Onlangse gesprek met emigrante uit Suid Afrika na Brittanje, het opnuut bevestig dat die fenomeen van vrees en ontkenning simptomaties is van die wêreldling. ‘n Uitvloeisel van die lafaard wat sy gebrek aan moed, geloof, patriotisme, taal en durf versteek in politiekke korrektheid en oënskynlike verdraagsaamheid van alle vorme van andersheid, hetsy fisies, kultureel, godsdiens, moraliteit, beskaafdheid, ens., ens..
Die maklikste om te ontkom aan die verantwoordelikheid om te handhaaf en te hou vir die geslag wat na jou moet kom, is emigrasie! Daar waar dit nie so ooglopend is nie kan al die waardes wat saamhang met ras en volk en land soos ‘n kleed afgewerp word in die kosmos van veelrassigheid.
PSALM 9
VIR die musiekleier; op die wysie van: „Sterf vir die Seun.” ’n Psalm van Dawid.
2 Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel.
3 In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,
4 omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig.
5 Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter!
6 U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.
BOU VAN 'N ENORME TURKSE MOSKEE IN BREDASE WYK WISSELAAR WORD GESTAAK NÁ 'N HOFBEVEL
VOORSITTER VAN DIE JONG FORTUYNISTE MNR. CARLO VAN REMORTEL: "HULLE HET DIE WYKSBEWONERS GEIGNOREER BY HIERDIE BESLUIT DUS ONS ONDERSTEUN DIE BESWAARMAKERS"
Ons het 'n baie insiggewende vraaggesprek gehad met mnr. Carlo van Remortel, die voorsitter van die Jeugafdeling van die Lys Pim Fortuyn afdeling Breda,
Dit het ons gedoen ivm. die feit dat in die stadsdeel Breda-Noord 'n moskee gebou sal word in 'n voormalige polisiekantoor in die Vlaanderenstraat naby 'n woonwyk. Die bekommerde bewoners het 'n regsaak aangestel om dit te verhinder, Die regter het gemeen die Burgemeester en Wethouders het nie reg gehandel nie omdat op hierdie plek net gras is toegestaan. Toe begin is met die bou, is die wyksbewoners vir 'n voldwonge feit geplaas. Hulle het beswaar gemaak teen die bou. Daar is 26 beswaarskrifte ingedien waarvan één 90 huishoudings verteenwoordig..
Net soos wat daar geen afname aan die moorde op blankes en veral die Afrikaner is, die ongekende korrupsie van staatsamptenare wat miljarde beloop, toename in verval van infrastruktuur, toenemende salarisverhogings ten koste van ontwikkeling en vooruitgang, word daar klaarblyklik biljoene rand se goud jaarliks uit Suid Afrika gesmokkel.
Daar sal met reg gevra kan word, maar wat is dan nou nuut van die nuwe jaar? Die vrag wat met hom saamkom is benewens dat dit eeue oud is, aan ons goed bekend en daarby gewigtig en neerdrukkend met bitter min om oor opgeruimd te wees.
Tenspyte daarvan dat ons met van die beste Staatsmanne geseënd was wat die wêreld al ooit opgelewer het en wie ons volk met hulle vaardigheid tot ‘n toonaangewende volk onder die volkere van die wêreld gelei het, hang daar vandag ‘n donker Afrikawolk oor ons en ons Vaderland. Alles wat oor eeue opgebou is lê in stof en as en kom dit voor asof ons Afrikanervolk ons koers in hierdie krisis verloor het.
30/12/2018
O HERE, U wat die nasies skei en die grense van ons woonplekke vasstel, het ook aan ons ‘n eie Vaderland geskenk. Deur swaarkry en beproewing het U ons volk gebrei en tot selfstandige volkskap gelei. In die stryd teen roofdier en barbaar, geknel deur droogte en rampe, het U ons Voorouers gehard en uitgered in tye van Nood. Dit het hulle geleer om hule knieë te buig voor U. Al ons stede en dorpe was om kerke gebou. In tye van afdwaling, het U deur beproewing ons weer teruggeroep. In ure van nood het U ons hulpgeroep gehoor. Ons dank U vir U besondere barmhartigheid, Leiding en Genade.
2 Pet. 1:3-21
“En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde. Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie;” (:5-8).
Suid-Afrika word algemeen beskou as ‘n “Christelike land”. In 2001 het bykans 80% van die bevolking verklaar dat hulle Christene is. As hierdie opname dan korrek is – waarom lyk hierdie land soos wat dit vandag lyk? Die bevolking is negatief. Die ekonomie is op die randjie van ‘n ineenstorting. Die infrastruktuur stort in duie. Die regering van die dag en hoë sakelui is korrup. Die mediese- en ander dienste is in ‘n chaotiese toestand. Daar is soveel kerke wat dwaalleer verkondig en talle mense vind nie meer ‘n geestelike heenkome nie. Dit lyk veel eerder na die slagveld van Satan as ‘n woonplek van God.