Die kastige “verswakking” van die rand teenoor ander betaalmiddels na die skielike afdanking van die minister van finansies, is niks anders as ‘n verskerpte ekonomiese aanslag op Suid Afrika nie.
In die eerste plek is Nene bloot verskuif om elders ontplooi te word en ‘n Afrikaanssprekende ANC kader in sy plek aangestel wat net so min aan die land se ekonomie sal kan verander as enige iemand voor hom! Hoe op die aarde kan daar groei en stabiliteit bereik word met ‘n spul diewe en rowers wat boonop onbevoeg, lui en onverantwoordelik is en waarvan die president die voorbeeld is?
Job 2:1-10
“Maar hy antwoord haar: Soos ‘n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.”
Ek wil hê dat u ook vanoggend die volgende vraag eerlik moet beantwoord: “Waarom dien jý God?”
Is dit dalk om die volgende redes?
DAG VAN DANKBARE VEROOTMOEDIGING
Pieter van der Dussen Senior
Ons staan so die HERE wil binnekort op Geloftedag voor Hom. Geloftedag – die Afrikanervolk, óns volk se aangewese dag van verootmoediging. ‚n Volk wat volgens die Raadsplan van God met ‚n besondere roeping aan die Suidpunt van Donker Afrika geplant is. Deur God bekwaam gemaak is om hierdie barre, wilde, dorre, harde landstreek ooreenkomstig Genesis 1-2 te onderwerp, te heers oor alles wat op en in en om hom bestaan, sy grond te bewerk sodat ook hierdie landstreek tot bloei kon kom tot lof van die HERE. Geroepe uit die Reformasie om die Woord hier te saai en tot vrug te laat kom. Drie eeue lank het die Afrikanervolk hierdie tweeledige roeping uitgevoer. Ten spyte van Satan se verbete stryd om dit te verhoed, is daar danksy die Almag van God miljoene gelowiges onder alle volke in die land
Verdeeldheid onder Afrikaners is beplan en gevestig in die middel van 1972. Die moedelose en verwarde toestand wat heers onder Afrikaners is nié as gevolg van die gemaklike verskoning dat Afrikaners nog nooit kon saamwerk nie! Dit is absolute bog! Indien dít waar was sou ons volk nooit die mylpale behaal het waarvan die “reste”nou nog sigbaar is nie.
Feit is dat toe die NP ná die sluipmoord op dr. Verwoerd aan die eise van die Britte en Amerikaners begin toegegee het, as gevolg waarvan die NP in 1969 herstig is, het die bedreiging van ‘n politieke neerlaag vir hulle wesentlik geword.
Die Broederbond wat destyds onder die aanvoering van dr. A.P. Treurnicht was het onder sý voorsitterskap ‘n onderneming opgestel wat later as die “Rooi Eed” bekend geword het. Dit was een van die metodes van die Broederbond en NP as teenvoeter vir die politieke bedreiging wat as gevolg van hulle koersverandering ontstaan het.
Die belangrike ding was egter die bewoording van die onderneming wat opgestel was en waarin die angel gesetel het: “…. Bevestig dat ek nie deur lidmaatskap of medewerking met die HNP geassosieer is nie en indien ek tot hiertoe sodanig geassosieer was , onderneem ek om genoemde assosiasie onverwyld te beëindig.”
Daardie onderneming het ‘n diep kloof in Afrikanergeledere gesny wat regdeur die kerk, politiek en kultuurbewegings gedring het.
Lukas 17:20-37
“...want die koninkryk van God is binne-in julle.” (:21)
Net soos in die tyd wat Jesus Christus as mens op aarde gewandel het, is daar vandag ook soveel mense wat ywerig probeer uitvind wanneer die koninkryk van God dan sal kom. Dit is ongelukkig hartseer dat baie mense na hierdie antwoord soek, nie omdat hulle met reikhalsende verwagting daarna uitsien nie, maar eerder omdat hulle ‘n vrees het vir die skielike koms daarvan wat hulle onverhoeds sal betrap.
Daar is mense wat nie die sinlike genot van hierdie wêreld wil prysgee ten einde die koninkryk van God te dien nie, maar ook nie hierdie koninkryk wil misloop nie. Hulle probeer dus vasstel wanneer die koninkryk van God sal kom, omdat hulle reken dat hulle mos dan hul ydele lewenswandel kan voortsit tot net voordat die dag van finale oordeel aanbreek om hulle dan tot God te bekeer en sodoende die koninkryk van God inderwaarheid te kan binnedring.
MNR. ROELAND VAN WALLEGHEM "TOE ONS DIT VOORSTEL WAS ONS RASSISTIES".
Geagte leser. Ons het 'n insiggewende vraaggesprek met mnr Roeland van Walleghem. 'n Man wat al jare veg vir Vlaandere en die Vlaamse taal. Hy het deelgeneem aan talle protesdemonstrasies en ook tans bly hy hom verset teen die reënboognasie.
"Meneer van van Walleghem om maar met de actualiteit te beginnen. De Belgische regering neemt thans vergaande maatregelen om kwaadwillende moslims achter slot en grendel te zetten. Toen echter Vlaams Blok en later Vlaams Belang veel minder ingrijpende maatregelen voorstelde werden deze weggehoond als zijnde xenofoob en islamofoob en wat niet al. Denkt u dat we hier kunnen spreken van het bekende meten met twee maten?"
Vandag 2 Desember 2015 se voorblad: “‘n Land in die greep van vrees” (deur Maryna Lamprecht)
Barnard Beukman die redakteur van Beeld wat in die onlangse verlede sy eie skakelmaatskappy, Glaskasteel Kommunikasie, bedryf het, behoort te weet dat mense en organisasies wat in glashuise woon nie met klippe moet gooi nie!
Ek glo 'n dagblad moet gesaghebbend en geloofwaardig wees. Lesers aan 'n wye front moet tuis en welkom voel by die koerant en die nuusaanbieding stimulerend vind sê Beukman in ‘n onderhoud met Marida Fitzpatrick. Vir die deursnee Afrikaner was Beeld alles behalwe stimulerend in sy aandeel om die klimaat te help skep waaroor hy vanoggend berig, naamlik ‘n land in vrees!
Om vas te stel of dit wat Beukman in die vooruitsig stel geloofwaardig is, moet daar gekyk word na waar hy vandaan kom!
Vanaf November 1997 was hy ’n jaar lank die direkteur in die parlementêre kantoor van die leier van die amptelike opposisie..
Hy sê verder in die onderhoud dat: “Die Afrikaanse koerant moet ’n soort markplein wees waar die Afrikaanse gemeenskap oor sake kan debatteer en idees kan toets en daar moet ruimte wees vir al daardie debatte. Almal moet voel asof hulle geakkommodeer word en nie die idee kry dat daar voorkeurstandpunte is wat oorgestimuleer word en ’n ander standpunt is wat as die melaatse stiefbroer beskou word nie. “