1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5916259

Besoekers aanlyn

Ons het 35 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Banier 3

Media

Noodtoestand in Frankryk en AK47’s

AK47 kleinMeer as 150 mense is dood in ‘n blatante aanval met AK47’s en bomme in ‘n gegoede deel van Parys. Op Europese grondgebied. In ‘n belangrike vennoot van die Europese Unie.

Die beriggewing  gebruik nie die woord “masjiengeweer” of “semi-outomatiese geweer” nie, maar verwys na AK47s. Vir Suid-Afrika en veral die Afrikaner is  ‘n term soos “AK47” deel van die uitdrukking van weersin in terrorisme. Ons ken dit goed: die bosoorlog is teen AK47-toegeruste terroriste gevoer. Die wêreld se blaaie is nou vol van ‘n verskriklike aanval op weerlose mense. Volgens berigte is baie van hulle in ‘n konsertsaal van die galerye af koelbloedig met die AK47s afgemaai, en daar was verdere aanvalle in die ­Franse café-belynde strate in dieselfde omgewing, beide met die gewere en bomme.

 

In Suid-Afrika loop Robert McBride vry rond, ‘n erkende bomplanter in ‘n gesinsrestaurant waar mense so vermoor is. Nelson Mandela het nooit geweld afgesweer nie. Die skoolboeke is te vol van die beeld van ‘n wyse vredemaker, ‘n simbool wat die toppunt geword het van die propaganda waarvolgens Suid-Afrika en die Afrikaner eintlik “gesoek het” vir die terroriste-aanvalle, wat in ‘n meer bekende voorval soos die Kerkstraatbom in 1983, waarin ses mense dood en tientalle beseer is, vergestalt het. In Pretoria, in die hoofstad, soos wat Frankryk nou beleef. Die skoolboeke verwys nie behoorlik na Operasie Mayibuye nie, wat – as die regering van die dag nie so suksesvol en doelgerig opgetree het met een van die briljantste intelligensie-operasies van die modern geskiedenis nie – en Mandela en makkers ordelik voor die hof gebring het nie, baie erger gevolge as gisteraand in Parys, Frankryk, sou gehad het. Daar word graag na Nelson Mandela se vryheidstoesprake verwys, maar oor die res van die Rivonia-verhoor is daar nie kennis nie; veral nie oor die lêers vol getuienis oor die operasie wat ‘n bloedbad in Suid-Afrika sou meegebring het nie, en waaroor hy tronk toe gestuur is: nie oor hy teen apartheid was nie, maar omdat hy aan die spits was van terroriste-aanvalle.

 

Mandela center his ANC comrade Robert Resha and his trainer Lt Gen Mohamed Lamari of Algeria right2

 

Dieselfde wêreld wat heeltyd geskimp het dat die Afrikaner, en eintlik die hele westerse deel van die Suid-Afrikaanse bevolking, die terroriste-aanvalle eintlik maar uitgelok het, en wat selfs die ANC gehelp en gesteun het, huil nou. Terroriste-aanvalle en koelbloedige moorde soos hierdie word ten sterkste veroordeel en betreur en die gewone bevolking van Frankryk het ons simpatie; maar die politici en heersers en liberale menseregte onnoseles wat meegewerk en druk uitgeoefen het om Suid-Afrika in die gemors in te dompel deur die oorgawe aan die ANC te bevorder, moet vir hulle kry. Hopelik leer hulle nou die les van die dwaasheid van menseregte en die siening dat die mens sy eie heil kan uitwerk sonder grense.

Daar mag ook meer krediet gegee word in wat ons ons kinders leer aan die bewusmakingsveldtogte en die paraatheid wat in die sewentigs en tagtigs van die vorige eeu daar was: ons was ‘n skerp volk wat die terroriste dekades lank weerhou het.

Ek het myself twee weke gelede uitgevang dat ek intuïtief krities na die vullishouers in ‘n mooi nuwe winkelsentrum kyk dat dit gevaarlik is omdat dit te hoog is en te toe is om te sien wat daarin is. Ons was opgeskerp dertig en veertig jaar gelede om te dink waar bomme dalk geplant kan wees, en het geweet waar in elke kantoorgebou die bomkombers en eerstehulpstel teen die muur gemonteer was; en baie kleiner en groter aanslae is stilweg afgeweer of die uitwerking daarvan letterlik gedemp, tot frustrasie van die terroriste. Ons skuld dit aan onsself en ons kinders om meer van die eietydse geskiedenis en Afrikaner-skerpte te leer.

Dis les wat die Europeërs nou op skrikwekkende wyse leer en die tekens dat die politieke modes begin verander, kan interessante gevolge vir Suid-Afrika hê. Ons moet flink wees in ons denke in ‘n wêreld waar dinge tans vinnig beweeg.

Dit moet onthou word dat afsonderlikheid of segregasie ‘n wêreldwye normaliteit was ‘n eeu of wat gelede. Die wêreld wat nie self in Afrika leef nie, kon egter nie in hulle gedagtes onderskeid maak tussen leef met ‘n kleiner element van ander volke saam nie, en die gevaar van getalle-oorheersing en Afrika-magsvergryp wat by ons die geval is nie. Toe die wêreld sy politieke modes aanpas vir menseregte en ontgrensing tussen volke in een land, kon hulle nie verstaan dat Suid-Afrika versigtiger daarmee moes omgaan nie; en terselfdertyd word dit toe ‘n handige middel om ‘n opkomende ekonomiese westerse mag onder Afrikanerbewind te beswadder en om hulle eie handelsbelange selfsugtig te beskerm.

Die interessante van vandag se nuus is wat dit aan die politieke mode gaan doen: die Europeërs het aanvanklik die migrante verwelkom, maar toe hulle sien hoeveel groter as in hulle naïewe denke die getalle is, hoe ‘n groot deel van die “vlugtelinge” eerder na goed-toegeruste jong werksoekers lyk, het ‘n teenpool se stem vinnig harder geword. Die uitwerking van die skrikwekkende onbeskaamde openbare aanval in Parys kan betekenisvolle gevolge vir die wêreld se denkwyse oor volke, grense, afsonderlikheid en so meer hê. Kom ons maak gereed om ons koppe op te tel en te dink hoe ons dit benut. Die sluit van grense in die Europese Unie was tot enkele maande gelede ‘n blote teoretiese begrip: dit word nou skielik werklikheid, met verskeie lande wat as gevolg van die “vlugtelinge” grensbeheer moes begin toepas, en nou Frankryk wat sy grense summier sluit.

Die droogte byt, die ekonomie is plat, ons land is vol geweld en onreg, en nou sien ons die wêreld is onveilig; maar watter volk is beter as die Afrikaner toegerus om juis in sulke omstandighede op te staan? Dis nou te sê as ons weer die reguit pad in die kerk kan vind om weer te leer hoe om die vierde strofe van Die Stem met opregtheid te kan sing.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie