1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5736028

Besoekers aanlyn

Ons het 38 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

STROPING VAN SUID AFRIKA SE BATES GAAN ONVERPOOSD VOORT

GoudsmokkelaarsNet soos wat daar geen afname aan die moorde op blankes en veral die Afrikaner is, die ongekende korrupsie van staatsamptenare wat miljarde beloop, toename in verval van infrastruktuur, toenemende salarisverhogings ten koste van ontwikkeling en vooruitgang, word daar klaarblyklik biljoene rand se goud jaarliks uit Suid Afrika gesmokkel.

Hierdie inligting word afgelei uit ‘n aankondiging van “Global Initiative Against Transnational Organized Crime researchers”. Dit blyk verder dat daar in die tydperk tussen 2012 en 2015 meer as 34 metrieke ton goud na Dubai en die Verenigde Arabiese Emirate is wat nie in die Suid Afrikaanse handelsrekening verskyn nie.

Volgens die “Global Initiative Against Transnational Organized Crime researchers” se verklaring is hierdie “handelsroete” deur Swaziland en Mosambiek en kan daar aangeneem word dat die finansiële voordeel na die onwettige mynbedryf se base gaan.

Ramaphosa se bedenklike verkiesing as “president” het dusvêr niks bygedra tot die verbetering van sy “people” wat werkloos op staatshulp uit ‘n sukkelende geplunderde staatskas moet staatmaak nie. Die swartes wat toegang tot outoriteit verkry het en astronomiese salarisse verdien, misbruik hulle geleenthede om vir die wêreld te kon wys dat hulle instaat is tot verantwoordelike regering.

Die genadelose offer van die Afrikanervolk om hierdie bewys vir die wêreld te kon lewer het klaaglik gefaal en almal wat daaraan deelgeneem het as onbevoeg uitgeklee in die vertoonvenster van mislukking soos wat ons gelowige en kundige voormalige Afrikanerleiers voorspel het.

Wat hier beklemtoon moet word is veral die “geestelikes” se wanvertolking van God se Skeppingsorde. Die verantwoordelikheid van hulle roeping as Woordverkondigers is versaak met die verkerkliking van die Kommuniste, Sosialiste en Humaniste se wanstaltige “mensereg”. ‘n Reg wat hulle verkies het bo die skeidingsbeginsel waarin vreedsame naasbestaan en gelykheid tussen volke en nasies opgesluit is.

Die Marxsistiese stelling dat godsdiens “Opium” vir ‘n volk is, word gedemonstreer in Suid Afrika waar sogenaamd die meeste inwoners Christene is. Elke saak wat vanuit die kerke gedryf is se bona fide is onvoorwaardelik aanvaar as reg en die “wagters” wat aangestel was oor die “skape” het nie net gesit en slaap nie maar het halstarrig geweier om deur die bewyse uit die geskiedenis te leer en daarvolgens te lei. Akademiese en Sosialistiese dogmatiese sienings en argumente van bedenklike politieke oorsprong was soos soetwyn deur predikante, pastore en teologiese proffesore ingedrink en verkondig waarmee goedgelowige lidmate op sleeptou geneem is.

Die gevolge daarvan is défaitisme en gevolglike weerloosheid teen die onreg en uiterste ongeregtigheid wat sodoende deur die kerke help vestig is. Dit is laat in die dag vir die vryheid van die Afrikanervolk, dog nie té laat nie. Die kerke is besig om leeg te loop omdat dit wat van die kansels af verkondig word, nie meer geglo word nie.

Laat ons egter nie geloof verloor nie! Ons Hemelse Vader het ons nie verlaat nie! Gaan in u binnekamer en verootmoedig u voor ons Hemelse Vader omdat ons sal moet erken dat ons vêr afgedwaal het! Rig u huisaltaar weer op en begelei self u gesin uit die Woord, want die Woord is lewend en kragtig en sal u op die regte weg lei. Vermy die Pieter Bingle’s, Beyers Naudé’s, Willie Jonker’s en Nico Smith’s wat nou die kansels vol sit asof net hulle instaat is om te verstaan wat in die Bybel geskryf staan.

Kyk na Piet Retief, Bloukrans, Moordspruit en Wenen en dan met oordenking na Bloedrivier. Dit is tyd om te herbesin oor die besluite wat namens ons volk geneem word deur die Piet Retief’s, Vorster’s, Bothas en de Klerk’s. Ook hulle gelykes sit in die voorste gestoeltes van partye, organisasies en bewegings en onderhandel ons volk in die vergetelheid in!

Bly by dit wat jy geleer het omdat jy weet van wie jy dit geleer het en aanskou die rots waaruit jy gekap is, want dit is waar ons heil lê indien ons nie heeltemal kaal gestroop wil word nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie