“Boere-Afrikaner Volksraad” skryf Suid Afrika af as Afrikanerland.
Hierdie “BOERE-AFRIKANER VOLKSRAAD”, wat beslis níé die gedeelte van die Afrikanervolk wat lede van die AVP is en daarby ingesluit alle Afrikaners wat die standpunt handhaaf dat Suid Afrika die Afrikanervolk se land is, verteenwoordig nie, het reeds slegs met die aanvaarding van die beginsel om te onderhandel (met wie ookal), oor di e Afrikaner se eiendomlike,Afrikanerland prysgegee!
In die onderstaande samesprekings met die Swart, Kommunistiese meerderheidsregime vir ‘n volkstaatjie, iewers waar dit die Swartes behaag en so groot as wat hulle bereid is om af te staan, in ruil vir ons Godgegewe erfenis, is die regmatige aanspraak van die Afrikanervolk op Suid Afrika deur hulle prys gegee en in beginsel die reg van die Swart volke op ons vaderland daarmee erken. Daarna was van meet af deur die ANC duidelik gemaak dat geen diskriminasie van welke aard ookal voortaan in Suid Afrika geduld sal word nie. Nie omdat dit vir hulle ‘n morele kwessie was nie, maar bloot om toegang te hê tot dit wat die Afrikanervolk opgebou het.
Matt. 15:1-20
“Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.” (:8).
In hierdie gedeelte spreek Christus Hom in geen onduidelike taal uit teen ‘n valse godsdienstigheid. Daar is mos deesdae geen probleem met multi-kulturele aanbidding en godsdiensvermenging nie. Elkeen bid tot sy eie god, maar ons kan dit mos maar sommer almal saam doen. Laasgenoemde redenasie skreeu ten hemele en ‘n volk wat hierdie siening huldig, staan op die rantjie van geestelike bankrotskap.
Waarom is mense bereid om so maklik kompromieë aan te gaan m.b.t. geloofsoortuigings? Is dit dalk weens die feit dat hulle nie opreg is in hul Godsdienbeoefening nie?

Die volgehoue en steeds onlangse geknoei onder Afrikaners en Afrikanerorganisasies met die oog op die verkryging van ‘n volkstaat vir die Afrikanervolk, genoodsaak ‘n nugter en oordeelkundige be-oordeling daarvan. Al die tersaaklike aannames en uitsprake moet belig word sodat daar ‘n finale duidelike en sigbare skeiding kan kom tussen die voorstanders en teëstanders daarvan.
Die AVP se strewe om bymekaar te bring wat uit innerlike oortuiging bymekaar tuis hoort, word belemmer deur verwagtings wat enersyds geskep word en andersyds soos met die IDASA KOMPLOT, agter die skerms deur sameswering bekonkel word vanweë die weerstand daarteen.
Die ontstaan van Orania in 1990 onder leiding van Prof Carel Boshoff met nagenoeg 40 gesinne en Kleinfontein in 1992 met twee gesinne en 50 aandeelhouers het albei gegroei tot nagenoeg ‘n duisend inwoners elk in die afgelope 24 jaar. Beide het tot stand gekom uit die ingenome standpunt dat swart meerderheidsregering onafwendbaar is en daar derhalwe groeipunte moes wees waar Afrikaners hulle taal en kultuur instand kon hou tesame met ‘n mate van selfbestuur.
Psalm 95:1-11
“Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het.”
Een van die grootste uitdagings van ons tyd is sekerlik om lewensperspektief te behou. Die media, die samelewing en selfs menig kerke is só besoedel met die besmetting van individualisme en humanisme dat hierdie smetlike en veragtelike denkwyse soos ‘n kanker versprei.
Daar is min dinge wat só suksesvol gebruik word om mense se individualisties-humanstiese denke te bevorder as die skepping van sport-ikone en filmsterre. Hierdie mense word gedurigdeur voorgehou as mense wat “ware vreugde” in die lewe smaak deur hul glansryke lewens. Daar kan nie genoeg berigte geplaas word van hul pragtige vakansies, uitspattige feesgeleenthede en eervolle bekronings nie. Die een na die ander “ster” word geskep, gepoets en na ‘n rukkie weer vergeet.
Dit was en is vandag nog die aanklag teen die Afrikaner. Beide Swart en blank het die onluste, brandstigting en gebrek aan prestasie deur swart leerlinge in die swart skole, telkens op die Afrikaner se brood gesmeer.
Daar het nou 21 jaar verloop wat afgeskop het met F.W. de Klerk se aankondiging dat daar drastiese veranderings in die departement van onderwys gaan plaasvind. ‘n Aankondiging wat van meet af sy beloftes van die behoud van eie skole onder verdenking gebring het.
‘n Berig in die Independent News wat onthul het dat Patricia de Lille probeer het om deur verskoning aan te bied, die verlies van R28 miljoen in die stadsraad van Kaapstad te versag, nie gewerk het nie, bewys politieke mislukking.
Die opposisiepartye skree bloed en beskou die toekenning van dienste leweringskontrakte aan hoofsaaklik blanke organisasies, as bewys dat dit slegs ‘n slenter was om sekere blanke organisasies te bevoordeel.
Die ANC het nou sy beurt gekry om “pay back the money!” te dreunsing. Hoewel Maymane nou voorgestoot is deur die Joodsbeheerde DA, sal die blanke Zille in besonder, maar al die blankes binne die DA in die algemeen, die skuld hiervoor kry, of hulle nou daarvoor verantwoordelik was al dan nie.
1 Joh. 3:1-24
“KYK wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.” (:1)
‘n Mens kyk soms na die samelewing rondom jou en dan kan jy nie help om te wonder wat op dese aarde jy nog hier doen nie. ‘n Mens voel menigmaal nie baie welkom in ‘n samelewing waarin daar min plek vir God en Sy gebod is nie. Dit laat tog soms, onnodig, die vertwyfeling by ‘n mens onstaan of daar nie dalk fout is met jou nie. Die hele wêreld kan tog nie verkeerd wees en ek die enigste een tussen soveel mense wat heeltemal anders dink nie?