1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5137918

Besoekers aanlyn

Ons het 163 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

SLUIT TOG VRIENDSKAP MET HOM

BybelJob 22:21-30

SLUIT tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom. (:21).

Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef. (:26).

Watter mooi beloftes lê nie in hierdie gedeelte van Job opgeteken nie. En ons almal hou mos van beloftes. Dit bemoedig ons. Dit gee ons hoop in moeilike tye; n verwagting om na uit te sien.

Ons moet egter nie die gedeelte verkeerd verstaan om te dink dat ons God sommer as n gelyke kan behandel nie. Hy is en bly verhewe, heilig en soewerein. Tog nooi hy ons as mense uit om deur die Woord na Hom te soek sodat ons innige gemeenskap met Hom kan hê. Hy nooi ons uit om Hom só goed te leer ken dat ons met Hom vriendskap kan sluit.  n Vriendskap soos wat Abraham met God gehad het. Abraham het God innig liefgehad en sy geloof in Hom was onwrikbaar. Ten spyte daarvan dat Abraham ook n sondige mens was, was God baie lief vir hom. Abraham het met God so n goeie verhouding gehad dat hy n vriend van God genoem is. En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is n vriend van God genoem. (Jak. 2:23).

Abraham het egter nooit in sy verhouding met God homself as God se gelyke beskou nie. Hy was steeds in sy hele optrede bewus van God se almag en het n diepe ontsag vir Hom gehad. En soos wat dit enige goeie vriendskap betaam, was daar n wedersydse respek. Ons lees in Gén. 18 van hierdie uitsonderlike vriendskap tussen God en Abraham. God deel Sy voorneme om Sodom te vernietig met Abraham soos vriende sake met mekaar sal deel. Abraham weer matig homself nie vir een oomblik die reg aan om God se raad te bevraagteken nie; tog het hy die vrymoedigheid om met groot eerbied by God te pleit vir die behoud van Lot se lewe.

Ons moet versigtig wees vir die oppervlakkige en eintlike kinderlike teologiese dwalings wat n vriendskap tussen God en ware gelowiges skeeftrek. Dit kan maklik ontaard in n geketter wat God se oppergesag, heiligheid en almag totaal verkleineer en Hom reduseer tot die gelyke van n mens. So n kettery is uit die bose, want dit gaan gewoonlik verder tot dit uiteindelik daarop neerkom dat jy eintlik maar kan doen soos jy wil en God nie hoef te vrees nie, want Hy is sommer maar net jou pêl wat gelukkig is as jy gelukkig is. Enige persoon wat so n self gesentreerde dwaling verkondig, verstaan buitendien niks van ware vriendskap en die opoffering waar daarmee gepaardgaan nie.

Ons moet egter nie die uitnodiging van God se kant mis om met Hom n vriendskap te sluit nie. Ons moet gereeld met Hom praat deur opregte gebede, luister na die onderrigting uit Sy mond, Sy woorde weg lê in ons harte en die onreg uit ons lewens verwyder. Sodoende sal ons ons in die Here kan verlustig en ons innige gemeenskap met Hom sal ons vriendskap met Hom versterk. Ons gehoorsaamheid aan Hom en die onderhouding van Sy bevele met n opregte en gewillige hart sal daarvan getuig dat ons waarlik met Hom vriendskap gesluit het. Julle is my vriende as julle alles doen wat ek julle beveel. (Joh. 15:14).

En dan sal goeie dinge oor jou kom. Kan u uself aan enigiets beter dink wat u kan oorkom as om n vriend van die Almagtige te word? Wat n seën om vrede te kan hê en die vrymoedigheid om jou aangesig tot God te kan ophef Hy wat alle harte en niere deursoek. Hy wat die mag het om ook uiteindelik daardie diepste hartsbegeertes van Sy vriende wat hulself in Hom verlustig, te vervul!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie