Die finansiële “ineenstorting” wat wêreldwyd ‘n invloed gaan hê en waaroor elke ekonoom sy eie afleidings en voorspellings het, het die kragtigste politieke hefboom van ons tyd geword. Ons is reeds dekades, indien nie eeue reeds bekend met die term, “die geldmag”, sonder om regtig erns te maak met die betekenis daarvan.
Die effek wat die geldmag op ons betaalmiddel se waarde het, is meer as ooit in Suid Afrika voelbaar wanneer ingevoerde items aangekoop moet word of wanneer uitlanders eiendom en goedere in Suid Afrika bekom teen ‘n appel en ei!
Dat daar nou weer ‘n persepsie geskep word deur die “ineenstorting” van geldmarkte vir ‘n bepaalde doel, is ongetwyfeld. Dat dit ons finansieel moet raak is ook seker. Bestuur dus die bietjie wat u nog oor het met sorg en goeie oordeel! Lees die artikel hier onder en doen die moeite om van die ander ontledings ook te bekyk op KWN.
Uit ‘n berig in Ditsem Blits van Solidariteit onder die titel: Indiërs en bruinmense nou ook SEB-geteiken, moet die bedreiging wat Indiërs en Bruinmense nou in die gesig staar, nie alleen by die Swartes gesoek word nie maar eerder by hulle opportunisme toe hulle gekies het om téén die Afrikanervolk, saam met die liberaliste en ander vyande van die Afrikaner, die beginsel van afsonderlike ontwikkeling te beveg. Dit nadat dr. Verwoerd hulle in sy toespraak oor onafhanklikheid van die Transkei in 1963. hieroor gewaarsku het.
Ons plaas hierdie artikel van die leier van die Afrikaner Volksparty wat reeds in 2011 geskryf is om weer en opnuut aan te dui waarom ‘n veelrassige regering nie kan of sal slaag nie en opnuut bevestig word, nie net deur die Ditsem Blits berig nie, maar huidig demonstreer word deur wêreldgebeure.
Hierdie onderstaande onbevestigde berig het ek ontvang en hoewel ek nie die oorsprong of die datum kon vasstel nie, verwys ek tog daarna omdat dit nugter en feitelik korrek, goed inpas by wat ek te sê het.
Affirmative Action
"South Africa is the only country in the world where affirmative action is in the favour of the majority who has complete political control. The fact that the political majority requires affirmative action to protect them against a 9% minority group is testament to a complete failure on their part to build their own wealth making structures, such that their only solution is to take it from others."
London Times
Spreuke 3:1-33
“Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart,” (:3)
Ons kyk vandag na ‘n eienskap wat nog by baie min mense in die moderne samelewing te bespeur is, maar wat ontsettend welbehaaglik is voor God se aangesig. Die eienskap waarna ons gaan kyk, loop hand-aan-hand met liefde – wel, met opregte liefde. Hierdie eienskap is om getrou te wees en trou te bly.
Dit is nie alleen die Woord van God nie, maar ook die hele geskiedenis van die aarde wat getuig van die getrouheid van God. Ons dink byvoorbeeld daaraan dat God in trou elke dag die daeraad ontbied ten spyte van die wêreldbewoners se Goddelose lewenswandel. Ons onthou hoedat God duisende jare gelede vir Abraham beloof het om sy nageslag te maak soos die sterre van die hemel en die sand wat aan die seestrand is en ons huidige geslag kan getuig van Sy trou in hierdie verband. Ons onthou hoedat God duisende jare gelede vir Noag beloof het om nooit weer die aarde met ‘n vloedwater te oordek en te verwoes nie en sedertdien is daar nog nooit weer ‘n soortgelyke gebeurtenis in die geskiedenisboeke aangeteken nie.
The SAHRC would forward the report to different government departments and within a year's time, would like to bring out a statement regarding the status of their recommendations. Werklik??
Wat ‘n “ongelooflike” bydrae tot die bekamping van plaasmoorde in besonder en misdaad in Suid Afrika in die algemeen!
Die onvermoë van georganiseerde landbou om die heel belangrikste aspek van volhoubare voedselproduksie te verseker, nl. Om die veiligheid van hulle lede teen moord en misdaad te fasiliteer, lê aan die wortel van die 148 plaasaanvalle en 33 moorde sedert die begin van 2015. Titus se openlike ontkenning dat plaasmoorde rasgebaseerd is, is niks anders as “politieke korrektheid” en word die Suid Afrikaanse Menseregte Kommissie se ondersoek daardeur bevestig as net nog ‘n nuttelose oefening wat nog ‘n jaar koop vir die moordenaars, verkragters en diewe om na hartelus voort te gaan om die Boeregemeenskap te teister.
Geagte mnr. Roodt,
Laat my sommer ter aanvang die versekering gee dat hierdie brief aan u nie bedoel is om u te kritiseer nie maar bloot die bedoeling het om die Afrikaners, waarvan u ‘n gerespekteerde lid is en in Suid Afrika aan dieselfde omstandighede as u blootgestel is, perspektief te gee met die oog op die pad vorentoe. My skrywe is dus nie net aan u gerig nie maar soos wat u brief in die openbare media ten doel het om baie mense te bereik om uit hoofde van u ervaring rigting en leiding te gee, só is my bedoeling om uit ‘n politieke perspektief, waar ek van mening is dat u slotsom ten opsigte van u ervaring en die rigting wat u daaruit aan u teikengroep en derhalwe ook aan Afrikaners deurgee, kortskiet, aan te vul.
U Engelse brief van 12-08-2015 “I will not emigrate” het onder my aandag gekom. U skrywe in Engels aanvaar ek is omdat u waarskynlik ‘n bepaalde groter teikengroep as bloot die Afrikaner in gedagte het. Uit die trant van u brief maak ek die verdere afleiding dat u as u verwys na “everybody, everybody, na die bevolking van Suid Afrika verwys en nie na die Afrikanervolk nie
Lukas 2:1-7
“en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.” (:7)
Hy moes Sy oë oopmaak in ‘n wêreld waar daar geen plek vir Hom was nie. Ons leer in Génesis vir God ken waar Hy deur die Woord, Jesus Christus, alle dinge geskape het. Die heelal het dus deur Hom ontstaan en ons weet dat geen ding wat ontstaan het, of wat stand hou, sonder Hom ontstaan het of standhou nie. Daar is m.a.w. geen lewende organisme op hierdie aarde wat die gawe van lewe nie aan Hom te danke het nie. Die besluit wat in Génesis gemaak is, is egter ‘n besluit wat die mens vandag steeds moet maak – kies ek vir Hom of teen Hom. In die Paradys het die listige Satan vyandskap teen God veroorsaak en daardie stryd sal voortduur tot met die voleinding van die wêreld op God se bevel. Dit is egter noodwendig ‘n vereiste dat ‘n mens sal kies of jy in onderdanigheid aan Hom sal wil leef as Sy kind, en of jy in vyandskap sal probeer wegkom van God af en gedurigdeur probeer om Sy bande van jou af te ruk om “vry te kom” van Sy verordeninge. (Verw. na Ps. 2).
Kom geniet saam met die AVP hierdie kostelike “bekwaamheid” en lag ‘n slaggie uit die hart uit. Indien u ‘n ou dokter is wat onbekend is met die nuwe terme in gebruik in sommige hospitale, stel ek voor dat u eers medikasie neem vir lagverstoring alvorens u trag om onderstaande pasiënte se mediese, (en ander) toestande te evalueer.
Ten einde nie tegnologies te vêr agter te raak nie, sal ons dit ook op prys stel indien enige van die moderne mediese tegnici ‘n aanduiding kan gee van hoe die instrument lyk wat ‘n skildklier van rektale kant kan ondersoek.
Subject: Writings in a register at a hospital in South Africa. (I've not seen these before, so it's not a re-send.)
Date: 10 August 2015 11:33:10 am AWST Actual writings in Mpumalanga Hospital Register