1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7508742

Besoekers aanlyn

Ons het 18 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

MY WEG OF SY WEG?

BybelJona 1:1-17

Ons vorige boodskap het gehandel oor die lewe van ‘n wedergebore kind van God en of jy waarlik vir God ken of dalk maar net van Hom weet?  Die vraag wat hier duidelik na vore gekom het, was of ek my eie sondige mens afgesterf het om plek te maak vir die mens wat onder Christus se gesag in sy lewe staan om met Hom te wandel.  Is Hy m.a.w. die Een wat die rigting van my lewe bepaal?

Ons lees in vers 2 van die gelese gedeelte hoedat God vir Jona ‘n uitdruklike instruksie met die nodige aanwysings gee waarlangs Hy hom wil stuur.  Ons lees egter in die volgende vers hoedat Jona doelbewus kies om sy eie koers in te slaan en nie die pad wat God vir Hom aangewys het nie.  Dit is vir ons as gelowiges (wat bekend is met die hele vertelling van Jona) baie maklik om in retrospek te reken dat Jona baie dwaas opgetree het.  Ons kan selfs vir Jona veroordeel as ‘n selfsugtige persoon weens die feit dat hy soveel ander mense se lewens in gevaar gestel het met sy roekelose optrede.

Lees verder...

LEEF EK MET CHRISTUS?

BybelTitus 2:11-3:11

“Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het – nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser; sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.” (:4-7).

Ons leef in ‘n samelewing waarin mense amper verleer het om verantwoordelikheid vir hul eie optrede te aanvaar.  Mense sal alewig verskonings en verwyte kan uitdink oor waarom hulle in slegte omstandighede verkeer, maar weinig sal erken dat dit menigmaal as ‘n gevolg van hul eie verkeerde optrede en/of besluite is.  Dit is makliker om die verskoning van moeilike kinderomstandighede te gebruik om ‘n lewe van verslawing te probeer regverdig as wat dit is om daarteen te veg en die mag van die bose te oorwin.  Dit is maklik om alewig kollegas en werkgewers te blameer vir jou finansiële verknorsing terwyl jy gedurig na geleentheid soek om nie deur harde arbeid jou brood te verdien nie.

Lees verder...

WAAR PAS HY IN MY LEWE IN?

BybelLukas 2:1-7

“en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.” (:7)

Hy moes Sy oë oopmaak in ‘n wêreld waar daar geen plek vir Hom was nie.  Ons leer in Génesis vir God ken waar Hy deur die Woord, Jesus Christus, alle dinge geskape het.  Die heelal het dus deur Hom ontstaan en ons weet dat geen ding wat ontstaan het, of wat stand hou, sonder Hom ontstaan het of standhou nie.  Daar is m.a.w. geen lewende organisme op hierdie aarde wat die gawe van lewe nie aan Hom te danke het nie.  Die besluit wat in Génesis gemaak is, is egter ‘n besluit wat die mens vandag steeds moet maak – kies ek vir Hom of teen Hom.  In die Paradys het die listige Satan vyandskap teen God veroorsaak en daardie stryd sal voortduur tot met die voleinding van die wêreld op God se bevel.  Dit is egter noodwendig ‘n vereiste dat ‘n mens sal kies of jy in onderdanigheid aan Hom sal wil leef as Sy kind, en of jy in vyandskap sal probeer wegkom van God af en gedurigdeur probeer om Sy bande van jou af te ruk om “vry te kom” van Sy verordeninge.  (Verw. na Ps. 2).

Lees verder...

BLY GETROU

BybelSpreuke 3:1-33

“Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart,” (:3)

Ons kyk vandag na ‘n eienskap wat nog by baie min mense in die moderne samelewing te bespeur is, maar wat ontsettend welbehaaglik is voor God se aangesig.  Die eienskap waarna ons gaan kyk, loop hand-aan-hand met liefde – wel, met opregte liefde.  Hierdie eienskap is om getrou te wees en trou te bly.

Dit is nie alleen die Woord van God nie, maar ook die hele geskiedenis van die aarde wat getuig van die getrouheid van God.  Ons dink byvoorbeeld daaraan dat God in trou elke dag die daeraad ontbied ten spyte van die wêreldbewoners se Goddelose lewenswandel.  Ons onthou hoedat God duisende jare gelede vir Abraham beloof het om sy nageslag te maak soos die sterre van die hemel en die sand wat aan die seestrand is en ons huidige geslag kan getuig van Sy trou in hierdie verband.  Ons onthou hoedat God duisende jare gelede vir Noag beloof het om nooit weer die aarde met ‘n vloedwater te oordek en te verwoes nie en sedertdien is daar nog nooit weer ‘n soortgelyke gebeurtenis in die geskiedenisboeke aangeteken nie.

Lees verder...

HOE STAAN ONS VOOR HOM?

BybelKol. 1:3-23

“sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei,”  (:10)

“Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel;”(:21&22).

Ek wonder vir hoeveel mense is dit nog belangrik om hulself waardiglik voor die Here te gedra – oftewel waardiglik voor Hom te wandel?  Mense mat hulself af om te ywer om groter besighede te bou, die nuutste motors  aan te skaf en kinders te dryf om die hoogste prestasies te behaal sodat hul tog goed kan vertoon voor ander mense.  Dit is juis hierdie gesindheid wat mense van ‘n gerusstellende vrede ontneem en veroorsaak dat mense verstrik raak in die najaag van die begeerlikhede van die vlees terwyl die geestelike lewe feitlik doodgaan.

Lees verder...

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie