Dit is tog interessant hoe die winde van verandering kan waai waar hy wil en wanneer hy wil. Toe Cameron weier om Zuma persoonlik te woord te staan, besluit Zuma dat hy ‘n staatshoof is en nie sommerso afgewys kan word nie. A Nee A! Dan sal hy nie die beraad in Engeland waar hy die hoofspreker sou wees, bywoon nie! Die koningin ontvang hom dan!! Wie is Cameron nou eintlik? Die Afrikanergeskiedenis is ryk aan epogmakende gebeure waar beide Zoeloes en Britte in slagorde teen die Afrikaner opgestel was. Waar hulle selfs saamgewerk het om die Afrikanervolk aan die Britte onderwerp te probeer kry. Waar hulle sedert 1994 daarin geslaag het om met die gemeenskaplikheid van die Kommunisme, met ander swart rasse saam die Engelse se dienstige lakeiregime geword het waaronder die Afrikanervolk nou gebuk moet gaan. Sedert Harold McMillan se “Winds of Change” het die winde nou ons twee eertydse vyande oorhoops met mekaar. Soos wat die wind aanhou waai, kan daar nog etlike politieke kinkels in beide van hierdie twee Afrikanervyandige karakters se kabels ontstaan wat selfs sonder ons toedoen, vir ons vryheidstryd voordelig kan wees. As apartheid nie in Zuma se beoordeling van die Cameron optrede figureer nie, dan sal die AVP uiters verbaas wees! Intussen: “Daar’s ‘n wind wat waai, soos hy nou daar waai!”
Jacob Zuma throws a royal tantrum
Carien du Plessis @City_Press 26 October 2014 15:00
President Jacob Zuma and Queen Elizabeth at a state banquet at Buckingham Palace in 2010. On Friday, the presidency said Zuma would no longer attend the 3rd annual innovaBRICS conference in London. Picture: AP
Hebreërs 12:1-29
Die samelewing van ons tyd is so belas met die dinge van die wêreld wat geen heil inhou nie, maar steeds sleep mense hierdie laste saam. Die las van die gejaag na geld, die las om mense te probeer behaag, die las om deur my vriende aanvaar te word, daardie dinge wat eintlik ‘n las vir my word, omdat ek nie meer myself kan wees nie, want ek moet my eie karakter en beginsels prysgee om daardie las te kan saamdra. Nou wonder ons waarom daar soveel hartseer en ongelukkigheid in die wêreld is?In vers 1 van die gelese gedeelte word ons opnuut uitgenooi om die las en sonde wat ons so maklik omring af te lê om sodoende die wedloop van die lewe met volharding te kan voltooi. Ons moet die wedloop van ons lewe m.a.w. aflê as ‘n wedloop/lewe vir Christus met ons oog gevestig op ons Leidsman en nie op die aarde en verganklike dinge wat ons so maklik omring en verlei nie. Ons moet onthou dat ons op aarde geplaas is om God te dien – ons is atlete in sy wedloop en daarom moet dit vir ons gaan om Sy eer en om Hom diensbaar te wees. Hy is die Leidsman en Voleinder van die geloof en ons moet Hom gedurig in ons wedloop op aarde navolg. Onthou, Hy het die wedloop alreeds voltooi en sit aan die regterhand van God – Hy ken die weg daarheen die beste en daarom kan ons Hom ten volle vertrou om ons op die regte pad te lei. Hy is immers die enigste weg na ewige saligheid.
Dat politiek die gewone gang van sake kan dikteer word duidelik in Amerika demonstreer. Dit is waarom Christelik-nasionale beleidsbenadering vir ‘n gelowige volk onontbeerlik is. Dit bepaal die reg, die onderwys en ook tersiêre grondslag wat identiteit en kultuur sowel as die standaard van die akademie in stand hou, die geloofsgrondslag, sedes, morele waardes en standaarde beskerm, bewaar en bevorder en die vyande daarvan beheer en op hulle plek hou. By gebrek daaraan word die vyand van die Christelike-nasionalisme bemagtig om vanuit gesagsposisies deur middel van die politiek, wette te maak wat selfs die geloof begin dikteer. Hierdie onderstaande twee berigte van gebeure in Amerika behoort vir Afrikaners rooiligte te laat flikker oor die stelsel wat de Klerk en genote op ons losgelaat het!
CITY OF HOUSTON DEMANDS PASTORS TURN OVER SERMONS
Op 10 Oktober 2014 het die AVP sy sesde jaarkongres by Fort Skanskop gehou, met as tema: "‘n OORLOG SONDER KOEËLS” Om die kongres af te sluit het ons gereël dat daar ‘n simboliese kanonskoot afgevuur sal word wat ons tema vir die volgende jaar ingelui het. Met die goedgunstige samewerking van die monumente komitee, was dit ‘n swanger oomblik, gelaai met emosie opgebou uit die ontleding en riglyne van die betrokke sprekers en is dit deur mev. Veronica van Rooyen vasgevang in ‘n puik foto met ongeëwenaarde tydsberekening.
SACSIS – the South African Civil Society Information Service, wat daarop gerig is om as nie-winsgewende nuusagentskap kommentaar wat gerig is op die bevordering van sosiale geregtig heid te publiseer. Is juis ook een van die voorstanders van die verwydering van apartheid en deelnemers aan die proses van transformasie, wat nou kerm omdat slegs een uit elke vier Suid Afrikaners honger gaan slaap! Instede van sosiale geregtigheid was en is hulle deelnemers aan juis die vernietiging daarvan met die skepping van totale toekomstige hongersnood in Suid Afrika as maar een van die gevolge van hulle soort geregtigheid! Dit het tyd geword dat die Afrikanervolk ontslae raak van hierdie breinlose rugryers wat die mening toegedaan is dat alles reg gepraat kan word! Sosiale geregtigheid onder ‘n onbevoegde, Swart Kommunistiesbeheerde regime is nie haalbaar nie en is wêreldwyd oor en oor bewys met akklamasie op die afgelope 21 jaar van hulle beheer in Suid Afrika! Die skepping en/of ondersteuning van ‘n stelsel wat géén potensiaal het om geregtigheid te vestig of te bevorder nie, maar net onreg en konflik gesteun deur rassespanning, maak jou aandadig aan die ongeregtigheid van hongersnood, wetteloosheid, moord, verkragting en elke ander verwerplike praktyk wat daardeur bevorder word. SACSIS moet maar daarvan kennis neem dat géén gepraat dit sal regmaak wat hulle gehelp het om ongeregtigheid te laat seëvier nie! Onderstaande is enkele van SACSIS se standpunte:
‘n OORLOG SONDER KOEËLS
INLEIDING
Dit was mnr. Jaap Marais wat gesê het dat politiek ‘n oorlog sonder koeëls is. Hy het verder ook gesê dat politiek die kroonrat van ‘n samelewing is. Politiek is in die volkshuishouding en veral in die vorming en beheer van die maatskaplike orde, onontbeerlik. Individue, organisasies en bewegings het oor ’n lang termyn die Afrikanervolk polities ondergrawe en hoewel ons skade gely het aan nasionalisme, was dit die politieke leiers wat ons volk uiteindelik polities ontman het en is dit die politiek van die dag wat besig is om ons en alles om ons te vernietig! Dit is tog die politieke terrein waarop die volk se stryd om sy lewensbelang besleg word. U het langs dié weg, waar daar uit eie geledere sonder koeëls téén Afrikanerbelange gewerk is deur die Afrikanervyandige oogmerke van ons vyande te bevorder, beleef hoe die De Klerk-regering se politieke verraad as gevolg daarvan kon slaag en die kroonrat se tande gestroop het! Met daardie veldslag teen ons gewen, moet ons nou besin. Was hulle reg en ons verkeerd. Moet ons nou aanvaar dat ons heil lê in die saamwerk om ‘n reënboognasie te wees, ‘n identiteitversakende Suid Afrikaner word? Sou ons kon saamstem met die res van die wêreld dat afsonderlikheid onbybels en rassisties is? Was dit die Afrikanervolk se roeping om die land na eeue van beskawingstryd, met ander en veral ongelowige en onbeskaafde barbaarse swart volke te deel op gelyke vlak en alles wat ons voorsate opgebou het toe te vertrou aan die noodwendige swart meerderheid se politieke onvermoë?
Psalm 66:1-20
Vers 1 van die gelese gedeelte lui “…Juig tot eer van God, o ganse aarde!” Dit klink só wonderlik, dog so onwaarskynlik in die tydsbestek waarin ons leef. Hoe kan die hele aarde tot die eer van God juig indien hulle Hom nie ken nie? Hoeveel mense en volkere leef van so ‘n aard dat God se Naam daardeur verheerlik kan word? Ons was en is veronderstel om so ‘n volk te wees – ‘n volk aan Hom verbind met ‘n Gelofte om in trou voor Hom te leef. ‘n Volk wat op so ‘n wyse leef, dat Sy Naam daardeur verheerlik sou word en dat ons tot Sy eer kon juig. Wanneer ons egter na ons volk op die volkereverhoog kyk, faal ons klaaglik in hierdie roeping. Dit is egter onteenseglik waar dat daar volksgenote is wat besef dat ons heeltemal te ver gevorder het op die dwaalweg van ons God af en dat ons moet terugkeer na Hom. Dit is geen maklike koers om in te slaan nie, aangesien dit ‘n stryd stroom-op is waarin mense begeesterd in die teenoorgestelde rigting voorbeur. Die stryd terug na God en na Sy weë voel soms so lank en vermoeiend dat dit vir ons voel dat ons nooit weer daar sal uitkom nie.