1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7447680

Besoekers aanlyn

Ons het 143 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

GELOFTEDAG 2015:

Dr. van der DussenDAG VAN DANKBARE VEROOTMOEDIGING

Pieter van der Dussen Senior

Ons staan so die HERE wil binnekort op Geloftedag voor Hom. Geloftedag – die Afrikanervolk, óns volk se aangewese dag van verootmoediging. ‚n Volk wat volgens die Raadsplan van God met ‚n besondere roeping aan die Suidpunt van Donker Afrika geplant is. Deur God bekwaam gemaak is om hierdie barre, wilde, dorre, harde landstreek ooreenkomstig Genesis 1-2 te onderwerp, te heers oor alles wat op en in en om hom bestaan, sy grond te bewerk sodat ook hierdie landstreek tot bloei kon kom tot lof van die HERE. Geroepe uit die Reformasie om die Woord hier te saai en tot vrug te laat kom. Drie eeue lank het die Afrikanervolk hierdie tweeledige roeping uitgevoer. Ten spyte van Satan se verbete stryd om dit te verhoed, is daar danksy die Almag van God miljoene gelowiges onder alle volke in die land

.

Dit was van 1652 af ‚n stryd teen natuurlike dorings en distels onder wisselende klimaatsomstandighede, maar ook teen Satan wat deur menslike optrede die vervulling van die Skeppingsopdrag en die koms van die Evangelie wou keer. Maar die Afrikanervolk, bygestaan deur ander van Europese herkoms, én met die hulp van inboorlinge, het met kennis, kundigheid en vaardigheid die ganse land van Simonsbaai tot die Limpopo, van Weskus tot Ooskus, tot die gelyke van sy herkomsstreek opgehef. So het hulle die Skepper se opdrag in Genesis 1 en 2 uitgevoer en die land tot ‚n lushof tot eer van God ontwikkel. Ook het hulle aan die aanvanklik klein getal gekleurde inwoners en later die groot getalle Swart intrekkers uit die Noorde, kennis, kundigheid en vaardigheid saam met die Evangelie oorgedra sodat hulle ook die Skeppingsopdrag kan nakom.

Laat in die vorige eeu het die Afrikanervolk (maar nie almal nie) sy geroepenheid ontrou geword deur leiers te volg wie se geloof te swak geword het om die eeuelange aanslag van Satan verder te weerstaan. Terwille van materiële welvaart het hy sy heersersopdrag oor die land wat God aan hom toegewys het prysgegee en sy Reformatoriese aard vir menseregte verruil waarop die NGKSA se erkenning van homoseksualisme berus.

Maar uit dié besluit het ‚n sterk gelowige kern van die Afrikanervolk sigbaar geword wat nie bereid is om hulle geloofskrag en hulle volksverantwoordelikheid prys te gee nie. Dekadeslange roeringe in die drie oudste Afrikaanse kerkgemeenskappe het met die NGKSA se besluit tot openbaring gekom. Weerstandige skokgolwe trek steeds dwarsdeur gelowige Afrikanergeledere ongeag tussenkerklike grense. Die wete dat daar by ons ook seweduisend is wat nie die knie buig nie, bring dankbaarheid en veral strydmoed. Nog meer: Dit hou in dat die Heilige Gees, die HERE Sélf, nog met die Afrikanervolk en alle ander gelowiges in die land bemoeienis maak. Die hitte en droogte getuig ook daarvan.

Dat die gebeure skrik op elke Afrikanergelowige en ook op ander gelowiges laat val en tot optrede gelei het, bring die behoefte maar ook noodsaaklikheid van inkeer en omkeer in ootmoedige bekering. Die omvang en diepte van die weerstand bied die geleentheid tot verootmoediging. 16 Desember 2015 bied ook die uiting van danksegging oor die klaarblyklike ontwaking onder gelowige Afrikaners en ander. Trek daarom met dankbare verootmoediging op en bid tot die Allerhoogste dat Sy Koninkryk onder ons en in ons land weer sigbaar sal word.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie