1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5349619

Besoekers aanlyn

Ons het 52 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIE AFRIKANER VOLKSPARTY SE STREWE. (31/12/2018)

AVP Wapen TransDie ontstaan en voortstuwing van die Afrikaner Volksparty was ‘n noodwendigheid vir die herbekragting van ons volk se Nasionalistiese beginsels en strewes. ‘n Betuiging van kontinuïteit tussen verlede hede en toekoms.   Dit is ‘n party wat trots is op sy diep wortels in Suid-Afrika as Vaderland. ‘n Party met sy oog steeds op die horison waar hy ‘n skoner en mooier dag sien breek oor blank Suid-Afrika. ‘n Party met visie en vêrgesigte wat nie onwerklike drome droom nie maar volksideale daadwerklik nastreef.   Die party se beleid beliggaam die diepste behoeftes en hartewense van die Afrikanervolk. ‘n Party wat getrou bly aan beginsels, ideale en dit wat volkseie is.   Sy Lede is omgord met ‘n harnas van durf, waagmoed en geloof vir die uitdagings wat wag.   Hierdie eienskappe is die vereistes vir die voortbestaan van nie net die Afrikaner Volksparty nie, maar ook dié van ‘n Chriselike blanke beskawing in Suid-Afrika en elders in die wêreld..

‘n Reuse erfenis was aan ons nagelaat, ‘ n eie soewereine en onafhanklike Vaderland, wat deur die leiers na dr. Verwoerd versmous en die Afrikaner uitgelewer het aan swart oorheersing.   Die Afrikaner Volksparty strewe in sy regmatige aanspraak op die herstel van Blank Suid-Afrika as die enigste politieke party wat steeds beklemtoon dat hierdie land óns land is en dat die ANC regime onwettig en deur verraad in beheer daarvan gekom het. Ons het die reg en die plig tot volledige uitlewing van Afrikner Vryheid.

Die tyd is hier om ons weer eendragtig te skaar met eenderste liefde en eenderste trou aan ons Drie Enige God, Volk en Vaderland.   Dit maak van die Afrikaner Volksparty die draer van die Afrikaner Ark.   Die Vlag van ons Nasionalistiese voorgangers is steeds die Vlag waaraan ons trou betoon in erkenning aan die geskiedkundige betekenis daarvan.   Die Afrikaer Volksparty bely steeds dat vreedsame naasbestaan slegs moontlik is wanneer politieke regte gekoppel word aan eie Historiese Grondgebiede.   Die botsende belange van die ANC regime met dié van die Afrikaner roep tot bloedige stryd in die nabye toekoms. Suid-Afrika is reeds ‘n land van onrus, vreemd vir die Afrikaner en vol vreemdelinge uit talle Afrika-lande met onregmatig verkreë stemreg.

Die huidige deurmekaar bestaan van volkere in Suid-Afrika het die Afrikaner blootgestel aan grootse provokasie, openlike uittarting, diskriminasie, grondonteiening en gruwelike moorde, staatskaping en korrupsie. Boonop is Onverantwoordelike regering aan die orde van die dag.   Die Afrikaner Volksparty weet daar skuil ‘n onoorwinlike krag in die Afrikanervolk as ons glo in die Almag van God, ons Hemelse Vader en uit innerlike oortuiging dan saamstaan in verset teen die onreg waaraan ons deur die de Klerkregering onderwerp is.

Kom Sluit aan by die Afrikaner Volksparty! Die enigste party wat nog staan by dieselfde beginsels as wat ons volk onder Genl. Hertzog. Dr. Malan, adv. Strydom en dr. Verwoerd van 1948 se oorwinning tot 6 September 1966 tot hoë hoogtes gelei het!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie