1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5862019

Besoekers aanlyn

Ons het 44 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

GEBED VAN ‘N AFRIKANER

30/12/2018

Gebed van n boerO HERE, U wat die nasies skei en die grense van ons woonplekke vasstel, het ook aan ons ‘n eie Vaderland geskenk.   Deur swaarkry en beproewing het U ons volk gebrei en tot selfstandige volkskap gelei.   In die stryd teen roofdier en barbaar, geknel deur droogte en rampe, het U ons Voorouers gehard en uitgered in tye van Nood.   Dit het hulle geleer om hule knieë te buig voor U.   Al ons stede en dorpe was om kerke gebou.   In tye van afdwaling, het U deur beproewing ons weer teruggeroep. In ure van nood het U ons hulpgeroep gehoor. Ons dank U vir U besondere barmhartigheid, Leiding en Genade.

Tog Ons Vader, moet ons bely dat ook ons Kerke die skande van Godversaking en die smaad van Sonde ken.   By al ons sonde is daar die Kerksondes van ontrou, dwarstrekkery en beterweterigheid, van onverskilligheid waarvoor ons belydenis moet doen.   ‘n Geestelike Erosie en die gees van Permissiwiteit het ons Kerke meegesleur. Kerkskeurings en leë banke het die norm geword.   Verbondsbeloftes word nie nagekom nie,   ons moet ons voor u veroortmoedig Vader, omdat ons Kerke besig is met verraad en selfvernietiging. Waar die sryd teen ons volk juis op die Kerklike front die felste woed, staan ons nie met onoorwinlike geloof in die hart, vas nie. Wees ons Genadig O Vader, God van Abraham Isak en Jacob.   Hoor ons hulpgeroep en gee ons nie oor aan verbastering nie.   Laat ons vyande nie bly wees oor ons verval nie.

Lei ons weer terug na die ware geloof en weer ons teen Goddelose belydenisse soos die                 ”BELHAR Belydenis”, Lei ons Kerke om die Ewige Woord suiwer en Getrou te spreek en ‘n helder Lig op ons pad te werp en hier waar U ons Volk geskep het, en ook oor ons U gebod uitgespreek het, “Eer jou Vader en Jou Moeder” bid ons, maak ons getrou aan U geskenk, Ons eie. Gee ons die lojaliteit wat ons in die tyd van Revolusie in staat sal stel om vas en trou te staan, waar Vyande in die Kerk teen ons Raas, gee ons die geloof (wete) dat ons lot en lewe nie in hulle hande is nie.   Dankie O Vader...In Jesusnaam, Dankie.

 

Op U almag vas vertrouend,

Het ons vadere gebou.

Skenk ook ons die krag O Here,

om te handhaaf en te hou.

Dat die erwe van ons vadere

vir ons kinders erwe bly.

Knegte van die Allerhoogste

teen die hele wêreld vry.

Soos ons vadere vertrou het,

leer ook ons vertrou O Heer,

Met ons land en met ons nasie,

sal dit wel wees, God regeer.

A M E N

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie