1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4315354

Besoekers aanlyn

Ons het 45 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

AFRIKANERS, ONS MOET ‘N KEUSE MAAK!

IN JAAP MARAIS SE SPOOR?

Volkstate van dr. Verwoerd se NPMNR. JAAP MARAIS SE STANDPUNT OOR DIE VOLKSTAATBENADERING:

“So was die volkstaatpolitiek een van die belangrikste, indien nie die belangrikste, oorsake vir die bloedlose eerlose oorgawe van politieke mag aan ‘n kommunistiesbeheerde Swart regering, wat sy oorlog steeds voortsit teen ‘n Afrikanervolk wat verswak, verdeeld en verward is as gevolg van die politieke misleiding in verband met ‘n volkstaat.”

In Die Afrikaner, van 19-25 Augustus 2011, op bladsy 6, onder die opskrifte:

Paul Kruger antwoord Koos Malan

“DIE AANGEWESE GRONDSLAG VIR AANSPRAAK OP VRYHEID”

Die afrikaner verkort dus hierdie week die weeklikse rubriek oor Wat sê die kandidate?

Ons haal enkele opmerkings van mnr. Paul Kruger aan maar beveel aan dat u volledigheidshalwe sy hele betoog gaan oplees ten einde perspektief te kry van waarheen hy die HNP lei. Dit blyk dat mnr. Kruger die leisels uit die hande van Andries Breytenbach en die hele bestuurskorps van die HNP geneem het met hierdie teenstrydige standpunt met HNP-beleid, daar niemand vanuit HNP geledere hulle tot nou toe, daarteen uitgespreek het nie.

Paul Kruger:

“Ja Sydney, ons verkose Volksraad gaan met die regime moet praat. Nes jou groot held – Oom Paul Kruger. Wat betref ‘afstand doen’ van ons ‘historiese aanspraak op ons land Suid-Afrika’. As ‘n volksraad moet afstand doen van ‘n deel van die huidige Suid-Afrika om vry te kan wees in ‘n ander deel daarvan, is ons in goeie geselskap…………..

Feit is dat ons nog nooit hierdie land in sy totaliteit besit, bewoon en bewerk het nie. Ja ek en honderde duisende ander sal heeltemal tevrede wees met volkome vryheid in ‘n ‘volkstaat’, eerder as om die moord en doodslag en Goddeloosheid van Azanië te trotseer terwyl ons futiel vasklou aan ‘n (histories onjuiste) ‘aanspraak op ons land Suid-Afrika’

Feit is, die ANC-Regering het nog nie eers ‘n geleentheid gehad om ons vryheid op vreedsame wyse in ‘n eie grondgebied te herstel nie (selfs al sou hulle wou!). Want daar was nog nie demokratiese-verkose volksleiers met wie die ANC om die tafel kon sit nie – leiers wat deur die volk ‘n mandaat gegee is om die kwessie van volksvryheid in ons eie staat met die ANC te beding.”

In Die Afrikaner van 3-9 September 2004, op bladsy 5, verskyn ’n artikel van mnr. Jaap Marais oor die Volkstaatgedagte, wat as die offisiële standpunt van die HNP beskou was soos bevestig deur die opskrif.

WAT IS DIE HNP SE STANDPUNT OOR DIE VOLKSTAATIDEE?(2)

“DIE volkstaat-idee het aanvanklik in die Afrikanerpolitiek onstaan as ‘n konsep wat deur ‘n klein groepie aangehang is wat dit skynbaar as ‘n kitsoplossing gesien het om die probleme reg te stel wat deur die NP se verraad teen apartheid geskep is. Op die stadium is dié konsep egter misbruik om die verraad van die IDASA komplot te laat slaag. Nadat die VF met die volkstaat-idee as hoof beleid parlement toe is in 1994, het dié konsep egter mettertyd verdwyn. In die byna hopelose en magtelose posisie waarin die Afrikaner in die afgelope tien jaar verval het, word daar gereeld nuwe idees bespreek om los te kom uit die greep van die kommuniste waarin ons vasgeval het. Deesdae begin die volkstaat-idee egter weer sy kop uitsteek, weliswaar soms in effens gewysigde formaat. Op verskillende forums en in kletskamers op die internet word modelle wat verband hou met die oorspronklike volkstaat-idee gereeld bespreek. Dit lyk inderdaad of hierdie debat sal groei in die aanloop na die volgende plaaslike verkiesing volgende jaar of vroeg in 2006. Daarom is dit sinvol om die HNP se standpunt oor die volkstaat-idee, soos geformuleer deur MNR. JAAP MARAIS in die middel 1990’s, vroeg reeds op die tafel te sit, sodat die nuwe debat ook daaraan gemeet kan word.

As die volkstaatstrewe ernstig was.......

“As dit die AVF leiers erns was om ‘n volkstaat vir Afrikaners tot stand te bring, was daar vier maniere waarop te werk gegaan moes word.

Deur te weier om aan die vredesonderhandelings met die ANC SAKP deel te neem, sou dit Afrikaners aan die regterkant ‘n gemeenskaplike politieke grondslag gegee en die De Klerk regering van die Nasionale Afrikanerdom geïsoleer en as volksverraaiers bestempel het, terwyl dit voortgang van sy volksveraad sou gestrem en hom verplig het om tot die skikking met Afrikaner opponente te kom.

Deur voor te gee dat die KP en die AVF nie aan onderhandeling met die ANC-SAKP deelneem nie, maar in die geheim en langs die kronkelweë van Tienie Groenewald se ‘COSAG’ wel onregstreeks daaraan deel te neem, is die belangrikste bedingingsmag egter prysgegee, is verwarring en frustrasie onder die Afrikaner geskep en is meegehelp aan die De Klerk-Slovo-Mandela program om die Afrikanervolk van sy vryheid te beroof onder dekmantel van ‘n ‘onderhandelde skikking’

Stembus

Die tweede opsie was om De Klerk na die stembus te dwing deur massa betogings by die Uniegebou en die Parlement, en op alle wyse Afrikaners op te rui tot aandrang op algemene verkiesings. As de Klerk sou geweier het, sou die Afrikanervolk in ‘n gemoedstoestand gewees het om sy regte met geweld te beskerm teen die volksverraad. En dit sou die volgende fase gewees het waarin die aandrang op verkiesings steed hoër opgedryf sou kon word, as die alternatief vir die dreigement van gewelddadigheid.

Geweld

Die vierde manier was om by die onderhandelings met die NP-ANC/SAKP dit as ’n absolute eis te stel dat ‘n volkstaat as ‘n voldonge feit moes bestaan voordat die onderhandelingsproses afgeloop was. Indien nie, sou geweld gebruik en die hele proses omgekeer word. Die dreigement van geweld was die effektiewe hefboom wat getrek moes word teen die volksverraad. En dit moes gekoppel word aan massabetogings soos die BKA betoging in Januarie 1991 in Pretoria. Die NP/ANC/SAKP moes ten alle koste gewelddadige verset van Afrikanerkant verhoed, want gewelddadige verset sou die hele sameswering teen die Afrikanervolk verongeluk het. As die dreigement met erns en vasberadenheid aangedryf was, sou dit die NP/ANC/SAKP nie ‘n keuse gelaat het nie as om aan die eis om ‘n volkstaat te voldoen.

Volslae vals en verraderlik

Die feit dat die ander AVF leiers nie een van die maniere aangewend het om ‘n ‘volkstaat’ tot stand te bring nie, getuig van ’n onmiskenbare waarheid: daar was geen strategie, geen wil en geen eerlikheid by die propaganda vir ‘n Afrikaner volkstaat nie.

Bekookte verrigtinge

Op die byeenkoms van 20 April 1993 vir die stigting van die AVF was twee KP koukus lede, mnr. Dries Bruwer(president van die TLU) en mnr. Tom Langley (tans ANC SAKP-ambassadeur in Tjeggië). Op die vergadering het die destydse voorsitter van VEKOM, dr WL Grant , asof vanselfsprekend die verrigtinge begin en toe sommerso die leiding oorhandig aan Gnl. Koos Bisschoff wat aan die hoof van die KP se ‘Mobilisasie’ was. Daar was ‘n opvallende bekooktheid by die verrigtinge, waarby almal behalwe die HNP kennelik op een of ander wyse betrokke was.

Tot alle verbasing het Genl Bisschoff drie hoë polisie offisiere,-Genl De la Rosa, Brig Abrie en Genl Malan agtereenvolgens aan die woord gestel om die aanwesiges toe te spreek. Brig. Abrie het onder andere gesê dat as jy met die ANC praat, jy agterkom dat hulle nie duiwels is nie. Die polisiemanne is na die byeenkoms genooi deur die voorgenoemde KP LP, Dries Bruwer. Wat agterdog tot verstomming toegevoeg het, is dat in die polisie teenwoordigheid elke aanwesige gevra was om homself/haarself aan almal te identifiseer – ‘n vrygegewe bonus aan die NP regering se Veiligheidsmagte. Hieruit is dit duidelik dat daar voor April 1994 ‘n onbetwisbare bedingingvermoë in verband met ‘n volkstaat was. Dit is egter doelbewus ondermyn deur die leiers van die AVF.

Daardeur is nie net die strewe na ‘n volkstaat onherstelbaar geknou nie, maar was dit ook die oorsaak van groter Afrikaner-verdeeldheid en magteloosheid.

Hierdie proses van ontmagtiging van die Afrikaners het grootliks beslag gekry toe die Afrikanervolswag (AV), na die bruisende totstandkoming as ‘n saambindende Afrikaanse kultuurorganisasie, deur prof. Carel Boshoff misbruik is vir sy politieke aspirasies. In plaas van die AV te rig tot handhawing van die Afrikaanse taal, die verskerping van die Afrikaners se historiese sin en die beskerming van Afrikaanse opvoedkundige inrigtings, en sodoende ‘n verenigende rol bo-oor party grense speel, het hy dit met volslae onverskilligheid links laat lê en die polities verdelend konsepsie van ‘n volkstaat die hooftema van die AV gemaak.

Nie net het hy groter verdeeldheid onder Afrikaners geskep nie maar dié optrede van hom het die AV feitlik van ‘n vroeggestorwe lot verseker en daarmee ook die groot geleentheid van Afrikaner-eendrag gekelder. Die volkstaatpolitiek het ‘n spoor van verdeeldheid, frustrasie en vernietiging gelaat. Die moonlikheid om in te gryp en die NP se volksverraad is daardeur verongeluk; Afrikaners is ontnugter oor die wyse waarop hoë verwagtings van ‘n volkstaat verydel is; en in die gang van sake is nie net die Afrikanervolksfront (AVF) vernietig nie , maar ook die Volkseenheidskomitee (VEKOM) en die Afrikanervolkswag (AV).

Die volgende slagoffer is reeds onder die byl – die Volkstaat Raad (VSR). En die twee politieke partye wat hulle aan die volkstaatstorie verbind het – die KP en die VF- het met dié beleid en hulle deelname aan die verkiesings van die negentigerjare vir hulleself feitlik ondergang verseker in die aanloop na die1999-verkiesing.

Wat die partye se probleme vermenigvuldig, is die onthulling van die IDASA-komplot waarin die volkstaatpolitiek van die KP en die VF diep verweefd is. Die linkse dr.Van Zyl Slabbert en Alex Boraine het die Volkstaatpolitiek gebruik om Afrikaners na vredesonderhandelings met die ANC-SAKP te lei en die Boerekrisisaksie se potensiaal van gewapende verset te ontlont. Só was die volkstaatpolitiek een van die belangrikste, indien nie dié belangrikste, oorsake vir die bloedlose eerlose oorgawe van politieke mag aan ‘n kommunistiesbeheerde Swart regering, wat sy oorlog steeds voortsit teen ‘n Afrikanervolk wat verswak, verdeeld en verward is as gevolg van die politieke misleiding in verband met ‘n volkstaat.”

Die voortsetting van die VVK in samewerking met wat van die HNP oorgebly het, ondersteun deur die destydse Radio Pretoria en gedryf deur die Boere Afrikaner Volksraad, is die duidelikste bewys dat die aanslag op die Afrikanerdom nie afgehandel is nie. Beginsel is verruil vir omstandigheid wat nou dikteer.

Die kern van Afrikanernasionalisme wat gedra word deur die Afrikanervolksparty bly egter ge-anker in beginsel en geloof waartoe ons die Afrikanervolk oproep. Vryheid van die Afrikanervolk was nooit verkry of gehandhaaf deur sekulêre, liberale of humanistiese oorwegings nie.

“Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” (Hebreërs 11:1)

Dit was ‘n verlies aan hierdie geloof wat tot ons ellende in Suid Afrika gelei het, aanwesig by elke leier na dr. Verwoerd en wat nou oorgespoel het na selfs diegene wat as behoudendes die abdikasie van de Klerk en genote tot voor '94 teëgestaan het.

Ons oproep is dat u nie moet toegee nie! Behou u geloof, staan vas by die beginsels wat ons gedra het tot 6 September 1966 toe ons nog ‘n hegte eenheid was. As ‘n volk het ons ‘n kans om weer vry te wees. Verdeeld, verward en verdwaald, slegs die vooruitsig op verdere verknegting, verval, verlore, vernietig en tot verdwyning. Ons móét ‘n keuse maak! Mag God ons daartoe help.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie