1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4448203

Besoekers aanlyn

Ons het 74 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DR HENDRIK FRENSCH VERWOERD - 50 JAAR

HF Verwoerd 1DR HENDRIK FRENSCH VERWOERD

ONS ONTHOU HOM

Op Dinsdag 6 September 2016 sal dit 50 jaar wees sedert Dr H F Verwoerd die middag van 6 September 1966 om veertien minute oor twee deur die sluipmoordenaar Tsafendas in die Volksraad in Kaapstad vermoor is. Daarmee is ‘n einde gemaak aan die lewe van een van die grootste staatsmanne van die twintigste eeu en ‘n geliefde leier van die Afrikanervolk. Hy bly egter voortleef in die harte van honderde duisende van sy volksgenote en verskillende inisiatiewe is geloods om sy nalatenskap in herinnering te roep en vir die nageslag te bewaar.

 

Die ware Verwoerd

Gedurende die leeftyd van Dr Verwoerd, maar veral na sy dood, is daar baie oor hom geskryf. Alles lê ongelukkig in biblioteke, argiewe, museums en ander plekke van bewaring waar dit baie moeilik toeganklik is. Ten einde inligting oor Dr Verwoerd vir die breë publiek toeganklik te maak, is ‘n webtuiste oor hom geopen.

Soos die titel Die ware Verwoerd aandui, is die doel daarvan om inligting te verskaf oor die lewe, werk en dood van Dr Verwoerd, inligting waaroor die meeste 21ste eeuse Afrikaners óf nog nooit beskik het nie óf waarvan hulle vergeet het. Die ware feite oor hom word gestel teenoor die leuens wat oor hom versprei is en daar word gefokus op die herontdekking van die era van Verwoerd in die geskiedenis in ons land. Die webtuiste kan besoek word by www.hfverwoerd.net

 

Op Dinsdag 6 September is daar ook twee ander funksies waartydens die ware Dr Verwoerd bekendgestel gaan word. Dinsdagnamiddag word ‘n seminaar met die tema Perspektief op Verwoerd in die SAOU-ouditorium in Garsfontein gehou en Dinsdagaand ‘n gedenkdinee op die Diamantvallei Landgoed Oos van Pretoria. Verder is daar ‘n aantal boeke oor Dr Verwoerd in die proses van voorbereiding om later vanjaar te verskyn.

In Die Historiese Kompas, ‘n periodieke elektroniese nuusblad wat deur Suidland Media uitgegee word, word baie sterk op die lewe van Dr Verwoerd gefokus.

Vorige uitgawes kan gelees word op Suidland Media se webtuiste by www.suidland.net of op www.gelofteland.org.

 

PERSPEKTIEF OP DR VERWOERD: 50 JAAR

Die H.F. Verwoerd Navorsingstrust reël op Dinsdag 6 September ‘n seminaar in die SAOU-ouditorium in Garsfontein in Pretoria waar sprekers verskeie aspekte van Dr Verwoerd se lewe gaan toelig. Dit sal duur van 12h30 – 17h00. Hieronder volg besonderhede van die program.

PROGRAM

Die drie inleiers kry geleentheid om hul perspektief te deel, waarna die paneel ‘n oop gesprek voer. Die paneellede lewer kommentaar op die insette wat gemaak is. Dit word as ‘n rondetafel-gesprek hanteer – sonder insette vanuit die gehoor.

Dit word opgevolg met ‘n oop gesprek waaraan die gehoor deelneem. Kommentaar word gelewer en/of vrae word aan enige van die sprekers of die paneellede gerig.

HULDIGING EN PERSPEKTIEFSTELLING: DR H.F. VERWOERD – NA 50 JAAR

12h30 – 13h15 Middagete vir almal wat die konferensie bywoon
13h15 – 13h30 Verwelkoming – Voorsitter
13h30 – 15h00 Dr H.F. Verwoerd in Perspektief (Drie inleiers wat elk in 30 minute hul perspektief deel)
                       Prof Wilhelm Verwoerd (Stellenbosch)
                       Prof Pieter Duvenage (UOVS – Bloemfontein)
                       Prof Grietjie Verhoef (UJ)
15h00 – 15h15 Tee en verversings (bene rek)
15h15 – 16h00 Paneelbespreking met kommentaar op die insette wat gemaak is. (Dit word as ‘n oop gesprek tussen die paneellede hanteer)
                       Prof Danie Goosen (Gespreksleier)
                       Mnr Carel Boshoff IV
                       Mnr Flip Buys
                       Mnr Piet Muller
16h00 – 16h45 Oop gesprek en deelname met kommentaar
16h45 Bedankings – Voorsitter

 

Vir meer besonderhede en besprekings skakel die voorsitter van die H.F. Verwoerd Navorsingstrust, mnr Hennie de Wet by 083 306 1830 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

 

 

Uitnodiging HF Verwoerd

 

Man van Graniet

Die hoogtepunt van die herdenking is die vrystelling en vertoning van ‘n dokumentêre film oor Dr Verwoerd opSaterdagaand 10 September in dieSarkofaag saal van die Voortrekkermonument. Dr Verwoerd is op Saterdag 10 September 1966 in die Helde-akker in Pretoria begrawe.

Die produksie van die film word onderneem deur Die Instituut vir Kultuur en Geskiedenis en die regisseur is Johan Wiesner. Sy vader, mnr Louis Wiesner was een van die grondleggers van die film industrie in Suid-Afrika en het saam met Dr Verwoerd gewerk toe laasgenoemde redakteur van Die Transvaler was. Johan het die kuns om films te maak sowel as die liefde en bewondering vir Dr Verwoerd van sy vader geërf.

Dit sal die eerste dokumentêre film in Afrikaans oor die lewe van Dr Verwoerd wees en sal sy openbare en private lewe dek. Fotografiese en filmmateriaal wat nog nooit vantevore in die openbare domain was nie, is onder andere gebruik om die film te maak.

 

Die keuse van die Voortrekkermonument vir die bekendstellingsgeleentheid is nie sonder rede nie. Onder die leiding van Dr Verwoerd is die vryheid ideaal waarvoor die Voortrekkers soveel offers gebring het verwesenlik toe Suid-Afrika op 31 Mei 1961 ‘n vrye republiek onder ‘n Afrikaner regering geword het. Dit was ook by die Voortrekkermonument waar Dr Verwoerd tydens die 5-jarige herdenking van die Republiek op 31 Mei 1966 sy laaste boodskap aan sy volk gebring het. Die film sal uit twee DVD’s bestaan en aan die publiek te koop aangebied word. Om te bespreek vir die bekendstellingsgeleentheid gaan na www.hfverwoerd.co.za

 

Drag is formeel. Kaartjies teen R200 per kaartjie, wat toegang en ‘n vingerete-onthaal ná die vertoning insluit.

Algemene navrae kan gerig word aan Johan, by 084-351-9200.

Facebook: https://www.facebook.com/hfverwoerd/

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie