1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7444957

Besoekers aanlyn

Ons het 59 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE SABBATSRUS

BybelHebreërs 4:1-13

Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus; (:4).

Die skrywer van hierdie hoofstuk raak die letterlike Sabbatsrus aan, maar spreek ook in dieselfde gedeelte oor die Sabbatsrus se geestelike betekenis. Daardie sielerus wat elke ware gelowige uiteindelik in Christus vind.

Terwyl sommige die fisiese onderhouding van die Sabbat sal wil beklemtoon, is daar ook diegene wat net op die geestelike hiervan wil fokus. En tog is n gesonde balans tussen beide die fisiese sowel as die geestelike hiervan nodig om die volheid daarvan te mag ervaar. n Lui-lekker rusdag by die huis sonder enige geestelike voedsel en oordenking op daardie dag sal vir jou geloofslewe net so min beteken as n dag wat jy onderneem om die dag wel in die gees te onderhou, maar uiteindelik is jy so besig met inkopies of ander take dat daar vir jou gees eintlik geen rus is nie.

Die tydperk waarin ons leef word aan sy gebrek aan respek gekenmerk. Mense het min respek vir mekaar, min selfrespek en ewe min respek vir God. Indien ons respek vir God gehad het, sou ons ook dit wat Hy geskape het en dit wat Hy self geheilig het, met respek behandel het. Ons lees in Exodus 20:11 hoedat God self op die Sabbat gerus het. Ons lees ook dat Hy hierdie dag geseën en geheilig het. Hoe besonders en kosbaar moet dit nie vir Hom wees om dit te seën en te heilig nie? Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.

Ten spyte daarvan dat die belangrikheid van hierdie dag in die Woord van God duidelik uitgedruk word, heg die hedendaagse mens nie meer veel waarde hieraan nie. Dit bring ons noodwendig by die vraag oor hoe belangrik God dan werklik in ons lewens is? Waarom doen u die moeite om in die kerk te gaan sit, na die wet te luister en te hoor hoedat God hierdie dag geseën en geheilig het en verwag dat ons dit moet onderhou. En dit net om na die erediens na die naaste supermark te ry om inkopies te gaan doen?  Dink ons daaraan dat ons dit wat God geheilig het deur ons optrede skend en ontheilig?

Hoeveel van ons onderhou nog waarlik die Sabbatdag in liggaam en gees en gedenk dit as n dag wat deur God geseën en geheilig is? Dit is nie n dag wat bedoel is om net gou by die kerk n draai te gooi en van die res van die dag n plesierigheid te maak nie. Dit is n dag wat bedoel is om aan God gewy te word. n Dag waarin ons vir Hom geheilig moet wees, afgesonder moet wees van ons wêreldse sake. n Dag waarin ons in ons in liggaam en gees moet rus, maar ook gedurig onsself tot Hom moet wend. Dit is dalk die perfekte dag waarop ek moet stil raak en myself die vraag afvra oor hoe my lewe die afgelope week voor God se Aangesig gelyk het? En dit is boonop die perfekte tyd om die week wat vir my voorlê met God uit te klaar en na Sy wil te vra in die besluite wat ek moet neem, en dies meer. Dit is die perfekte dag om seker te maak dat my lewe nog op koers is na die ewige rus wat op diegene wag wat God waarlik liefhet en as hul God aanbid en eer.

Jesaja 56 getuig ewe kragtig oor die kosbaarheid van die onderhouding van die sabbat in die oë van God. Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie. (:2). En dan is die onderrigting in hierdie verband uit Jesaja 58 onder die opskrif Valse en ware godsdiens n ware kleinood. As jy jou voet terughou van die sabbat om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat n verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in die HERE, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek. (:13&14).

Kom ons laat staan ons verskonings oor waarom ons dit wat die Here geheilig het met so min respek hanteer. Ons behoort veel eerder aan Hom en die wêreld rondom ons te toon dat ons genoeg agting vir ons God het om dit wat Hy geskape het met eerbied te hanteer en dit te koester.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie