedenklike en dubbelslagtige optrede, wat nie met partybeginsels vereenselwigbaar was nie.

 Sinvolle strydvoering vir die vryheid van die Afrikanervolk was nie meer moontlik binne die Party nie, daar die Afrikaner se belange nie meer eerste gestel kon word nie.Op 20 September  2008 het ‘n twintigtal van beswaarde HNP-lede in Kempton Park bymekaargekom en die Afrikaner Volksparty gestig, wat  op 18 Oktober in die historiese Ou Raadsaal op Kerkplein, bekendgestel is.

 Nasionalisme

In al vier gevalle is die betekenis van die datums die herbevestiging en handhawing van die suiwer beginsel van nasionalisme waar dit geblyk het, daarvan afgewyk is, of die potensiaal vir afwyking ontstaan het.

 Leuse: Vryheid  Volk  Vaderland
Hierdie leuse wat aan die onderkant van die wapenskild aangebring is, is duidelik en selfverduidelikend, nl. Die Vryheid van die Afrikanervolk in sy eie Vaderland;  dít is ware Afrikanernasionalisme.

 Die Vlag

Die waarde van enige vlag is gesetel in die simboliek wat daarin opgesluit lê en in die lewenswaardes wat dit verteenwoordig.  Dit word bevestig deur die mate waarin die vlag deur ‘n volk of ‘n groep mense aanvaar word as hulle eie simbool. Die vlag wys heen na die Transvaalse Vierkleur, die simbool van ons strewe na selfregering in ‘n soewe-reine onafhanklike staat. 

 Die kleure van die vlag van die Afrikaner Volksparty stem ooreen met die vier kleure in die wapen, nl. rooi, wit, blou en groen.

 Die simboliek van die vier kleure word soos volg uiteengesit:

 

Rooi:      Stryd
Wit:        Suiwerheid en Nasionalisme
Blou:      Geloof en Vryheid
Groen:   Groei en Lewenskrag

 

Die wit kruis wat die vlag in vier dele verdeel simboliseer ons eiendomsreg op ons totale vaderland – Oos, Wes, Suid, Noord.  Van Kaapstad tot Messina;  van Komatipoort tot Alexanderbaai.

Die kruis simboliseer ook die vestiging van die ware Calvinisties-Gereformeerde Christelike leer aan die Suidpunt van Afrika.

 

“’n Volk wat niks het om voor te sterf nie, het ook niks om voor te lewe nie.” -  Jaap Marais

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie