Chris Steyn, oud joernalis en Mark Minnie, voormalige polisiebeampte was deurgaans bevrees vir hulle lewens vanweë die kennis wat hulle gehad het van kinderhandel en wat daarmee saamgaan. Soos met die moord op dr. Verwoerd, mnre. John Wiley en Robbert Smith, Hendrik Schoeman, mev. Maryke de Klerk en ander onverklaarbare gebeure, word Mark Minnie se skietdood deel van ‘n verwerplike en walglike intrige wat hom in Suid Afrika afspeel, met meer vrae as antwoorde.
“Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.” (:42).
Die Here Jesus was gedurig in gesprek met Skrifgeleerdes en ander hooggeleerdes in die kerke van daardie tyd. Die meeste van hulle wou met hul meerderwaardige kennis van die Skrifte vir Hom strikvrae probeer stel. En hierin het Hy hulle gevoellose en liefdelose godsdienstigheid raakgesien en ook skerp veroordeel.
Ons dink aan die gedeelte uit Matt.23 wat aansluit by ons gelese gedeelte uit Johannes 5. Ons lees hier van Jesus wat die skrifgeleerdes en Fariseërs berispe oor hul oppervlakkige godsdienstigheid vir die vertoon daarvan terwyl daar in hul geestelike lewe geen diepte is nie. Hulle was godsdienstig vir die vertoon daarvan en om mense se eer te bekom, maar hul harte was ver van God af.
PARTY VIR WEERT BESTAAN OP DINSDAG 14 AUGUSTUS 3 JAAR
MNR THEO SMOLENAERS: 'DIT WAS BLOOT 'N NOODSAAK DAT DIE PARTY SO OPGERIG IS".
Ons het 'n insiggewende vraaggesprek gehad met mnr. Theo Smolenaers, troeteldierwinkelier, oprigter en faksievoorsitter van die Party vir Weert, wat op Vrydag 17 Julie 2015 die idee gekry het om 'n nuwe party te stig. Hy het dit gedoen jare na die moord op mnr. Pim Fortuyn en baseer dit op die gedagtegang van die politikus. Die stad Weert (in dialek Wieërt) lê in die suidelike Nederlandse provinsie Limburg.
"Meneer Smolenaers allereerst onze hartelijke gelukwensen naar aanleiding van het driejarig bestaan van uw partij".
"Vriendelijk dank".
Ps. 81:1-17
“In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela. Hoor, my volk, en Ek wil jou dit inskerp; Israel, as jy tog na My wou luister!” (:8&9).
“Ja, Hy sou hulle voed met die beste van die koring; en met heuning uit die rots sou Ek jou versadig.” (:17).
Die waters van Mériba. Daar waar die volk teen Moses getwis het omdat hulle geen water gehad het om te drink nie. Die plek waar daar water uit ‘n rots gevloei het. Die plek waar die Here aan Moses gesê het dat Hy voor hom uit sou gaan en by die rots wees waaruit die water sou vloei. “Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan;
INLEIDING
Die vrae wat ter sake is, is dié vrae oor gebeure wat teen alle verwagtinge in, die politiek in Suid Afrika na die sluipmoord op dr. Verwoerd, in presies die teenoorgestelde rigting gedraai het as wat die geskiedenis uitgewys het as die enigste werkbare beleidsrigting vir die bewaring en handhawing van eiesoortigheid en vreedsame naasbestaan. Die besef vir die noodsaak van ‘n ander staatkundige stelsel as wat in Europa en ander dele van die wêreld in gebruik was onder hoofsaaklik homogene volke, is in 1912 al deur Genls. Louis Botha en Jan Smuts besef en beredeneer.
1811: Genl. J.C. Smuts skryf in sy boek "Een Eeu van Onrecht", toe hy ook nog 'n vervolgde Afrikaner was: "De worstelstrijd van bijna een eeuw, die begon toen aan de Hollandse bevolking van de Kaap een vreemde overheerser werd opgedrongen, spoedt ten einde.
Hierdie artikel wat deur die VF-Positief, wat terloops ‘n eed by hulle inswering geneem het dat hulle die grondwet eerbiedig en sal instandhou, is nietemin waardevol.
Die Swazi’s wat al jarelank die kwessie van afskeiding vertroetel maar nie genoeg tande het om dit af te dwing nie, het nou moed geskep nadat Ramaphosa moes toegee aan die Zoeloe koning wat gedreig het dat sy impi’s gereed staan as hulle die Inkonyama trust, wat onder die koning se beheer is, wil kom vat. Dit is nou die Zoeloes, die Swazi’s, “Koning Julius lll” van die Khoisan en die Basoetoes wat aan koniging Liesbet geskryf het oor hulle grond! Die politieke omgewing vir die Afrikaner raak al vriendeliker en vir die Venda geldmagpion Ramaphosa, al moeiliker!
Dit is duidelik dat die Reënboognasie ‘n spoor van verwoesting agter hom aansleep wat al groter gevolge van verval en agteruitgang veroorsaak.
Midde in hierdie gestruktureerde vernietiging, geskep deur die de Klerk’s, Bothas, Malan’s, Delport’s en ander kabinetslede van voor 1994 se “Nasionale Party”, waarvan die naam ‘n bekladding van die betekenis daarvan geword het, word die besitreg van elke Afrikaner in besonder, maar ook alle blankes in die algemeen, nou in gedrang gebring.