Psalm 86:1-17
“Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer; want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.” (:12&13).
Hoe groot is die Here se goedertierenheid nie oor elkeen van ons nie! Ons is geneig om in die tyd waarin ons leef met al sy uitdagings en beproewinge die goedertierenheid van die Here heeltemal mis te kyk.
Dit is dalk vir ons ‘n tyd van vele uitdagings. Ons leef in ‘n land met ‘n moordsyfer wat selfs ander lande wat in oorloë gewikkel is na ‘n rustige hawe laat lyk. Dit is ‘n land waarin ouers benoud is dat hul kinders ontvoer kan word omdat dit deesdae ‘n manier van booswigte is om vinnig skatryk te word. Dit is die land wat wêreldwyd aandag trek omdat ons as Afrikaners moet hoor dat ons eiendom sommer deur die huidige regime van ons ontneem mag word as hulle dit goed dink.
20,075 gewapende rooftogte en 71,175 inbrake per jaar as die syfers van 55 en 195 onderskeidelik per dag, volgens die LUR (Lid van die Uitvoerende Raad),gemeenskapsveiligheid, Sizakele Nkosi-Malobane‚ korrek is. Sy het Dinsdag bygevoeg dat meeste van die aangemelde misdade ‘n element van binne-inligting bevat.
Hierdie projeksie van die beskikbare inligting dui duidelik op die omvang van misdadigheid waaraan inwoners van Suid Afrika blootgestel is. Ongeag of die blanke vir hulle goed was en of die praktyke wat hulle volg hulleself gaan benadeel, die witman bly ‘n slagoffer van sy eie onbesonne politieke besluite.

(In Afrikaans vertaal deur Danie Varkevisser)
Die AVP plaas met erkenning aan Sally Liebenberg, beide Afrikaans en Engelse weergawes sodat beide binnelands en buitelandse lesers hieraan blootgestel kan word
DIE EUWELE APARTHEID VAN DIE BOERE
Indien dit só genadeloos en onmenslik was, hoe het Mandela daarin geslaag om ‘n prokureursgraad te bekom?
Was dit onmenslik van blankes om tien universiteite vir swartes gedurende apartheid op te rig?
Het hierdie “onmenslike regering” dan nie hulle onderwysbegroting vir swartes met 30% jaarliks verhoog met blanke belastingbetalers se geld nie?
Hoe was dit moontlik vir 65% swart Suid Afrikaanse kinders om onder sulke “onmenslike toestande” op skool te wees in vergelyking met Egipte se 64%, Nigerië 57%, Ghana 52%, Tanzania 50%, en Etiopia 29%?
Hierdie geswore kommunis, sekretaris van die SAKP, wat nou vir Ramaphosa skerm, laat ‘n mens onwillekeurig aan F.W. de Klerk se ommekeer van Nasionalis na Liberalis na Kommunis dink. ‘n Man wat teen alle verwagting in, (bygesê van die goedgelowiges met versluierde sintuie), die Nasionale Party vervang het met ‘n uitgesproke bende Kommunistiese terroriste wat nou in politieke beheer van ons land Suid Afrika is.
Dit is ‘n welbekende feit dat Cyril Ramaphosa die Weste en geldmag se man is. Of is hy? Het Ramaphosa dalk soos de Klerk na twee besoeke aan die State Department van Amerika, na sy besoek aan China, tot ander insig gekom?
Dit is duidelik dat daar nie perke is in die EFF se doel om die Afrikanervolk te benadeel nie.
Soos ‘n Goliat wat die slagordes van die Lewende God uigedaag het, moet die EFF opnuut gekonfronteer word met die standpunt van die jong seun David : “Want wie is hierdie onbesnede Filistyn, dat hy die slagordes van die lewende God durf uitdaag?
Verder sê Dawid: Die HERE wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn.
Hebreërs 4:1-13
“Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus;” (:4).
Die skrywer van hierdie hoofstuk raak die letterlike Sabbatsrus aan, maar spreek ook in dieselfde gedeelte oor die Sabbatsrus se geestelike betekenis. Daardie sielerus wat elke ware gelowige uiteindelik in Christus vind.
Terwyl sommige die fisiese onderhouding van die Sabbat sal wil beklemtoon, is daar ook diegene wat net op die geestelike hiervan wil fokus. En tog is ‘n gesonde balans tussen beide die fisiese sowel as die geestelike hiervan nodig om die volheid daarvan te mag ervaar. ‘n Lui-lekker “rusdag” by die huis sonder enige geestelike voedsel en oordenking op daardie dag sal vir jou geloofslewe net so min beteken as ‘n dag wat jy onderneem om die dag wel in die “gees” te onderhou, maar uiteindelik is jy so besig met inkopies of ander take dat daar vir jou gees eintlik geen rus is nie.
Minister Didier Reynders van Vlaandere behoort ‘n pos in die parlementêre kombuis van die Vlaamse regering te kry, nie om kos te maak nie want daartoe sal hy nie bevoeg bevind word nie. Om die vloer te was is ‘n pos wat sal pas!
Sy oordeel van wat goed is vir Suid Afrika bevlek Vlaandere se regering tot so ‘n mate dat selfs 30 miljoen euro’s in Reynders se begroting as skoonmaker, dit nie weer sal skoon kry nie! In elk geval nie in die oë van die Afrikanervolk wie se uitwissing hy besig is om te befonds nie!