1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7438141

Besoekers aanlyn

Ons het 21 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE “ROOI EED”, DIE SLUITSTEEN VIR VERDEELDHEID ONDER AFRIKANERS?

Diie koeel is deur die kerkVerdeeldheid onder Afrikaners is beplan en gevestig in die middel van 1972. Die moedelose en verwarde toestand wat heers onder Afrikaners is nié as gevolg van die gemaklike verskoning dat Afrikaners nog nooit kon saamwerk nie! Dit is absolute bog! Indien dít waar was sou ons volk nooit die mylpale behaal het waarvan die “reste”nou nog sigbaar is nie.

Feit is dat toe die NP ná die sluipmoord op dr. Verwoerd aan die eise van die Britte en Amerikaners begin toegegee het, as gevolg waarvan die NP in 1969 herstig is, het die bedreiging van ‘n politieke neerlaag vir hulle wesentlik geword.

Die Broederbond wat destyds onder die aanvoering van dr. A.P. Treurnicht was het onder sý voorsitterskap ‘n onderneming opgestel wat later as die “Rooi Eed” bekend geword het. Dit was een van die metodes van die Broederbond en NP as teenvoeter vir die politieke bedreiging wat as gevolg van hulle koersverandering ontstaan het.

Die belangrike ding was egter die bewoording van die onderneming wat opgestel was en waarin die angel gesetel het: “…. Bevestig dat ek nie deur lidmaatskap of medewerking met die HNP geassosieer is nie en indien ek tot hiertoe sodanig geassosieer was , onderneem ek om genoemde assosiasie onverwyld te beëindig.”

Daardie onderneming het ‘n diep kloof in Afrikanergeledere gesny wat regdeur die kerk, politiek en kultuurbewegings gedring het. Die onreg en valsheid wat daardeur in die drie susterskerke ingedra is van Broederbondpredikante wat uit vrees vir verlies aan lidmate, ten spyte van die onderneming tog aan sulke lidmate nagmaal moes bedien. Stoere Afrikaners wat uit kultuur en ander organisasies gedring is terwyl voorbereiding getref is om ‘n politieke party op die been te bring om die stroom Afrikaners wat nie met die versaking van beginsels saamgestem het nie, op te vang en te verhoed dat die HNP- party dermate versterk word dat die NP gestuit kon word voordat hy sy ondernemings aan die Britte en Amerikaners nagekom het nie.

Die KP wat in 1982 totstand gebring is sou dus nooit met die HNP kon saamwerk om de Klerk te stuit in sy oorgawe aan die Kommuniste wat ‘n verbanne organisasie in Suid Afrika was nie. Daardie gees van verdeeldheid leef vandag nog voort en mislei duisende Afrikaners steeds om te glo dat verandering móés plaasvind om ‘n bloedbad aft e weer, is gesê!

Nou het ons al politieke seggenskap oor ons land verloor, aan die dood deur vermoording meer as veertigduisend blankes verloor, die totale infrastruktuur lê aan skerwe, wet en orde het verval en wat daarvan oor is word selektief toegepas. Onderwys faal, die kerke val uitmekaar en die ekonomie is besig om te sink en steeds is daar geen samewerking op beginselgrondslag nie.

Dit was wyle ds. Jan Jooste van die ARK (Afrikaanse Reformatoriese Kerk) en voormalige uiters bekwame voorsitter van die HNP wat by geleentheid gesê het, as die huis brand help dit nie dat die inwoners met mekaar stry oor wie se verantwoordelikheid dit is om die vuur te blus nie.

Die huidige verdeeldheid is steeds die afwyking van beginsels wat deur die Afrikaner se geskiedenis gelouter is en suksesvol bewys is as die enigste werkbare politieke beleid vir vreedsame naasbestaan. Dit word nou wêreldwyd bevestig deur die toestroming van vlugtelinge na Europa en elders en steeds word die Afrikanervolk saamgesleep in onderhandelings, samesprekings, toegewings en samewerking, sonder enige bewys van voordeel vir ons Vryheid wat daaruit moet voortspruit!

Quo Vadis Afrikaner? Hoe lank moet ons hink op twee gedagtes? Die een wat nog niks anders as ellende vir ons volk gebring het deur ongeloof, uitoorlêery, misleiding en politieke geknoei agter die skerms, of die een wat deur vaste geloof deur ons voorgeslagte gehandhaaf was en met sukses bekroon was vir die hele wêreld om te sien en hoe langer hoe meer deur hulle toegepas word vir selfbeskerming!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie