1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7436633

Besoekers aanlyn

Ons het 68 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

SUID AFRIKA VAN DIE SWARTES GESTEEL??

Jaap MaraisDit het tyd geword dat iemand baie hard en duidelik aan die swart politieke "parapleë" en hulle blanke gatkruipers sê dat hulle leuens nie die waarheid en die werklikheid kan of sal verander nie! Die AVP roep julle tot orde oor die leuens en aansprake gebaseer op die leuens. Aan hulle in besonder maar in die algemeen aan die hele wêreld daar buite wat met hulle saamsing in die koor wat die Afrikanervolk uit sy erfgoed wil uitpraat, daag ons julle uit om te kom bewys dat Suid Afrika nie die Afrikanervolk se erfland is nie!

Julle is tydelik deur verraad vanuit ons eie Afrikanergeledere in ‘n magsposisie geplaas om Suid Afrika op ‘n “wettige” wyse te plunder tot rommelstatus. Die geskiedenis is egter besig om julle bloot te lê vir diegene wat nie bereid was om die lesse van Afrika as riglyn te glo, te aanvaar en daarvolgens die bewese suksesvolle beginsels en beleidsrigtings te volg ten einde die voorspelde verval te kon vermy nie.

Luister opnuut na mnr. Jaap Marais se bevestiging deur geskiedkundige verhaling van ons aanspraak dat Suid Afrika aan niemand anders behoort as aan die Afrikanervolk nie. Dit verduidelik dan ook sommer die verbete aanslag op name!

RIGLYN NA VRYHEID

 

Willem de Klerk besmet Afrikaners

Naas die berekende verarming van Afrikaners word hulle volksbewustheid aangeval. Geskiedenis as vak word uit die skoolleerplanne uitgefaseer, sodat nuwe geslagte Afrikaners en ander nie sal kennis dra van die groot rol wat Afrikaners in die ontwikkeling van die land gespeel het nie. En Afrikaners wat meegedoen het aan die verraderlike oorgawe aan die African National Congress (ANC) en die SA Kommunistiese Party (SAKP), soos prof Willem de Klerk, bevorder die veldtog. Op 'n ATKV-kongres se hy (Beeld, 28 Aug 1999): "Ras, godsdiens en geskiedenis...moet in geen opsig tel nie".

So, die Afrikaners moet hulle hele herkoms verloën hulle Blanke rasse-afkoms, wat hulle grootste onderskeiding van ander rassegroepe is; hulle Protestants Christelike godsdiens, wat hulle onderskei van ander rasse- en kultuurgroepe in Suid-Afrika; en hulle geskiedenis van oorlog en stryd vir hulle vryheid en vaderland. Die dinge, sê De Klerk, "moenie tel nie". En dit moet nie tel nie, omdat De Klerk die Afrikaners hulle onderskeiding en volkstrots wil ontneem. Sy aandrang dat geskiedenis "nie moet tel nie", is uiters betekenisvol, want die geskiedenis is 'n volk se geheue, wat aan hom vertel wie hy is en vanwaar hy kom. Daarsonder is 'n volk soos iemand wat aan geheueverlies ly. Dit is waarom Alfred Milner na die Engelse Oorlog gesê het: "/ attach especial importance to history books". Natuurlik geskiedenisboeke wat nie die Afrikanergeskiedenis vertel nie.

In die napraat van Milner sê De Klerk ook: "Die begrip 'Afrikaner' en 'Afrikanervolk' is te besmet... Die begrippe moet uitgeskakel word". So, Afrikaners moet volgens hom besmet voel om "Afrikaners" genoem te word; hulle moet skaam wees vir hulle "besmette" volk en, so ook, vir hulleself. Dit is die toppunt van nasionale veragting en selfvernedering. Op die wyse maak De Klerk homself 'n besmetting van die Afrikanervolk.

So word die onreg teen die Afrikanervolk voortgesit deur 'n Afrikaansnamige wat kruiperig in die guns van die Swart regime wil wees en nader verwant voel aan Swartes met wie hy in die 'tagtigerjare verraderlik in die geheim in Londen gekonkel het, as aan sy eie vader, wyle senator Jan de Klerk.

Afrikaners: Wie en Wat?

Wie en wat is die Afrikanervolk wat Willem de Klerk wil wegwens, en wat hy van sy ras, sy godsdiens en sy geskiedenis wil vervreem en met 'n skuldgevoel van "besmetheid" wil laat, om bespot en vertrap te word?

Die eerste feit is dat dit die voorsate van hierdie Afrikanervolk is wat die land aan die wildernis ontworstel het: die Skiereiland, die Boland, die Swartland, Namakwaland, Boesmanland, die Suid-Kaap, die Oos-Kaap, die Karoo; en vandaar noordwaarts en ooswaarts, is die Vrystaat, Noord-Natal, die Oos-Transvaal, die Noord-Transvaal, die Bosveld, die Wes-Transvaal beset en bewoon en bewerk deur Afrikaners as die grondgebied van hul vaderland. Die name van plase: Dwaalboom en Armoedsvlakte; van dorpe: Steynsburg en Ermelo en Steytlerville; van stede: Bloemfontein, Pietermaritzburg, Pretoria getuig daarvan: die land is die land van die Afrikanervolk.

Berge en riviere, visse en diere, reptiele en voëls, bosse en bome dra onuitwisbaar die stempel van hierdie volk se taal: Langeberg en Drakensberg, Paardeberg en Waterberg; Breërivier en Vaalrivier, Olifantsrivier en Vetrivier; Kabeljou en Dageraad, Stompneus, Steenbras en Snoek; luislang, trapsoetjies en koggelmander; kiewiet en tarentaal, kelkiewyn, gompou en tinktinkie; taaibos en raasblaar, hardekool en kiepersol, huilbos en haak-en-steek. Die volk se mense het ingegroei in die land, en die land het hulle aan sy aarde geanker. Vir hulle was die land nie 'n grondgebied waarvan die minerale rykdom uitgebuit kon en moes word nie, maar 'n vaderland, waarin hulle duisende myle verwyder was van die met wie hulle in gees en bloed verwant was, en digby vele van wie hulle in gees en bloed duisende myle verwyder was. Hulle het hulle siel as 'n volk apart gevind in die land. En in 'n intuïtiewe vasbinding aan die land, die naam van die land deel van hulle naam gemaak: Afrikaners. Dit is die volk wat nou as 'n miskende en verstote "minderheid" moet aanskou hoe in gruwelike onreg hierdie vaderland wat deur hulle opgebou is, geplunder word en verval tot wat die Engelse skrywer, Paul Johnson, noem "'n industriële rommelhoop, beestelik, bloedig en bankrot".

Wie daarvoor verantwoordelik is, is nie die wat met 'n beleid van apartheid die land regeer het nie, maar anderrassiges en anderstaliges wat daarna gekom het en met behulp van die hendsoppers en verraaiers van hierdie eeu die land laat verval het tot die multi-kriminele staatsashoop-in-wording. Terwyl 'n klein groepie Swartes op die vet van die aarde leef en 'n klein groepie Blanke geldvrate superrykes geword het en hulle rykdom uit die land neem.

Stempel van Afrikanervolk

Die land wat nou so verniel word, is tot die sterkste staat in Afrika gemaak, danksy die Afrikanervolk se wil tot eie volkskap en toewyding aan hulle vaderland. Op elke gebied dra die ontwikkeling en prestasies die stempel van die Afrikanervolk.

In die landbou, algemeen, en in die besonder die wynbou, die graanverbouing, die vrugtekweek en die teel van grootvee en kleinvee, was dit Afrikanerboere wat meestal die ontwikkeling gelei en die prestasies behaal het.

Dit was Afrikaners wat met die transportwaens in die vorige eeu die vervoerdiens verskaf het waarop die mynbou en nywerheid gegrond was. Die spore van Afrikaners se ossewaens is onuitwisbaar in die ontwikkeling van hierdie land ingepers.

Op die kulturele gebied het die volk vermag wat min ander in soortgelyke omstandighede sou kon doen. Hy het 'n eie taal ontwikkel as sy hoogste onderskeiding. Op sigself is dit 'n merkwaardige prestasie. Maar wat die merkwaardigheid verhoog, is dat die taal hom moes handhaaf teen twee sterk gevestigde tale: Hollands en Engels. Nie net het hy daarin geslaag nie, maar gaandeweg die taal ontwikkel tot 'n medium waarin poësie geskryf is wat naas die skoonste in die   wêreld   kan   staan.     Op die gebied van drama en toneelkuns is groot werk gedoen, vanaf die vroeë toneelgeselskappe wat die platteland met baie moeite, maar met onblusbare geesdrif deurreis het, en die eertydse radiodramas, tot die skepping van die groot werk van Van Wyk Louw en Dirk Opperman. Ook Die Stem van Suid-Afrika is 'n Afrikaanse skepping en 'n toonsetting deur 'n Afrikaner. Geen ander groep in Suid-Afrika het iets om daarnaas te stel nie.

Die volk het ook sy eie kerke gestig en ontwikkel vanwaar die Evangelie op 'n eie wyse uitgedra is. Ander Blanke gemeenskappe in Suid-Afrika het nie die drang gehad nie. Hulle was tevrede met die oorsese vorme wat hierheen oorgedra is.

Op die gebied van die onderwys — van die stigting en instandhouding van plaasskole, tot die stigting en uitbouing van Afrikaanse universiteite en die publikasie van wetenskaplike handboeke, tot later die daarstelling van universiteite vir die ander rasse- en volksgroepe — was dit die Afrikaners wat deur opoffering en toewyding en deur versiendheid beslag gegee het aan 'n opvoedkundige bestel wat in harmonie is met die veelvolkige en veelrassige aard van die Suid-Afrikaanse samelewing.

Op nywerheidsgebied is die groot ontwikkeling geloods deur die Afrikaanse politieke leiers: genl Hertzog met Yskor in die twintigerjare, en Sasol, Krygkor, die Raad op Atoomkrag, Foskor deur die Nasionale Party van 1948 tot 1966. Dit het die grondslag gelê vir die ontwikkeling van Suid-Afrika as die industriele reus van Afrika. Die Nywerheidsontwikkelings-korporasie (NOK) is deur die bewind ook tot 'n krag uitgebou.

In die sakewêreld is Volkskas deur Afrikaners gestig en ontwikkel tot 'n groot faktor in die bankwese voordat dit in die latere monopolievorming   in ABSA verdwyn   het.   Ander suksesvolle ondernemings soos SANLAM, SANTAM, Nasionale Pers is vanuit die Afrikanervolk geloods en tot groot omvang uitgebou, maar het vervreem geraak van hulle wortels in hulle groter verbintenis aan die georganiseerde geldmag as aan die waardes van hulle volk. Talle ander Afrikaner-ondernemings van kleiner omvang het teen sterk teenstand en met beperkte middels suksesvol gegroei weens die bekwame leiding en bestuur van Afrikaners, waaronder die naam van mnr WT Marais van Omnia-kunsmis van betekenis is in die geselskap van Afrikanernasionaliste.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie