Terwyl daar by weinig, indien enige gelowige twyfel bestaan dat ons in die laaste fase van die Skepping leef en die voorspelde tekens van gruwelike verval, tekens van oorloë, aardbewings, ens. In oormaat sigbaar is, is dit juis in die sogenaamde Christenlande waar die afvalligheid hand-oor-hand toeneem.
Die omstrede besluit in Amerika om dieselfde geslag huwelike te wettig, het nie alleen in Suid Afrika die moderator van die NG-Kerk daarvoor laat standpunt inneem nie maar ook in Australië het die leier van die opposisie, Bill Shorten in sy verkiesingskampanje die Australiese president, Tony Abbot daarvan beskuldig dat hy Australië kortwiek deur aan die verlede vas te klou.
Die aantal ure wat in debatte spandeer word om mekaar daarvoor of daarteen te oorreed is eenvoudig verstommend. Die mate van minagting wat hierdeur openbaar word vir God en Sy gebod, om veel eerder die goedkeuring van die mens te werf vir iets wat spesifiek deur God verbied word, is vergelykbaar met die toestand voor Noag opdrag van God ontvang het om die ark te bou.

UTRECHTSE FAKSIEVOORSITTER VAN DIE PARTY VIR DIE VRYHEID MNR. RENE DERCKSEN: "ONS BLY ONS VERSET TEEN DIE ISLAMISERING".
Ons het 'n baie interessante vraaggesprek met mnr. René Dercksen wat behalwe senator vir die Eerste Kamer, Statenlid is in die stad Utrecht. Op Dinsdag 28 Julie het die Moslemse Stigting Tasmim misleidende reklame op plekke in hierdie stad geplak om sg. die beeld van die islam ideologie glo te verbeter. Hierdie was in sleg Nederlands opgestel.
Die Party vir die Vryheid het vinnig gereageer deur plakkate met tekste uit die koran te plaas om op daardie wyse die islam as 'religie van vrede' te ontmasker.
"Meneer Dercksen zou u alstublieft eerst iets over u zelf willen vertellen zodat de lezers een goed beeld hebben van wie u bent en wat u doet?"
Apartheid wat niks anders was as om volke die reg te gun om hulleself te wees sonder die negatiewe invloed van vreemde kulture, word al hoe meer wêreldwyd toegepas.
Wat interessant is, is welke volke nou sterk standpunt inneem om konflik en konfrontasie te probeer vermy as gevolg van toenemende integrasie.
Die druk wat op Suid Afrika aangelê was het die deure vir toestroming deur volksvreemdes na daardie lande oopgemaak wat Suid Afrika onder druk geplaas en/of die afskaffing van afsonderlike ontwikkeling ondersteun het. Volksvreemde oorheersing word nou ‘n wesentlike bedreiging sodat allerhande maatreëls getref moet word om die inheemse aard en identiteit van inheemse volke te beskerm. Die politieke vêrsig en skranderheid van voormalige Blanke Afrikanerleiers sal hoe langer hoe meer erkenning kry namate die immigrante se eise vir gelykheid en burgerskap toeneem. Lees gerus die artikels hieronder. (Die AVP plaas die artikels in die taal waarin dit ontvang is vir die voor-die-handliggende waarde daarvan. Die beklemtoning dui op die korrektheid van ons standpunt.)
Czech president tells migrants: 'No-one invited you'
2015-08-02 19:18
Milos Zeman. (File, AFP)
Czech centre-left leader new PM
Prague - Czech President Milos Zeman lashed out at illegal immigrants on Sunday after dozens tried to flee a detention centre, prompting police to use tear gas against the demonstrators.
"No one invited you here. But now you are here, you must respect our rules, as we respect the rules when we go to your country," he said in an interview published on the website of popular newspaper Blesk. "If you don't like it, then leave."
Ek sit en prewel saggies “soos ons vadere vertrou het” terwyl my oog val op ‘n half-opgerolde Republiekvlaggie wat op die kant van my lessenaar lê.
Ek peins oor die lewe wat nog in ons volk oor is. Ek wonder in hoeveel volksgenote se huise is daar nog simboliek van ons volkie se roemryke en heldhaftige geskiedenis? Ek wonder in hoeveel volksgenote se huise is daar nog plek vir die huisaltaar – is daar nog plek vir God se gesag. Ek wonder in hoeveel van ons volkshuishoudings is Hy nog welkom? Ek wonder in hoeveel volksgenote se harte is die vryheidsug soos ‘n bruisende storm om hul geloofsvryheid te mag handhaaf, te behou vir opkomende geslagte en op ‘n daaglikse basis uit te leef? Ek wonder hoeveel volksgenote nog bereid is om te stry vir die behoud van laasgenoemde volgens die opdrag van Judas:3: “GELIEFDES, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.”
Daar is ‘n alombekende spreekwoord wat lui: “As jy nie bereid is om vir iets te sterf nie, het jy niks om voor te leef nie.” Hierdie stelling is nie alleen van toepassing op individue nie, maar soveel te meer op volkere.
My gedagtes neem my terug met ‘n arendsvlug deur die geskiedenis van die Afrikanervolk. Gelowige Christene wat vlug uit Europa om teregstelling weens hul geloof in Jesus Christus te ontvlug en gevestig word aan die Suidpunt van Afrika waar hulle hul geloof verder kon uitleef. Hierdie was mense wat nie in die stilligheid hul geloof in die geheim wou beoefen nie, maar juis hul geloof wou leef! Al sou dit beteken dat hierdie mense huid-en-haard moes agterlaat ten einde hul gelowige lewenswyse te handhaaf, was selfs hierdie prys nie te hoog om te betaal nie.
Ek dink hoedat ‘n volk die vreemde-in moes trek ter behoud van hul geloofsvryheid. Ek dink hoedat suksesvolle plase, familiebande en kinderlewens op die altaar geplaas moes word ten einde geloofvryheid as ‘n lewenswyse vir opkomende geslagte te verseker. Ek dink hoedat dure offers by Wenen, Slagtersnek en Bloukrans gebring is – van hierdie offers wat kleine kindertjies se lewens gekos het en ek wonder of die ouers wat hierdie offers moes bring ook gehoop het op die belofte van ‘n talryke nageslag in ‘n vrye land? Is daar enigiets anders as geloof, hoop en liefde wat ‘n mens kan oorhaal om sulke dure offers te betaal?
My gedagtes slaan ankers vas by ‘n donker dag toe die mag van die duisternis gedreig het om hierdie lewendige volkie te oorweldig.
Wat ‘n verskrikking vir die naïewe liberale politici en hulle navolgers in Suid Afrika, wat met Mikhail Sergeyevich Gorbachev van Rusland se Glasnost en Perestroika in 1986 en feitlik gelyktydig F.W. de Klerk se hervormingsbeleid in Suid Afrika om die “demokrasie “ te vestig wat ons dan kwansuis nooit gehad het nie, nou deur die katastrofale gevolge daarvan gekonfronteer te word!
Kommunisme is dood was hulle slagkreet. So asof die stryd tussen lig en duisternis sy einde bereik het, is die een na die ander volksontroue se lof besing vir die “grootse” bydrae tot die lankverwagte democracy wat nou oor ons neergedaal het. Die teenhang van apartheid wat ‘n einde sou bring aan die “onderdrukking”, “rassisme”, “verontregting” en “diskriminasie” teen die nie-blankes in Suid Afrika is gevestig. Utopia is in sig!
Met integrasie wat op diaboliese, verraderlike en geheime geknoei agter die skerms in 1994 tot stand gekom het, moes die pad nou oop wees na gelykheid, vryheid en broederskap, vrede en voorspoed vir almal. Wat ‘n ontnugtering om te moet sien dat instede van gelykheid, ongelykheid, in plaas van vryheid, beperking en in die plek van broederskap, verskerpte vyandskap ontstaan het. Dat vrede met onverdraagsaamheid vervang is en dat voorspoed vir almal, slegs sommige insluit, solank as wat daar nog iets daarvan oorbly.
Nadat Boraine en genote die Nuwe Suid Afrika tot stand help bring het met ‘n uiterste geknoei agter die skerms, soek hulle nou “nuwe leiers”! Wat het dan nou fout gegaan met die “wonderlike” gelykheidsinisiatief van hulle?
“Hy het absolute konsistensie geopenbaar. Die gierigheid, die korrupsie, die gepeuter met die regstaatbeginsel en die gebrek aan respek vir die Grondwet het hom naar gemaak. Van Zyl moes eens aanskou hoe sy beginsels deur die NP vertrap word, en nou het dieselfde jammerlike verhaal voor hom afgespeel. Hy was gefrustreerd, hartseer en kwaad, aldus Boraine.
Om sulke kaf voor ‘n klompie studente kwyt te raak is behalwe dat dit opvoedkundig uiters nadelig is, ook ‘n spul leuens. Daar is niks in dié jammerlike verhaal van verraderlikheid wat as beginsels beskou kan word nie. Alles waaroor Frederik van Zyl Slabbert gefrustreerd, hartseer en kwaad geword het, is in vooruitsig gestel sedert 1948, indien die “beginsels” waarna Boraine verwys en wat reeds in Sir de Villiers Graaf se VP-Party die beleid was, eendag in Suid Afrika sou slaag, het Afrikanerleiers gewaarsku!
Wat meer is, toe die inligting van die Idasa Komplot deur wyle mnr. Jaap Marais aan die lig gebring is, is dit heftig ontken en is hy beswadder as leuenaar. Hulle was egter nie een bereid om saam met hom op ‘n verhoog te verskyn in debat nie! Die voorspelde gevolge is nou besig om hulle vinnig in te haal en hulle deelname aan die verraad te bevestig!(AVP)
Die artikel hier onder het in die nuus van die US verskyn.