1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4500310

Besoekers aanlyn

Ons het 71 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

LEON WESSELS, MELANI VERWOERD, TERBLANCHE DELPORT, COBUS VAN WYNGAARD ........

Wits"As wit mense regtig belangstel om deel te word van Afrika, sal hulle ophou om die wit ras te beskerm in skole en ander instellings."

Akademies verward, politiek gestremd met openlike gebrek aan selfrespek en liefde vir die eie, is die aanmatiging van hierdie trouelose “Afrikaners” so verbysterend dat selfs dr. Lyle Rossiter , die sielkundige wat tot die gevolgtrekking gekom dat liberaliste kranksinnig is en die ideologie van liberalisme as ‘n geestelike afwyking gediagnoseer het, nie hierdie mense se toestand volkome kan beskryf nie!.

In sy boek: The Liberal Mind: The Psychological Causes of Political Madness: Sê hy dat liberaliste soos woedende kinders is wat teen alle normale verantwoordelikhede van volwassenheid rebelleer en eis dat ‘n vaderlike regering in al hulle behoeftes van geboorte tot die graf moet voorsien.

Die Bybel kom egter vir my nader aan ‘n beskrywing wat hier sal pas, nl. I Timótheüs 5:8 “ Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as ’n ongelowige”.

Om op universiteit aan sulke waansinnige menings, uit so ‘n twyfelagtige en wanstaltige dampkring van denke blootgestel te word, maak van ‘n universiteit ‘n uiters bedenklike instelling! Van akademiese en opvoedkundige waarde is hier geen sprake nie. Miskien word die plek verwar met die naaste sielkundige en/of psigiatriese inrigting.

Top of Form

‘WIT MENSE SAL FLOREER AS HULLE INTEGREER’

Deur Jacob Rooi 13 Maart 2016 00:15

email

Leon Wessels     Terblanche Delport                   

Prof. Leon Wessels, direkteur van die sentrum vir menseregte aan die Universiteit van die ­Vrystaat, lewer die hoofrede by Wits se beraad oor Afrikaneridentiteit. Foto’s: MARY-ANN PALMER

 

As wit mense regtig belangstel om deel te word van Afrika, sal hulle ophou om die wit ras te beskerm in skole en ander instellings.

Só verduidelik Terblanche Delport, ’n junior lektor in die departement filosofie aan Unisa, sy skerp standpunt by Donderdag se beraad oor Afrikaners in Johannesburg.

Die byeenkoms oor Afrikaneridentiteit is gereël deur die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se sentrum vir diversiteitstudies.

Vrae is agterna gevra oor die afwesigheid van bekende Afrikanerorganisasies (berig hiernaas).

Terblanche is agterna aangehaal waar hy die val van Afrikaans bepleit en sê wit Suid-Afrikaners hoort nie in Suid-Afrika nie.

“Die enigste doel vir wit mense, Afrikaners spesifiek, moet wees om te wag tot hulle sterf of om selfmoord te pleeg, soos die samoerai wat op sy kort swaard val as hy in oneer beland het.”

Melany VerwoerdWit Suid-Afrikaners moet fyner luister.

– Melanie Verwoerd

By navraag sê hy dat wit mense in Afrika is weens kolonialisering, met sy gepaardgaande geweld en verdrukking.

Die “dood van wit mense” moet simbolies gelees word, daarom sy gebruik van die harakiri-beeld.

“As wit mense rêrig wil integreer in Afrika, sál hulle, maar dit sal ook outomaties die dood van wit mense beteken. Die eiendom en rykdom van kolonialisme sal ook nie meer in die hande van wit mense wees nie. As ons nie bereid is om hierdie te doen nie, dan is die enigste manier om wit heerskappy te beëindig wel die dood van die self as ’n etiese opsie.”

Daar was ook ander raad vir jonger Afrikaners.

Soos dat hulle bewus daarvan moet wees dat wit en swart mense nie op dieselfde wyse na die verlede kyk nie en dat hulle ’n nederiger houding teenoor swart mense moet inneem.

Cobus van Wyngaard, lektor in sistematiese teologie aan Unisa en predikant van die NG Kerk, het aan Rapport gesê jong wit Suid Afrikaners doen nie genoeg om te luister en verstaan hoe hul swart vriende en eweknieë na die verlede en huidige werklikheid kyk nie.

“Ek dink nie ons (jong, wit Suid Afrikaners se) reaksie getuig werklik daarvan dat ons verstaan hoe diep die ongeregtighede loop waarin ons ingeweef is nie.”

Ds. Cobus van Wyngaard

 

Van Wyngaard sê ’n groot deel van die wit jeug dra nie kennis van die NG Kerk se rol in apartheid nie. “Waar ’n groter bewustheid bestaan, dink ek dit gaan met ’n stuk skaamte oor die verlede gepaard.”

Hy het geen twyfel dat jong swart Suid-Afrikaners oop sal wees vir wit Suid-Afrikaners om groter gelykheid en dieper samehorigheid te help vorm nie.

Maar dan moet jong Afrikaners hul gewig aktief ingooi by die “openbare ruimtes waarvan ons deel is, en groter deelname toon by open­bare geleenthede”.

Melanie Verwoerd, oud-ANC-LP en gewese ambassadeur in Ierland, het gesê wit Suid-Afrikaners moet fyner luister. “Nie met ons koppe nie, maar met ons harte, veral as swart mense praat oor kwessies soos die gebrek aan grond. En ons as die jonger geslag moet ’n soort nederigheid hê oor waar ons hoort.”

Sy meen ook Afrikaners moet bewus wees van hul liggaamstaal en stemtoon as hulle met swart mense praat.

Die hoofrede is gelewer deur dr. Leon Wessels, oud-menseregtekommissaris en direkteur van die sentrum vir menseregte aan die Universiteit van die Vrystaat.

Wessels het gesê Suid-Afrikaners luister steeds nie na mekaar nie. “Die uitdaging is om te demonstreer dat ons na mekaar kan luister en dat dit positiewe resultate bring.

“Ons moet ook in die belang van die toekoms die verlede beter probeer verstaan.”

Volgens Verwoerd is dit nie meer so duidelik wie presies Afrikaners is nie, maar die woord word tog met witheid geassosieer.

“Ons kan nie daarvan wegkom nie. Ons deel ’n sekere geskiedenis. Dit kan nie ontken word dat die Afrikaners die land liefhet nie.”

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie