Die ontstaan en voortstuwing van die Afrikaner Volksparty was ‘n noodwendigheid vir die herbekragting van ons volk se Nasionalistiese beginsels en strewes. ‘n Betuiging van kontinuïteit tussen verlede hede en toekoms. Dit is ‘n party wat trots is op sy diep wortels in Suid-Afrika as Vaderland. ‘n Party met sy oog steeds op die horison waar hy ‘n skoner en mooier dag sien breek oor blank Suid-Afrika. ‘n Party met visie en vêrgesigte wat nie onwerklike drome droom nie maar volksideale daadwerklik nastreef.
Oupa, Ouma, ons land is in ‘n gemors, om dit lig te stel! Was dit moontlik om dit te voorkom? Indien wel, hoe kon dit voorkom gewees het, en indien nie, waarom nie? ‘n Brandende vraag wat ons nageslag sekerlik gaan vra en die reg het om te vra! Wat sommiges selfs nou-al vra!
Dat daar in elke mens se lewe ‘n tyd kom waarin jou antwoord op sekere vrae lotsbepalend gaan wees en waar géén geleentheid vir enige vorm van ontduiking deur slimpraatjies, wit leuens, ontwyking, misleiding of uitoorlêery gaan help nie maar eerder gaan bydra by die bepaling van jou lot.
So het die politieke besluite wat ons geneem het na die sluipmoord op dr. Verwoerd, ‘n ingrypende invloed gehad op die gangbare toestand in Suid Afrika. Het die besluite wat ons vandag en môre neem, ‘n positiewe of negatiewe invloed op hoe dit in die toekoms gaan lyk en hoe dit ons gaan raak.
JESAJA 61
1 LUISTER na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die HERE soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.
2 Aanskou Abraham, julle vader, en Sara, wat julle gebaar het; want as eenling het Ek hom geroep en hom geseën en hom vermenigvuldig.
3 Want die HERE vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die HERE; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere.
4 Luister na My, my volk, en neig die oor tot My, my nasie! Want ’n wet sal van My uitgaan, en Ek sal my reg vasstel as ’n lig van die volke.
MNR. KERST HUISMAN: "EK PROTESTEER MET MY AKSIE TEEN HIERDIE ONREGVERDIGE VONNIS"
"IN MY OË IS MEV. JENNY DOUWES DIÉ SIMBOOL VAN DIE PADBLOKKADE".
Ons het 'n insiggewende vraaggesprek gehad met mnr Kerst Huisman wat op Donderdag 23 November in die Friese stede De Harkema (Harkema) , op Dinsdag 4 Desember in Surhústerfean (Surhuisterveen) en op Woensdag 12 December in Drachten gewandel het om te protesteer teen die uitspraak van die regbank wat die 34 sg. Blokkeerfriezen veroordeel het. Soos bekend is het hulle hul motors op die pad van die A4 geparkeer net om hul kinders te beskerm teen die gemors wat die Sinterklaasfees in Dokkum wou teiken. Die motoriste wou nie hê dat dit versteur moes word nie.
"Meneer Huisman wat bracht u tot deze ludieke actie?"
Die verwagtings wat die Internasionale Wêreldordedrywers probeer bewerkstellig het met die Ramaphosa aanstelling,het nog kant nog wal geraak. Die deurlopende verval, korrupsie, wanbesteding, gebrek aan beplanning,
toenemende moord en verkragting sedert 1994 het in 2018 toegeneem tenspyte van Ramaphosa!.
Die doel daarmee was ooglopend om ‘n klimaat te skep waarin die Afrikaner dermate gedemoraliseerd moes raak, dat enige verandering aanvaarbaar moes wees en die aandag afneem van die feit dat ons besig is om van ons land en alles wat daarmee saamhang, beroof te word.
Inleiding:
Geagte voorsitter, lede van die Feeskomitee, Volksgenote en kinders, goeie more.
Thomas Jefferson het by geleentheid gesê: ‘n Volk wat onge-erg is en tog verwag om vry te bly, verwag iets wat nog nooit was nie en ook nooit sal wees nie!
Die slag van Bloedrivier het op Sondagoggend, 16 Desember 1838, plaasgevind. Die oorsprong hiervoor was die onophoudelike aanvalle, verkragtings en moorde wat op ons blanke voorouers aangelê was terwyl die regering van die dag, waaronder die Afrikaner verkneg was, eerder aandadig as behulpsaam was! Dit is nou 164 jaar sedert 16 Desember 1938 en die toestand wat Bloedrivier vooraf gegaan het bestaan nou weer! Dieselfde sluheid, dieselfde barbaarsheid, dieselfde moorddadigheid dieselfde wreedheid! By die Owerheid........dieselfde onge-ergdheid oor die onreg ons aangedoen, dieselfde aandadigheid! En by ons......dieselfde verraad, dieselfde verdeeldheid, dieselfde verwagting om vry te wees!....... Daar is egter iets wat hier bygesê moet word my volksgenote! In teenstelling met ons voorsate, 'n bykans totale gebrek aan geloof! (Ek sal dit later motiveer!).
Deut. 23:15-24
“As jy aan die HERE jou God ‘n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.” (:21).
“Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die HERE jou God vrywillig beloof het – wat jy met jou mond gespreek het.” (:23).
Ons staan weer op die vooraand van die herdenking van een van die grootste gebeure in ons volk se geskiedenis – Geloftedag. Daardie dag wat ons onthou as ‘n dag waarop die Almagtige God van hemel en aarde Hom oor ons ontferm het. Hy het met ‘n wonderwerkende krag ons voorsate uit lewensgevaar gered. Dit is daardie dag wat ons voorsate onderneem het om ewigdurend in ons volksbestaan as ‘n blywende dank- en biddag te herdenk.