1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4349733

Besoekers aanlyn

Ons het 176 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

Die aanslag op Jacob Zuma

Zuma en die Guptas 2Ek moet sê, ek geniet nogal die politieke spektakel wat hom op die oomblik in hierdie land afspeel. Nie soseer omdat ek een van honderdduisende Blankes was wat gewaarsku het teen die nadelige gevolge van swart meerderheidsregering nie; dit raak immers ons almal, maar veral die geskarrel in links-liberale geledere om tog 'n beter swart kroonprins as die ou "verdomde Zuma" te kry. Zuma het hulle darem nou lelik "gedrop".

Maar omdat linksheid en liberaal-"geit" 'n sielsieke toestand is, word die waarheid natuurlik ontken; of as liberaliste dan nou werklik so dom is soos wat ek dink hulle is; net eenvoudig nie ingesien nie. Die waarheid is dat Zuma sou wees soos die een voor hom en die een na hom sal wees soos hy. Maar in droomland kan ons mos maar aanhou droom, of hoe?

Zuma is 'n Zoeloe. Dus hy het die Xhosas teen hom. Veral nou. En so ongeveer 10 ander swart volke... Daarby is hy nie net deur die Amerikaners gekoop nie. Hy mag dalk net standerd 4 hê, maar hy is uitgeslape. Hy het ook Chinese, Russiese en veral Indiër-bande. En dit is juis hierdie bande wat die Amerikaners nou genoop het om elkeen wat hulle kan oortuig — veral met geld — teen Zuma in te span. Ook van sy eie partygenote. Veral as hulle êrens oor die hoof gesien is. Ai, die lojaliteit darem! Of dit egter gaan werk, sal nog gesien moet word, want Zuma kan om baie redes nie van die presidentskap afstand doen nie. Geld, mag en persoonlike vryheid is van die vernaamstes.

Het Zuma nie bande met BRICS aangeknoop (wat buite die Amerikaans-beheerde Wêreldbank en IMF-invloed wil beweeg) nie, en was die kontrak vir kernkrag met Amerika in plaas van Rusland gesluit en sy persoonlike bankier George Soros in plaas van die Guptas, was Zuma nou die held van Amerika. Hy het egter Amerika ge"doublecross" en hulle vergewe nooit nie, juis omdat die Jode wat die kitaar daar slaan, nooit vergewe nie. Zuma se uithouvermoë sal deur hierdie aanslag getoets word. Soos John Perkins in Confessions of an Economic Hitman skryf, word alles ingespan om van so 'n halsstarrige staatsleier ontslae te raak, en as niks anders dan werk nie, sal 'n sluipmoord die nodige moet doen. Ja, die lang messe is letterlik uit vir Zuma... Vergesog? Gaan lees dan wat het van tientalle staatshoofde geword wat nie voor die Amerikaners knie wou buig nie! Dat Amerika self in die eerste plek verantwoordelik is vir ons verswakkende geldeenheid sal die goed betaalde ekonomiese "kenners" nooit erken nie. Wat anders kan in elke geval met 'n geldeenheid in 'n swart-beheerde Afrikastaat gebeur wat boonop aan sentiment, eerder as werklike waarde gekoppel is?

Wie moet Zuma dan opvolg sou die Amerikaanse aanslag slaag? Ramaphosa die kitsmiljardêr wat miljarde uit niks (lees: Amerikaanse hupstoot) gemaak het en geheel en al deur Amerika beheer word? Ramaphosa met sy eie omstredenheid, waaronder Marikana? Ramaphosa wat Roelf Meyer en Andries Breytenbach van die "Boere-Afrikaner Volksraad" (ja, staan tog net op aandag!) in onderhandelings paai net om agteraf vir hulle te lag? Asseblief tog! Sal ons dan nooit leer nie? Dis maar net Vinkel en Koljander. Die een is soos die ander.

Intussen hoop ek Zuma kan nog 'n bietjie uithou sodat elkeen sy ware kleure kan wys. Dis mos in tye soos hierdie dat mense se onderrokke bietjie uithang. Wat die idiote nie besef nie is dat Zuma se opvolger niks gaan verbeter in hierdie land nie. Natuurlik sal aanvanklik die persepsie geskep word dat dit beter gaan onder 'n nuwe (Amerikaans-) gesinde president — totdat die nare ou werklikheid weer na die oppervlak beur. So sal die Blanke nogmaals gesus word. Zuma sal intussen net moet pasop wat hy eet, wie sy voertuie nagaan en veral, (die bekende een!) waarheen en waarmee hy vlieg! Vliegtuie van sekere presidente in Afrika het juis die snaakse gewoonte om onverklaarbaar neer te stort...

Intussen baljaar die perstitute van Media 24 met al die onthullings van agtergeblewe ANC-lede en ander mismaaksels en dans die pastoortjie van die DA soos 'n wafferse ballerina rond en raak die een na die ander onbenulligheid kwyt. Hy is 'n erger irritasie as Zuma! En dan is daar mense wat hom as die land se volgende staatshoof sien. Hopelik nie in my, my kinders of hulle agterkleinkinders se tyd nie!

Ja, wie die lesse van Afrika nie wil leer nie, is gedoem om dit te herbeleef!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie