Die AVP sê aan die NP-alliansie van voor 1994: Kyk wat het u, en saam met u, elkeen wat deur u oortuig is om u te ondersteun, vir die eens Christelik Afrikanervolk waarvan u voorheen deel was,beding!
ZUMA: ANCESTORS TURN AGAINST THOSE LEAVING ANC
“The ancestors are turning their backs against you if you leave the ANC and you will have bad luck,” he said at an election rally in Letlhabile near Brits.
Traditional leaders prayed for a peaceful election while traditional healers burnt incense to appease the spirits of ancestor for a peaceful election.”
Ons volk word nou regeer en beheer deur die voorvadergeeste van ongelowiges! Dít is uiteindelik die somtotaal van u politieke, christelike en intelektuele prestasie waarvan die gevolge, tenspyte van wat reeds sigbaar is, uiteindelik nie bereken sal kan word nie!
2 Konings 5:1-27
“Maar Naäman het baie kwaad geword en weggegaan en gesê: Kyk, ek het gedink: Hy sal sekerlik na my uitkom en staan en die Naam van die HERE sy God aanroep en sy hand oor die plek heen en weer beweeg en die melaatsheid wegneem. Is Abána en Farpar, die riviere van Damaskus, nie beter as al die waters van Israel nie? Kon ek my nie daarin was en rein word nie? En hy het omgedraai en vererg weggery.” (:11&12)
Daar is soveel redes om nie te stem nie. Trouens, ek kan net my kop in verontwaardiging skud as ek sien hoe Afrikaners verkiesing na verkiesing gedwee in toue gaan staan om 'n kruisie te trek. En dan nogal dink dat hulle hulle "plig" gedoen het!
Waarom het ek nie vandag gestem nie?
1. In 1992 is 'n referendum onder Blankes gehou met as vraag of hulle ten gunste is van onderhadeling met die ANC met die oog op die daarstel van 'n nuwe grondwet. Toe aan FW de Klerk, die destydse president, in die parlement gevra is of dit beteken dat die nuwe grondwet aan die Blankes voorgelê sou word vir goedkeuring na afloop van hierdie onderhandelings het hy dit beaam. Dit is nooit gedoen nie. Hy het die Blankes met talle soortgelyke valse beloftes bedrieg. Die Blankes het dus nie hulle goedkeuring gegee vir die nuwe grondwet nie. Daarom was dit 'n onwettige oordrag van mag en regeer die ANC sedert 1994 onwettig.
Die uiterste pogings om bestaande wetmatighede met allerhande uitoorlê truuks te probeer omseil, het vernietigende gevolge vir ‘n bestaande orde.
Propaganda wat ‘n voorkeur vir die eie stigmatiseer met terme soos diskriminasie en rassisme het ‘n uiters negatiewe uitwerking op die beginselstandpunte van ‘n samelewing waar die humanisme en liberalisme vir baie jare soos ‘n kanker die pilare van die geloof en nasionalisme ondergrawe het.
Die gevolge is dat sommige Afrikaners die eens verwerplike, degraderende en uiteindelike vernietigende integrasiebenadering, nou as ‘n gegewe aanvaar en hulle stemme uitbring vir veelrassige organisasies soos die DA en die VF-Positief.
Op Woensdag die derde Augustus 2016 word daar in Suid Afrika gestem oor wie die beheer oor die grootliks hoofsaaklik bankrot plaaslike owerhede sal hê in ’n verdere tydperk van uitloog van belastingbetalers se swaarverdiende inkomste, in ruil vir swak, indien nie géén dienslewering nie.
Die illegitieme wyse waarop ’n Een-mens-een-stemstelsel die politieke beheer van die Afrikanerdom ons in ons eie vaderland ontneem het, vereis ’n stérk standpuntinname van die Afrikanervolk!
Die sterkste vorm van verset in die omstandighede wat deur verraad op ons afgedwing is, is om nie dié omstandighede te aanvaar nie en dit te betuig deur nie aan die regime se verkiesings deel te neem nie!
Soos wat mnr. Jaap Marais by geleentheid gesê het, sal ons volk se totale geskiedenis as krimineel uitgebeeld word.
Afrikaner culture belongs in the dustbin of history – Judge Jafta
Die opinie van Jafta na aanleiding van die uitspraak van die konstitusionele hof in die saak van die straatnaamkwessie tussen AfriForum en die “Tswane” metropolitaanse munisipaliteit wat Afriforum verloor het, is behalwe dat dit betekenisvol is, ook niks anders as wensdenkery nie! Die Afrikanervolk se kultuur is onuitwisbaar in die geskiedenis vasgelê en word reeds in feitlik die hele Europa oorweeg in die lig van die immigrantetoestroming aldaar! Al wat Jafta bereik met sy opinie, is bevestiging van die onhaalbaarheid van iets wat nie bestaan nie, naamlik Nie-rassigheid!
Hebreërs 13:1-19
“Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.” (:4)
In ‘n samelewing waar mense genot put uit oppervlakkigge singenot is dit nie vreemd dat mooi, eerbare en heilige instellings toenemend “verwater” nie. Die mooiheid, die erns en die kosbaarheid van die huwelik as ‘n instelling deur God is maar nog een van die mees kosbare dinge wat deur mense verontagsaam word en nie in ons huidige samelewing naastenby met die nodige erns benader word nie.