Markus 8:34-38
“En toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.” (:34).
Die meeste van ons het seker al die bekende gesegde gehoor dat alle mense graag hemel toe wil gaan, maar niemand wil doodgaan nie. En soos wat dit menslikerwys nie moontlik is om die ewigheid te beërwe alvorens jy sterf nie, is dit nie moontlik om ‘n ware volgeling van Christus te wees as jy nie bereid is om jouself te verloën en jou kruis op te neem nie.
Dit was die slagspreuk na Gorbachev se glasnost en perestroika met die sogenaamde einde van die “koue oorlog” en afbreek van die “Ystergordyn” in die sestigs. Dit het ook “toevallig” saamgeval met FW de Klerk se uitoorlê taktiek om die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling in Suid Afrika vernietig te kry! Die hoofrede waarom dr. H.F. Verwoerd in ‘n sluipmoord verwyder moes word.
Die volgehoue pogings van die volkstaters, die saampraters, die vredemakers, die saambouers aan die reënboognasie en elke organisasie wat aangewend word om die Afrikaner se vryheidstryd in die wiele te ry deur multikulturalisme te probeer bevorder terwyl alles as gevolg daarvan rondom ons in duie stort, is die programering om in lyn te bly met die onderstaande oogmerke van die kommuniste.
Die geweldige steun wat egter deur die MDC gemonster is, voorspel niks anders as turbulensie in die tyd wat voorlê nie. Die kenmerkende patroon van geweld wat sinoniem met Mnangagwa se militêre agtergrond is, het niks verander in die afgelope verkiesing nie.
Om in beheer te bly sal steeds meer gewelddadige optrede verg en onvermydelik meer geweld ontlok by sy opponente wat baie sterker staan as tydens Tsvangirai se leierskap. Die Chinese betrokkenheid en hulle finansiële steun sal sonder twyfel ‘n groot rol begin speel in hierdie buurstaat waarby die Britte volgens die uitgesproke wense van tant Liesbet, so graag weer ‘n ingreep wil maak.
By die bekende ouetehuis in Pretoria, Huis Davidtz was daar chaos toe die swart werkers Woensdag 1 Augustus 2018 oor hoër lone begin staak het en skynbaar die EFF gekry het om te kom betoog.
Die EFF met hulle vooropgestelde aanname dat hulle reeds ‘n oorlog teen die Afrikaner gewen het en dus kan maak en breek soos hulle wil, het toegang tot die ouetehuis verkry en diegene wat wou werk se toegang tot die gebou versper.
Soos gewoonlik het die polisie net kom staan en kyk en nie ‘n vinger verroer om die EFF te verwyder nie. Malema se aanspraak dat die weermag en polisie sy mense is, blyk dus substansie te hê.
'N BOHAAI OOR DIE UITSPRAAK VAN DIE NEDERLANDSE LIBERALE MINISTER VAN BUITELANDSE BETREKKINGS MNR. STEF BLOK DAT 'N MULTIKULTURELE SAMENLEWING NOOIT MOONTLIK IS NIE EN MENSE NIE VREEDSAAM MET MEKAAR SAAM KAN LEWE NIE
MEV. ELISE JAARSMA: "NA MY SIENING HET HY 100 PERSENT REG"
Op Dinsdag 10 Julie het minister Blok van Buitelandse Betrekkings vir baie bohaai gesorg, toe hy op 'n byeenkoms in Den Haag met medewerkers van internasionale organisasies onomwonde verklaar het dat hy geen reënboognasie ken waar die bevolking vreedsaam saamleef met mekaar nie. Ook het hy die land Suriname 'n failed state genoem. U sal begryp dat die politiek korrektes verbaas gestaan het en vinnig kapsies het gemaak. In ons derde vraaggesprek met mevrou. Elise Jaarsma gaan ons haar vrae stel oor hierdie bohaai en ook baie belangrik: of mnr. Blok reg is.
Job 22:21-30
“SLUIT tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.” (:21).
“Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef.” (:26).
Watter mooi beloftes lê nie in hierdie gedeelte van Job opgeteken nie. En ons almal hou mos van beloftes. Dit bemoedig ons. Dit gee ons hoop in moeilike tye; ‘n verwagting om na uit te sien.
Ons moet egter nie die gedeelte verkeerd verstaan om te dink dat ons God sommer as ‘n gelyke kan behandel nie. Hy is en bly verhewe, heilig en soewerein. Tog nooi hy ons as mense uit om deur die Woord na Hom te soek sodat ons innige gemeenskap met Hom kan hê. Hy nooi ons uit om Hom só goed te leer ken dat ons met Hom vriendskap kan sluit.
Die AVP plaas die dokument soos wat ons dit bekom het. Sonder die vermoë om dit af te dwing is dit natuurlik nie veel werd nie. Nietemin is dit 'n baie duidelike aanduiding dat daar uit ander oorde nie genoë geneem word met die ANC se illegitieme oorname van die beheer in Suid Afrika wat bewerkstellig is deur die verraad van FW de Klerk en sy swakkeling regering nie!
Ekeen van hierdie op die oog af onbeduidende gebeurtenisse, bring die Afrikanervolk nader aan ons oogmerk met ons vryheidstryd sedert die afwyking van beginsel en bepalings van die grondwet onder die leierskap van dr. H F Verwoerd. Hou dus goeie moed en verdra die onreg tydelik. Die belangrike is dat u dit nooit moet aanvaar nie omdat u daarmee bereid is om ongeregtigheid te aanvaar. Dit kan tog deur geen gelowige regverdig word nie!
Transcription of Eviction Notice: