Op 14 Junie 2015 hou die DA ‘n byeenkoms in die Jabulani Technical High School in Soweto waar Mmusi Maimane die DA se visie vir hulle sogenaamde nuwe 2029 veldtog voorlê.
Ten minste 8% ekonomiese groei, ‘n kabinet met slegs 15 ministers en die arrestasie en skuldigbevinding van korrupte regeringsamptenare as slegs enkele oogmerke om Suid Afrika op ‘n pad van toonaangewende vooruitgang te bring.
Geloofwaardig? Dit kom ten minste uit die mond van ‘n swart pastoor.
Slegs enkele maande later word Dianne Kholer Barnard haar DA lidmaatskap ontneem oor ‘n uitlating wat die ANC se dienslewering kritiseer in ‘n vergelyking met die ampstermyn van P.W. Botha.
Die Afrikanervolk het ʼn geskiedenis wat ryk is aan voorbeelde van voortreflike, intelligente en beginselvaste leiers. Daar was helaas ook die uitsonderings! In terugskouing was dit die eerstegenoemdes wat die Afrikanervolk tot hoë hoogtes gelei het. Wat ‘n swart, Kommunistiesbeheerde meerderheidsregime nou al vir meer as twintig jaar met hulle Afrikamentaliteit nie ten gronde kon rig nie, is dié wat in die ná era van Verwoerd gekom het en beginsel en beleid versaak het. Tenspyte daarvan is daar vele van hulle wat kommentaar te lewer het oor die eienskappe en kwaliteite al dan nie van verskeie van ons ontslape begaafde,uitstaande en volkstroue leiers.
1 Samuel 2:27-36
“…want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees.”
Sien u in hierdie gedeelte hoedat die almagtige God wat hemel en aarde geskape het, onderneem om aan die mens eer te bewys? Ja, Hy onderneem om diegene te eer wie Hom eer, maar weë diegene wie weier om Hom te erken en te eer.
Hierdie woorde van God val soos hammerslae op humanistiese- en individualistiese afgodsteologie. God stel die boodskap met hierdie woorde weereens onomwonde – Hy eis om geëer te word bo alles in ons lewens. Wanneer ons sê dat ons Hom moet eer bo alles, beteken dit letterlik bo enigiets wat ek besit en liefhet in my lewe, selfs bo my gesin en my familie.
Dit is dalk nodig dat ons vir ‘n oomblik stilraak by hierdie boodskap uit God se Woord om te besin tot watter mate Hy in ons volkshuishoudings geëer word. Ons lees dat in Eli se huishouding sake nie na God se wil verloop het nie en daarom het God vir Eli gewaarsku dat Hy ‘n einde aan sy huis gaan maak.
MNR. PETER FRANS KOOPS VAN DIE SPAKENBURGSE VRYHEIDSPARTY: "MOENIE DIE ISLAM FASILITEER DEUR HALAAL AAN TE BIED NIE. DIT IS MOS WATER OP DIE MEULE VIR MOSLEMS".
Ons het 'n insiggewende vraaggesprek in die Nederlands met mnr. Peter-Frans Koops, die oprigter van die Spakenburgse Vryheidsparty wat sedert 2009 in die munisipaliteit van Bunschoten sit. In 2010 het hulle vir die eerste keer deelgeneem aan die verkiesings vir die munisipaliteite. Die SVP baseer hul op die Bybelvers Matt 7:12
'Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete', en huldig die islam standpunte van sowel die Staatkundig Gereformeerde Party as die Party vir die Vryheid.
Hierdie Pan Afrikanistiese vryheidslied wat die okulte vereer, word deur die department van onderwys afgedwing op alle skole om gereeld gesing te word. Die politieke grondslag word duidelik in die verklaring van die Afrika Unie bevestig soos hieronder aangedui. Afrikaner ouers behoort hiervan kennis te neem en hulle as gelowiges te verset teen die blootstelling van ons kinders aan die ontkenning van die skepsel as God die Skepper se skepping in teenstelling met die verering van die son en die hemel en Afrika waaruit God weggelaat is.
Vir die blanke om homself te assosieer met Afrika as die fontein van kultuur, is om jouself te vereenselwig met ‘n kopdoek en stertriem en alles wat daarmee gepaard gaan!
THE AFRICAN UNION ANTHEM
Let us all unite and celebrate together
The victories won for our liberation
Let us dedicate ourselves to rise together
To defend our liberty and unity
O Sons and Daughters of Africa
Flesh of the Sun and Flesh of the Sky
Die afgelope “studente” se dryf om gratis universiteitopleiding af te dwing, het baie meer om die lyf as wat op die oppervlak sigbaar is!
Hierdie toegewing, het die geskiiedenis nou al by herhaling bewys, lei tot ‘n volgende eis en ‘n volgende toegewing, totdat die inisieerders hulle finale oogmerk bereik het. In hierdie geval die totale vernietiging van elke Afrikaner leerinstelling met taal en leerinhoud en onmoontlike omstandigheid vir elke blanke student van watter afkoms ookal.
Die be-oogde oorstroming van die universiteite deur swart studente sonder die nodige universiteitstoelatingsvereiste, wat ook deur betogings afgedwing sal word, gaan die nodige demografie daarstel vir welke aanpassing nodig gaan wees om transformasie volgens Afrikastandaard te bewerkstellig.
Johannes 14:1-31
“Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het.” (:24)
Kon enigeen van ons onsself as kinders indink dat ons met ons eie oë sou sien hoedat Jesus Christus selfs hier in ons vaderland, in ons eie kerke, verwerp en verag sou word soos wat die Jode van ouds Hom verag het? Dit is weliswaar nie lekker om te sien hoedat die wêreld feitlik waansinnig raak in hul ywer om God en Sy gebooie te probeer omverwerp nie. Hierdie optrede is egter nie veronderstel om as ‘n skok na die kinders van God te kom nie. “LAAT julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.” (:1). Jesus Christus het hierdie gebeure al tydens Sy lewe op aarde voorspel en die vervulling daarvan is ‘n bevestiging van Sy ondeurgrondelike en oneindigende wysheid.