1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4447922

Besoekers aanlyn

Ons het 27 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

Wie sit agter Julius Malema? En waarom?

 

Malema wie sit agter homTerwyl die publiek hulle blykbaar verlekker in die manewales van die hanswors Julius Malema, en veral die feit dat hy vir Jacob Zuma 'n steen des aanstoots geword het, word die situasie in Suid-Afrika al meer plofbaar en kan die "beheerde chaos" dalk eersdaags totaal onbeheerbaar word.

Die vraag is egter: Hoe was dit moontlik dat iemand met so 'n agtergrond soos Malema, en wat vir alle praktiese doeleindes die einde van sy politieke loopbaan bereik het toe die ANC hom die rug gekeer het, nou skielik soveel aanhang kan geniet? En dit terwyl die ANC-regime, op die oog af, min daaromtrent kan doen?

Die antwoord is baie duidelik dat 'n ander mag agter Malema sit. Hyself het nie die politieke, finansiële en intellektuele vermoë om 'n duik te maak aan die politieke landskap nie. Maar die magte agter hom het wel. Feit is dat die Amerikaanse geldmagte Malema finansier én met 'n doel: Hy moet die chaos aanwakker wat die VSA graag in elke land van die wêreld wil implimenteer. Die VSA het reeds grootliks geslaag om die Midde-Ooste te destabiliseer (met net Rusland wat nog in sy pad staan), maar sy agenda sluit Afrika ook in soos Soedan, Libië en talle ander Afrikastate die bewys van is. Suid-Afrika is nie uitgesluit hiervan nie.

Die feit dat die ANC die beheer oor die land moes oorneem, was net deel van die Amerikaanse agenda. Maar om te keer dat die ANC nie te astrant word en sy eie agenda begin volg nie, soos Zuma veral gedreig het om te doen (veral met sy voorgenome Russiese en Chinese bande), moes 'n teenvoeter vir die ANC daargestel word. Malema was die ideale kandidaat. Waar die ANC se agenda vir Blanke verontregting deur die geldmagte beheer word en uiteraard met verdrag (eerder as drasties) geïmplimenteer moet word om die Blankes te sus, kom Malema nou en eis drastiese en onmiddellike stappe en saai ontwrigting en verwoesting sover hy gaan. Inmiddels word hy selfs na London genooi om sakemanne en politici daar toe te spreek! Verbeel jou Suid-Afrikaanse sakemanne nooi 'n Britse skurk om ons hier te kom vermaak oor die chaos wat hy in Brittanje aanrig?! So-iets is net ondenkbaar en sal lei tot allerlei dreigemente van sanksies, ensomeer. Maar as die geldmagte die situasie beheer, is dit uiteraard aanvaarbaar.

En nou verkondig Malema wat die ANC eintlik graag wíl doen, maar omdat die VSA die ANC-agenda beheer, is die ANC aan bande gelê. Die ANC se grootste probleem is dat die IMF sy kraan enige dag kan toedraai. Die nomenklatura — die betaalde amptenary— in die ANC (wat blykbaar reeds oor die 6 miljoen tel) het lankal van die "struggle" vergeet en hulle stryd is nou om ten alle koste hulle posisies, salarisse, huise en karre te behou. Plus natuurlik die "shopping spree" waarop hulle weekliks gaan! Intussen bewys hulle lippediens aan die ellendige toestand waarin meeste van hulle landgenote verkeer. Malema weet dit baie goed want hy was in dieselfde bootjie toe hy in die ANC was. Duidelik is geld steeds nie vir Malema 'n probleem gesien sy uitspattige kleredrag, duur horlosies en ander bykomstighede nie.

Die grootste bewys dat die ANC beheer word deur die IMF en die Amerikaanse geldmagte was juis toe Zuma moes terugkrabbel oor die afdanking en aanstelling van 'n nuwe minister van finansies. Die ANC kan duidelik maak wat hy wil as dit by baie ander sake kom (soos om Blankes te verontreg), maar het geen sê as dit by finansies en veral die ekonomie van die land kom nie.

Die EFF en Malema se rol is om sake deurentyd so moeilik as moontlik vir die ANC te maak en die gekniehalterde posisie van die ANC — daargestel deur die geldmagte — te bestendig en te vergerger. Zuma besef dit baie goed, maar omdat hyself ook beheer word, durf hy niks sê nie. Die gevolg is 'n politieke party wat ontman is en nie in staat is om die land te regeer nie; al sou hy ook probeer. En dit is presies wat die VSA ten doel stel. Die werklike agenda van die Amerikaanse geldmagte vir ons land vereis 'n aparte artikel vir diegene wat oningelig is daaroor. Dat dit alles behalwe rooskleurig is, kan in klip uitgekap word.

Nou moet ons weer (dis mos verkiesingstyd!) almal agter die pastoortjie van die DA aanhardloop. Ons moet klaarblyklik wysgemaak word dat "redelike Swartes" glo in groot getalle vir die DA gaan begin stem. Hierdie wolhaarstorie word al jare verkondig en steeds stem meer as 60% van die Swartes elke keer vir die ANC. Daarbenewens het dr Corné Mulder die spyker op die kop geslaan toe hy onlangs gestel het dat chaos die land se voorland is as die ANC uitgestem sou word. Die chaos sal natuurlik nie meer die beheerde chaos van nou wees nie, maar grootliks onbeheerd. Die publiek is soos skape wat ter slagting gelei word — met die verskil dat hulle blykbaar opgewonde is daaroor!

Wat ons nodig het in hierdie land is dat mense die twak wat die Amerikaans-beheerde media elke dag aan hulle opdis, deeglik sal ontleed en ophou gryp na strooihalms. Daar is talle alternatiewe bronne wat geraadpleeg kan word op die internet. Ons Blankes is uitgelewer deur die Amerikaanse geldmagte aan die ANC om ons met 'n grondwet te troos wat op die kort- en langtermyn niks vir ons beteken nie. Om alewig te wil dink dat die grondwet ons moet en sal beskerm, is uiters naiëf. Grondwette in Afrika beteken niks. Daarby word ons verontregting juis deur die Grondwet gemagtig! Dit slaan my dronk dat geleerde Blankes dit nie kan insien nie.

Maar terug by Malema: Hy is netso gevaarlik soos wat sy meesters wil hê hy moet wees. En met die onrus wat elke dag groter word in hierdie land, is dit duidelik dat daardie agenda momentum kry en die ANC hoe later, hoe meer, geen beheer oor die land sal kan uitoefen nie.

Intussen slaap baie van die wagters op Blanke mure ...

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie