1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4387956

Besoekers aanlyn

Ons het 74 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIE “ONTSLAG” VAN NHLANHLA NENE

Nhlanhla Nene PION van die geldmagDie kastige “verswakking” van die rand teenoor ander betaalmiddels na die skielike afdanking van die minister van finansies, is niks anders as ‘n verskerpte ekonomiese aanslag op Suid Afrika nie.

In die eerste plek is Nene bloot verskuif om elders ontplooi te word en ‘n Afrikaanssprekende ANC kader in sy plek aangestel wat net so min aan die land se ekonomie sal kan verander as enige iemand voor hom! Hoe op die aarde kan daar groei en stabiliteit bereik word met ‘n spul diewe en rowers wat boonop onbevoeg, lui en onverantwoordelik is en waarvan die president die voorbeeld is?

Wat egter belangriker is, is die internasionale bohaai oor Nene se verplasing. Dit dui onmiddellik op ‘n ingryping in die planne van die geldmag waarvan Nene waarskynlik ‘n pion was.

In die Financial Times, (World Business Newspaper) Middle East, skryf Andrew England van Johannesburg dat Nene “a respected technocrat is” en dat Zuma met die streep van ‘n pen die swaarverdiende reputasie van die ANC om ‘n gesonde ekonomiese bestuur te hanhaaf, te ondergrawe.

England sê verder in die artikel dat sedert Zuma ses jaar gelede die leisels in sy hande het steier hy van een krisis en skandaal na die ander, maar sê hy, die persepsie het bly bestaan dat daar twee terreine was wat veels te belangrik was om in die moeras ingesleep te word! Hierdie twee terreine waarna hy verwys is die Reserwe Bank en die tesourie wat albei beskou word as hoogs geloofwaardig en goed bestuur.

Dit is hier waar die geldmag se onderrok vêr uithang! Van Saddam Hoessein tot by Gadaffi se vermoording en die onmiddellike vestiging van internasionale beheer van daardie lande se finansies deur Reserwe banke daar te vestig, is dit duidelik dat soos in Suid Afrika waar die reserwe bank deur Jan Smuts gevestig is en sedertdien nog altyd ‘n invloed oor die waarde van ons betaalmiddel gehad het, is dit hulle grootste bekommernis.

Indien die reserwebank en die tesourie in verkeerde hande val, sal dit vir die internasionale geldmag katastrofaal wees en vandaar die histerie. Zuma se optrede is waarskynlik nie in lyn met hulle beplanning nie en alles moontlik moontlik moet gedoen word om hulle belange te beskerm selfs al sou dit hom sy lewe kos.

Interressant dat Stephen Goodson, voormalige direkteur van die Suid Afrikaanse Reserwe bank bevind het dat die direkteure en president van die reserwe bank in sy tyd, ewe min van finansies weet. Tog word hulle deur Andrew England besing as bekwaam en betroubaar. Waarskynlik omdat hulle met die hand uitgesoek word om die “politiekkorrekte” rol te kan speel in die verdeling van die land se rykdom na waar die geldmag dit wil hê.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie