BRITSE KONINGIN VERBIED ENGELS AS AMPSTAAL IN SUID-AFRIKA
Deur Klaas Windsor 01 April 2016 00:00
Koningin Elizabeth II, die Britse monarg, het ’n spesiale dekreet uitgereik ingevolge waarvan Brittanje Engels as ampstaal aan Suid-Afrika onttrek omdat dit hier “misbruik” word.
Die koningin het in ’n ongewone stap gelas dat Engels summier onttrek word omdat dit deur die Suid-Afrikaanse owerhede gekaap is om daarin korrupsie te pleeg en so word die koningshuis in ’n slegte lig gestel.
Die koningshuis beplan ook om ’n boete van 100 Britse pond op te lê aan enigiemand wat Engels voortaan “onwettig” in Suid-Afrika inspan. Dié boetes sal deur ’n spesiale eenheid wat soos die Home Guard in die Anglo-Boereoorlog (ABO) uit meestal Afrikaners bestaan, ingevorder word.
Dit het tyd geword dat iemand baie hard en duidelik aan die swart politieke "parapleë" en hulle blanke gatkruipers sê dat hulle leuens nie die waarheid en die werklikheid kan of sal verander nie! Die AVP roep julle tot orde oor die leuens en aansprake gebaseer op die leuens. Aan hulle in besonder maar in die algemeen aan die hele wêreld daar buite wat met hulle saamsing in die koor wat die Afrikanervolk uit sy erfgoed wil uitpraat, daag ons julle uit om te kom bewys dat Suid Afrika nie die Afrikanervolk se erfland is nie!
Julle is tydelik deur verraad vanuit ons eie Afrikanergeledere in ‘n magsposisie geplaas om Suid Afrika op ‘n “wettige” wyse te plunder tot rommelstatus. Die geskiedenis is egter besig om julle bloot te lê vir diegene wat nie bereid was om die lesse van Afrika as riglyn te glo, te aanvaar en daarvolgens die bewese suksesvolle beginsels en beleidsrigtings te volg ten einde die voorspelde verval te kon vermy nie.
Luister opnuut na mnr. Jaap Marais se bevestiging deur geskiedkundige verhaling van ons aanspraak dat Suid Afrika aan niemand anders behoort as aan die Afrikanervolk nie. Dit verduidelik dan ook sommer die verbete aanslag op name!
RIGLYN NA VRYHEID
Is dit nie ontstellend om te sien hoe skaam mense is om Afrikaners te wees nie? Gesien in die lig daarvan dat ons allerweë as ‘n Christelike volk beskou word, moet ek die eerste twee gebooie van die Wet van God in herinnering roep.
Wanneer ons die Wet van God in Exodus 20 en Deuteronómium 5 saamlees met Matt. 22 (Die Groot Gebod), word die volgende vir ons baie duidelik:
Ons moet die HERE onse God liefhê met ons hele wese en ons moet Hom volgens Sy voorskrifte dien en uit liefde aan Hom gehoorsaam wees. Ons moet ons naaste liefhê soos wat ons onsself liefhet
MEV. DEPAUW: “Ons is en bly vir die politiek korrektes miskruiers en rassiste, maar dit is 'n feit dat ons party al 35 jaar lank waarsku maar hierdie is telkens op dowe ore geval”
Op 13 November 2015 het ons 'n artikel gepubliseer oor mev. Gaby Depauw wat toe sedert 2005 raadslid was in die munisipaliteit van Burcht-Zwijndrecht wat lê in die Belgiese provinsie Antwerpen. Dalk kan u ook nog herinner dat sy via Facebook geteiken was net om die feit dat sy Vlaams Belang lid was. Tans sal ons eenkant oa. haar vrae vra oor die aanslae op die lughawe van Brussel en anderkant hoekom die politieke partye tjoepstil bly oor die plaasmoorde.
"Mevrouw Depauw om maar met de actualiteit te beginnen. Waarom is iedere politieke partij behalve het Vlaams Belang zo verbaast over de recente bomaanslagen op de luchthaven van Zaventem?"
2 Konings 19:1-37
”Maar Ek ken jou sit en jou uitgaan en jou ingaan en hoe jy teen My raas. Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in my ore, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het.” (:27&28)
In 2 Konings 17 lees ons hoedat Israel (die tien stammeryk) deur die Assiriese ryk in ballingskap weggevoer is. Die rede hiervoor is dat God hulle oorgegee het aan hierdie heidense onderwerping en vernedering omdat die volk Israel aanhoudend van God afvallig geraak het en Hom getart het deur agter die heidense afgodery aan te loop.
In ‘n onlangse nuusbrief van die Orania beweging verskyn ‘n berig van “Afrikaners” wat in gesprek was met Thabo Mbeki.
Foto: Flip Buys en Carel Boshoff by oud-President Thabo Mbeki.
Hierdie siekteverskynsel onder Afrikaners is seker die mees verlammende en verwarrende verskynsel van ons tyd. Dit inhibeer nie net die Afrikaner se noodsaak vir verset nie, maar versterk die persepsie dat ons toestand onomkeerbaar is.
Wie ookal die berig geskryf het, probeer voorgee dat Carel Boshoff van die Orania Beweging, Flip Buys van Solidariteit en professors Koos Malan en Danie Goosen van die FAK, as leiers van die Afrikanervolk beskou moet word en meer nog, dat hulle ‘n mandaat het om namens die Afrikanervolk oor die Afrikanervolk se toekoms met wie ookal kan onderhandel!

F.W.DE KLERK HET DIE LAND IN ’N ERNSTIGE KRISIS GEDOMPEL
President F.W.de Klerk het die land in ’n ernstige krisis gedompel en die tyd het aangebreek dat hy homself nou uit die openbare oog verwyder!
Die AVP reageer op de Klerk se toespraak Donderdag by die Kelvin Grove-klub in Nuweland en plaas sy versugtinge net in die regte perspektief. Sy uitlatings is slegs sinvol mits dit regverdig en objektief die waarheid en veral die werklikheid van gebeure sedert 1994 weergee. Met enkele aanpassings aan sy gepubliseerde toespraak blyk de Klerk se hande nie so skoon te wees as wat hy voorgee nie, maar druip dit van die bloed van duisende blank en swart in Suid Afrika, om nie eens te praat van die vernietiging van ons pragtige land in sy geheel nie!
Die beklemtoonde en kursiefgedrukte gedeeltes is telkens die AVP se weergawe van die werklikheid wat verswyg word!