Het daar dan niemand in Frankryk oorgebly wat God die Vader van Abraham, Isak en Jakob dien nie? Eers Charlie Hebdo en hulle hoor en sien nie die tekens nie? Laat ons Afrikaners dan maar daarvan kennis neem. God laat Hom nie bespot nie!
PARIS CONCERT CROWD WAS SINGING “KISS THE DEVIL” THE MOMENT TERROR ATTACKS BEGAN
As those people bled and died on the dance floor of the Death Metal concert, they went from singing about the Devil to meeting the Devil face to face.
by Geoffrey Grider November 16, 2015
MERE MOMENTS AWAY FROM SLAUGHTER, PARIS FANS AT EAGLES OF DEATH METAL CONCERT SANG SONG GLORIFYING THE DEVIL
“Be sober, be vigilant; because your adversary the devil, as a roaring lion, walketh about, seeking whom he may devour:”? 1 Peter 5:8 (KJV)

Dit verstom ‘n mens dat intelligente mense polities so beneweld kan wees dat hulle nie bereid is om ander intelligente mense se insig en ontledings van gebeure in ‘n area waarop sulke mense kundig is, wil glo nie, bloot omdat hulle glo dat hulle beter weet al is dit buite hulle vakgebied. Hulle moet eers sien, of liewer, hulle moet eers voel voor hulle glo en glo my, dit neem laaank!
Al sou ‘n mens hulle daarvoor kon oorsien, word dit egter moeilik om te begryp dat dit die meeste van hulle meer as twintig jaar neem om tot nugterheid te kom so asof die newel ‘n sluier oor hulle beterwete getrek het wat hulle so voel-voel soos in ‘n digte mis laat rondtas. Magnus Heystek beskryf die genesing daarvan as ‘n tweeledige proses. Eers geleidelik, en dan skielik.
Op die webblad van Front Nasionaal het die onderstaande berig verskyn van ‘n samewerkingsbesluit tussen ‘n paar volkstaatgedrewe organisasies. Daar word verwys na ‘n “historiese” ooreenkoms vir gemeenskaplike doelwitte.
Die AVP is verheug dat hierdie oefening bewys lewer dat Afrikaners kán saamstaan en terselfdertyd ‘n streep trek deur die liggelowiges se refrein van Afrikaners wat nie kán saamwerk nie! Die voorvereiste vir volhoubare samewerking is egter die uiters belangrike voorskrif van wyle dr. D.F. Malan: “Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar tuis hoort”. Mnr. Jaap Marais se akurate ontleding was dat wanneer mense nie polities op mekaar afgestem is nie, só ‘n saamflansing van mense altyd in duisend stukke uitmekaar spat!
Númeri 14:1-45
“Maar my kneg Kaleb, omdat ‘n ander gees in hom was en hy volhard het om My te volg – hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit neem.”
‘n Mens sou dink dat die volk Israel op hierdie punt darem al soveel wonders van God aanskou het, dat hulle sou besef dat niks vir God onmoontlik is nie. Hulle het hier op die punt gestaan om die beloofde land in te gaan nadat hulle deur God se sterke hand onder die slawerny in Egipte uitgelei is.
Die volk het eerstehands beleef hoedat God in hulle midde woon en saam met hulle trek om vir hulle ‘n Leidsman te wees. Hulle het gesien hoedat Egipte met plae geteister word totdat die hardste Farao-hart voor God se mag gesmelt het.
Meer as 150 mense is dood in ‘n blatante aanval met AK47’s en bomme in ‘n gegoede deel van Parys. Op Europese grondgebied. In ‘n belangrike vennoot van die Europese Unie.
Die beriggewing gebruik nie die woord “masjiengeweer” of “semi-outomatiese geweer” nie, maar verwys na AK47s. Vir Suid-Afrika en veral die Afrikaner is ‘n term soos “AK47” deel van die uitdrukking van weersin in terrorisme. Ons ken dit goed: die bosoorlog is teen AK47-toegeruste terroriste gevoer. Die wêreld se blaaie is nou vol van ‘n verskriklike aanval op weerlose mense. Volgens berigte is baie van hulle in ‘n konsertsaal van die galerye af koelbloedig met die AK47s afgemaai, en daar was verdere aanvalle in die Franse café-belynde strate in dieselfde omgewing, beide met die gewere en bomme.
Dr. D.F. Malan het by geleentheid gesê : Oor die pad van SA sal u ook moet trek, oor bergreeks en deur dorsland heen. Koers hoef u nie te vra nie. Dis daar. Sal u dit hou? Lig hoef u nie te ontbeer nie. Die fakkel met vaste voet oor honderd jaar gedra, word vir u in u hand geplaas. Sal u hom brandend hou?
Ons plaas hierdie toespraak van die leier van die AVP, wat in 2003 nog ‘n onderleierleier van die HNP was, om enersyds die aanslag op die eenheid van die Afrikanervolk wat vandag nog voortduur en andersyds die beginsel van nasionalisme wat die Afrikaner Volksparty onwrikbaar handhaaf en voortdra opnuut onder ons volksgenote se aandag te bring ten einde die voortdurende en planmatige verdeeldheid van die Afrikanervolk teë te werk.
Hoe langer daarin geslaag word om ons besig te hou met allerhande aksies wat die indruk wek dat daar in belang van die Afrikaner opgetree word, terwyl dit geen potensiaal het om ons weer vry en onafhanklik in beheer van ons Godgegewe erfenis te laat kom nie, hoe swakker is ons daaraan toe en hoe makliker word dit gemaak vir ons vyande om hulle greep te verstewig.
MEV. DEPAUW: "VLAAMS BELANG IS DIE ENIGSTE POLITIEKE PARTY WAT VIR VLAANDERE VEG".
Op 3 Augustus 2011 het ons 'n artikel gepubliseer oor mev. Gaby Depauw wat toe sedert 2005 raadslid was in die munisipaliteit van Burcht-Zwijndrecht. Dalk kan u nog herinner dat sy via Facebook geteiken was net om die feit dat sy Vlaams Belang lid was. Tans sal ons haar vrae vra oor haar tyd by Vlaams Blok en later by Vlaams Belang.