1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4348703

Besoekers aanlyn

Ons het 37 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

ZUMA STEEDS IN BEHEER!

Zuma steeds in beheerDie AVP se volgehoue standpunt dat getallepolitiek altyd die minderheid sal gevange hou omdat ‘n minderheid, vir dié wat dit nog nie begryp nie, altyd minder is as die meerderheid en derhalwe ondergeskik is aan waarvoor die meerderheid ookal hulle hande opgesteek het, is weereens bewys!

President Jacob Zuma has emerged unscathed from the damaging revelations of the past week, with the ANC affirming its 'full confidence' in him. The African National Congress (ANC) has expressed confidence in President Jacob Zuma's leadership despite widespread outcry and increasing calls, including within the party, for him to step down.  Prior to the National Executive Committee (NEC) meeting over the weekend, there were high expectations that the party would recall President Jacob Zuma after damaging revelations by Deputy Finance Minister Mcebisi Jonas and former ANC Member of Parliament Vytjie Mentor that they were offered ministerial positions by Zuma’s close acquaintances, the Gupta family. (Mail&Guardian - ‎Monday‎, ‎March‎ ‎21‎, ‎2016)

Die Zoeloes, synde die getalrykste volk in Suid Afrika is nie ontvanklik vir Westerse norme en waardes nie, net so min as die Xhosas of enige van die swart rasse van Afrika. Dít is die aanskouingsles van Afrika waarna mnr. Jaap Marais telkens verwys het en wat die liberale geesdrywers eenvoudig verseg om te aanvaar.

Die gevolge van die waansinnigheid om dit wat die geskiedenis oor eeue as riglyn na vore stoot te ignoreer, is dieselfde as om die geskrewe riglyne wat deur Afrikanerleiers uit ervaring vir die nageslag opgeteken het, te minag. Dit was President Paul Kruger wat gemaan het om dit wat goed was uit die verlede, te neem en jou toekoms daarop te bou.

Die jong moderniste wat deurdring is met die humanisme en Breyten Breytenbach’s, Ettiene le Roux’s, André P Brink’s en Antjie Krog’s opgelewer het, is versterk deur die latere Beyers Naudé’s, Willem de Klerk’s Constand Viljoen’s en derglike geloofgestremde liberale Afrikaners wat die Mandela’s, Mbeki’s en Zuma’s instaat gestel het om sonder slag of stoot in beheer van Suid Afrika te kom, ten koste van al die inwoners van Suid Afrika en die beskawing in die algemeen.

Om soos Allister Sparks nou die gevolglike anargie en Chaos op die skouers van Zuma te plaas in sy rubriek op die middelblad van Beeld van 16 Maart 2016, laat ’n mens dink aan twee standerd een seuntjies wat voor die klasonderwyser staan oor die blou krytmerke op sy baadjie se kraag wat oor die stoel gehang het toe hy uit was, en die seuntjie met die blou van die kryt nog op sy voorvinger, na sy maatjie wys en sê, “dis nie ek nie meneer!”

Ontkenning van die waarheid en die werklikheid maak nie van die waarheid ’n leuen nie en nog minder van die werklikheid ’n drogbeeld. Dit maak wel van die outeur daarvan ’n lafaard en bedriër wat in latere geskiedenis deur die nageslag as ’n verraaier erken sal word wanneer die vernietigende gevolge daarvan bereken is.

 

Wat seker is, is dat indien Zuma op welke wyse uit sy pos verwyder word voordat hy self besluit om te gaan, sal daar bloed in hierdie land vloei wat onder die swartes sal begin! Dit kan in 'n klip gekap word.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie