Lev. 25:23-55
“Want hulle is my knegte wat Ek uit Egipteland uitgelei het; hulle mag nie verkoop word soos ‘n mens ‘n slaaf verkoop nie.” (:42).
“Want die kinders van Israel is my knegte; my knegte is hulle wat Ek uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.” (:55).
Ons almal is seker vertroud met die definisie van ‘n kneg. Dit is, eenvoudig gestel, iemand wat dien – een wat gehoorsaam opdragte uitvoer. ‘n Kneg wat weier om sy heer te gehoorsaam sal bes moontlik nie lank onder sy heer se hand vertoef nie.
Die teksverse van ons oordenking pas seker nie te goed in by die hedendaagse “hoofstroom teologie” nie. Die “nuwe evangelie” wat vandag verkondig word, is mos een waarin die mens nie die term diensbaarheid en gehoorsaamheid hoor nie.
Mnr.Jaap Marais aan die woord:
Die onderskatting van die Afrikanervolk in die politieke stryd wat na die Engeise Oorlog begin het, het weer die Britse berekenings in die war gestuur. Genl Hertzog se aandrang op die Afrikaanse (Hollandse) taalregte het die Afrikaners se selfrespek geroer in die vroeë herlewing van volkstrots. En sy effens latere beroep op Suid-Afrika Eerste, het Afrikaner-nasionalisme in beweging gebring en uitgeloop op die stigting van die Nasionale Party in 1914 — iets wat buite Britse berekening was.
Met die 1924-verkiesingsoorwinning van genl. Hertzog, in samewerking met kol Creswell van die Arbeidersparty, het die Britte hulle totaal misreken. Genl. Hertzog het as Eerste Minister van Suid-Afrika, met medewerking van Mackenzie King van Kanada, die Britse Statebond op 'n ander baan gestuur as wat die Britte beoog het.
27/03/2000
Die Redakteur,
Openbare debat met die oog op die bevordering van die Afrikaner en ander inheemse volke se volksregte waaruit noodwendig moet spruit die bevordering van hulle lewenskwaliteite, is huidig van besondere belang. Die waarde daarvan vir die leser word egter regstreeks be-invloed deur die mate waarin die medium, in hierdie geval, die Ridge Times, ‘n suiwer weergawe publiseer van die onderskeie standpunte waarvoor ek u by voorbaat dank.
017-6341963 Van die Afrikanerbond (hy verstrek ongelukkig nie sy naam nie) wys in u uitgawe van 24 Maart 2000 daarop dat ek ‘n aantal afleidings van gegewens oor die AB maak wat nie kan oortuig nie.
HNP KONGRES 19 MAART 1999.
VERVREEMDING VAN AFRIKANERWAARDES DEUR DIE HUIDIGE ONDERWYSBENADERING
EIS ‘N GEES VAN VERSET!
In die Sakebeeld van 10 Maart 1999 bespreek Willie Esterhuyse in sy rubriek kompas, die baie gesigte van korrupsie en debatteer hy dat die beskerming en handhawing van onbevoegdheid mense met integriteit se moed breek, wat dan die pad oopmaak vir die vestiging van ‘n kultuur van korrupsie.
Ek wil verder gaan en se dat die be-ywering, die totstandbring en uiteindelike verdediging van ‘n stelsel wat dit moontlik gemaak het vir onbevoegde mense om in beheer te kom, die term korrup, hopeloos ontoereikend maak en met niks minder as die term, veragtelike verraad, vervang behoort te word nie!
Matt. 5:17-48
“Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! Moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur. As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder en kom dan en bring jou gawe.” (22-24).
Die meeste van ons ken die bekende vergelyking wat Jesus gebruik het dat wanneer ‘n man na ‘n vrou kyk om haar te begeer, het hy alreeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg. Tog lees ons hier ‘n soortgelyke vergelyking raak wat handel oor ons verhouding met ons naaste. Jesus stel dit dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is voor die gereg verantwoording moet doen op dieselfde wyse as wat ‘n moordenaar voor die gereg verantwoording moet doen.
Nasionalisme is nié ‘n ideologie nie!
Daar is ‘n duidelike onderskeid tussen die terme wat eindig met “isme” as mensgeformuleerde lewens-en-wêreld-beskouing in teenstelling met ‘n Godgeskepte lewenspatroon.
Terwyl die woord ideologie, afgelei van: Idea..beeld.... logos...woord, wat die betekenis van ‘n bepaalde denkwyse van lewens-en-wêreldbeskouing het, is Nasionalisme ‘n Godgeskape vaste lewenspatroon wat nie deur die mens uitgedink is nie. Nasionalis=afgelei van: Natio...volk, ras; eie aan; behorende tot; kenmerkend van ‘n nasie; nie uitheems nie; inheems; raseg; vaderlandsgesind. (HAT)
Inleiding:
Wat vanoggend hier gebeur, is nie net van historiese belang nie, dit is die kulminering van 40 jaar se frustrasie deur versaking van beginsel en beleid, met die vernietigende gevolg wat ons tot op die rand van totale uitwissing as Afrikanervolk gebring het!
Kyk vir ‘n oomblik om u rond,...... raak bewus van die gees van stryd en vernedering, van verguising, van onreg en verdrukking. Maar voorsitter, word tegelyk gewaar van die nalatenskap van... eerbare volksleiers en beklee uself vanoggend met die wapenrusting, aan die nageslag deur hulle (fotos teen die muur) nagelaat en wat hierdie historiese gebou adem , nl. onwankelbare geloof in die God van ons vaders, die gees van verset teen die onreg ons aangedoen, die wil tot behoud van ons Godgegewe erfenis en die moed vir die oënskynlik onoorwinbare stryd. Die ewigdurende stryd, wat nie gister begin het nie en nie môre gaan ophou nie, maar wat ongeag die omstandighede, moet en sal duur tot die oorwinning van ons vryheid waarvan hulle vir ons die voorbeeld was!