1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4352554

Besoekers aanlyn

Ons het 120 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

VOLPUNTE AAN KLAAS WINDSOR EN SOUTIE MARITZ VAN DIE VRYSTAAT! (VIR 1 APRIL 2016)

1 APRIL 2016BRITSE KONINGIN VERBIED ENGELS AS AMPSTAAL IN SUID-AFRIKA

Deur Klaas Windsor 01 April 2016 00:00

Koningin Elizabeth II, die Britse monarg, het ’n spesiale dekreet uitgereik ingevolge waarvan Brittanje Engels as ampstaal aan Suid-Afrika onttrek omdat dit hier “misbruik” word.

Die koningin het in ’n ongewone stap gelas dat Engels summier onttrek word omdat dit deur die Suid-Afrikaanse owerhede gekaap is om daarin korrupsie te pleeg en so word die koningshuis in ’n slegte lig gestel.

Die koningshuis beplan ook om ’n boete van 100 Britse pond op te lê aan enigiemand wat Engels voortaan “onwettig” in Suid-Afrika inspan. Dié boetes sal deur ’n spesiale eenheid wat soos die Home Guard in die Anglo-Boereoorlog (ABO) uit meestal Afrikaners bestaan, ingevorder word.

 

Dié geld sal gebruik word om Afrikaans aan die Universiteit van Oxford as wetenskapstaal te ontwikkel omdat al hoe meer Afrikaners as Britse burgers onder haar troon dien. “Dit was vir my ’n pynlike besluit. Engels is oor so lank as twee eeue as die vernaamste instrument van Britse imperialisme in Afrika en veral Suid-Afrika ingespan. Ons het lande daarmee ingeneem en oorgeneem. Ons het alle teenstand teen Engels onderdruk.

“Dat ’n voormalige vryheidsbeweging Engels nou oorneem en as ’t ware in my naam en in my taal plunder wat ons daar onder die Britse vlag opgebou het, is verregaande,” lui haar verklaring.

’n Emosionele koningin ­Elizabeth II se seun, prins ­Charles, het die verklaring in Buckingham-paleis se roostuin voorgelees.

Só ’n dekreet word volgens ’n Britse rojalis en kenner van die koningshuis in die Vrystaat, Soutie Maritz, as uiters ongehoord bestempel.

“Dit is ’n swart dag in Suid-Afrika se trotse imperialistiese geskiedenis. Engels is alles! Watter taal moet ek en my bloedjies, Kareltjie en Liesbêtjie, nou praat? Ons gee hulle spesiaal tuisonderrig om die Britse uitspraak te verfyn. Ek sê jou, ons huil al ure lank . . .”

Maritz het aangedui dat hy ’n brief aan die Britse monarg gaan rig waarin hy en ander rojaliste in die regering en aan universiteite ’n spesiale vergunning vra om Engels saans ná 21:00 in hul binnekamers te besig.

Met die swak rand kan ’n paar boetes baie mense in Suid-Afrika ’n ekonomiese nekslag toedien, sê hy.

Brits Cock, die Britse monarg se spesiale gesant in die Vrystaat, het gewaarsku die verbod sal van vandag, 1 April, baie streng toegepas word. Hy sal sélf van vandag net Afrikaans en Sotho praat.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie