1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4627090

Besoekers aanlyn

Ons het 69 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

‘N VOLKSTAAT VIR DIE AFRIKANERVOLK ONDER DIE SOEKLIG. (Deel een)

Volkstaatraad

Die volgehoue en steeds onlangse geknoei onder Afrikaners en Afrikanerorganisasies met die oog op die verkryging van ‘n volkstaat vir die Afrikanervolk, genoodsaak ‘n nugter en oordeelkundige be-oordeling daarvan. Al die tersaaklike aannames en uitsprake moet belig word sodat daar ‘n finale duidelike en sigbare skeiding kan kom tussen die voorstanders en teëstanders daarvan.

Die AVP se strewe om bymekaar te bring wat uit innerlike oortuiging bymekaar tuis hoort, word belemmer deur verwagtings wat enersyds geskep word en andersyds soos met die IDASA KOMPLOT, agter die skerms deur sameswering bekonkel word vanweë die weerstand daarteen.

Die ontstaan van Orania in 1990 onder leiding van Prof Carel Boshoff met nagenoeg 40 gesinne en Kleinfontein in 1992 met twee gesinne en 50 aandeelhouers het albei gegroei tot nagenoeg ‘n duisend inwoners elk in die afgelope 24 jaar. Beide het tot stand gekom uit die ingenome standpunt dat swart meerderheidsregering onafwendbaar is en daar derhalwe groeipunte moes wees waar Afrikaners hulle taal en kultuur instand kon hou tesame met ‘n mate van selfbestuur.

Die verwagting van prof. Boshoff van ‘n groei tot 60,000 inwoners binne 15 jaar het nie gerealiseer nie. Die volksplanting van 1652, sy groei en ontwikkeling van dorpe, stede en infrastruktuur oor geslagte heen, het die Afrikaner hierdie soort ontvlugtingsbenadering onaanvaarbaar gevind. ‘n Onwilligheid wat ook in Kleinfontein neerslag gevind het.

‘n Volkstaat of volkstraat na verdoemenis?

Daar is in 1994 ‘n Volkstaatraad tot stand gebring deur die Regering van Nasionale Eenheid wat deur twintig persone beman is. Artikel 29 van die Volkstaatraadwet in ooreenstemming met seksie 184a en 184b van die 1993 grondwet, wat bepaal dat die raad sal dien as ‘n grondwetlike meganisme om die voorstanders van die Johann Wingard

 

volkstaatidee in staat te stel om op grondwetlike wyse die vestiging van so ‘n volkstaat te ontgin.

Die lede van die Volkstaatraad was almal ondersteuners van die volkstaat idee. Hulle was: Johann Wingard, ‘n afgetrede industrialis en voorsitter van die Raad, Dirk Viljoen, stadsbeplanner (ondervoorsitter), Anna Boshoff, dogter van dr. H.F. Verwoerd, haar seun Carel, die kernwetenskaplike dr.Wally Grant, Chris de Jager, Mars de Klerk and Hercules Booysen, drie juriste, Ernest Pienaar, voormalige generaal in die Suid Afrikaanse Verdedigingsmag, "Natie" Luyt, Piet Liebenberg, Chris Jooste en Pikkie Robbertze, vier akademici, Koos Reyneke, argitek, Douw Steyn, ‘n senior lid van die siviele verdedigingstelsel, Herman Vercueil van die Transvaalse Landbou-unie, Kobus Visser,’n voormalige hoof van die Departement van kriminele Ondersoek, Flip Buys, uitvoerende beampte van die vakbond Solidariteit, Duncan du Bois, ‘n plaaslike politikus in Durban en Riaan Visagie, ‘n onderwyser.

Sekerlik die mees tragiese van hierdie groep, hoofsaaklik akademici, is dat die meeste van hulle uit die Verwoerd-era van ongekende voorspoed en rasseharmonie gekom het. Die beginsel van afsonderlike ontwikkeling, die oorsprong, die noodsaak en die sukses daarvan het in hulle gemoed kennelik gesneuwel onder die wolk van omstandighede wat nugter politieke denke só benewel het dat ‘n ontvlugtingsdrang by hulle posgevat het. Asof die omstandighede nooit weer omgekeer kon word nie het hulle ‘n uitgesproke klimaat van onomkeerbaarheid voorsien en die mees omstrede uitweg begin verkondig, wat onge-ewenaarde verdeeldheid onder die Afrikanervolk ontketen het en die verset wat noodsaaklik was daarmee in die wiele gery het.

Hoewel sommige van hulle opreg geglo het dat die Afrikaner slegs behoue sal bly indien hy hom afsonder, selfs ten koste van sy Godgegewe verantwoordelikheid in Afrika, was en is daar vandag nog ander wat doelbewus en planmatig besig is met ‘n agenda wat saamgestel is deur duistere magte, ten koste van reg, geregtigheid en die waarheid wat moes plek maak vir die totale verval wat ons vandag beleef.

Hierdie Raad spat dus uitmekaar met nege volkstaat modelle op die tafel waaroor daar nie eenstemmigheid verkry kon word nie en word in 2001: deur wet No. 30, die Wet op die Herroeping van Bepalings oor die Volkstaatraad, 2001 deur die regime ontbind.

Die Volkstaatraad se befondsing is reeds in 1999, voor die amptelike ontbinding van die Raad, deur die regime gestaak. Hulle het egter ‘n laaste verslag uitgebring met die volgende drie bepalings.:

1) Dat areas met ‘n Afrikaner meerderheid, teretoriale selfbeskikking moes geniet. Ge-oormerkte areas het ingesluit die omgewing rondom Pretoria en ‘n streek van die Noordkaap Provinsie.

2) Dat die regime ‘n Afrikaanse Raad vestig as adviesraad aan die regime. Verteenwoordiging in die parlement, waar die mag van die meerderheid al is wat geld, was nie ‘n stelsel wat gesien is as demokrasie vir minderhede nie.

3) Dat die regime wetgewing genereer wat die boonste twee aanbevelings wettig. Voorgestelde wetgewing vir die Afrikaner Raad is voorgelê.

Die voorsiening in die grondwet vir die vorming van ‘n raad is in 2001 verwyder met die herroeping van die Volkstaatraadvoorsieningswet. Johann Wingard, voorsitter van die Volkstaatraad het in 2005 verklaar dat hy twyfel of enige van die raad se voorleggings deur enige regeringsamptenaar ooit oopgemaak is om gelees te word.

Tenspyte van hierdie futiele fiasko en die geploeter deur verskeie politieke partye wat die Afrikanervolk se aandag van verset weggelei het met die volkstaatfopspeen, is daar steeds mense wat hulle besig hou om verwagtings te skep oor moontlike suksesvolle onderhandelings met die regime oor ‘n volkstaat vir Afrikaners, ten koste van ons land Suid Afrika. Die volkstaatgedagte bly dus steeds voortleef ongeag die weerstand onder Afrikaners daarteen en ongeag die negatiewe politieke invloed op die Afrikanervolk se vryheidstrewe.

WAT IS BEREIK MET DIE SOGENAAMDE VOLKSTAATGEDAGTE

Dit is uiters belangrik om weer te kyk na sommige stellings van wyle mnr. Jaap Marais in hierdie verband.

J.A. MARAIS

VOLKSTAAT EN EENHEID

“…. in tye waar daar gepraat word oor herstel van eenheid, moet ons die vraag stel: Het die volkstaatgedagte die volk verenig of enigsins bygedra tot die strewe na eenheid? Het dit die volk aangespoor tot weerstand en verset en goed moontlik tot gewapende opstand om sy regte te beskerm teen die uitverkopers? Of was dit die verskoning vir vredesonderhandelinge met die ANC-SAKP? U weet die ANC het vanjaar in Januarie aan die Chicago Tribune gesê hulle strategie was om die regterkant aan die praat te hou solank as moontlik om daardeur enige ander aksie uit te skakel. Die gepraat het gegaan oor 'n volkstaat. Dit het nie net gelei tot verdeeldheid nie, maar tot groot frustrasie onder Afrikaners.

En in hierdie tydsgewrig waar ons te maak het met 'n volgehoue ooriog teen die Afrikaner, moet u useif afvra of dit enigsins ons hoogste prioriteit was en is om te pleit vir 'n volkstaat, en dit by jou vyand.

Met al die regmatige fundamentele en sentimentele verknogtheid aan die idee dat ons onsself moet regeer binne ons eie grondgebied, moet ons aanneem dat die volkstaatgedagte -nie eenheid bevorder het nie, en in die kritieke stadium klaar daartoe gelei het dat nie weerstand opgewek is teen die magte wat ons wil vertrap nie, maar dit juis daarvan weggelei het na vredesonderhandelings. Dit was in teenstelling met wat gebeur het in die vorige eras, toe daar sukses behaal is langs die teenoorgestelde weg.

Ons het in ons geskiedenis geen parallel met lets soos die huidige strewe na 'n volkstaat nie, waardeur Afrikaners bereid is om die mag oor hulle land prys te gee, en dan te sê hulle sal, nadat alles prysgegee is, 'n stukkie grondgebied gaan terugvra. Daar is geen heldefiguur in ons geskiedenis wat vereenselwig word met so 'n volkstaatstrewe nie. Daar is wel in ons geskiedenis die Afrikanerleiers wat gesê het ons moet vir onsself 'n toestand skep waar ons oor onsself kan regeer.

Hulle was tegelyk bereid om volkstate te gun aan alle ander volke in Suid-Afrika, maar geen reg aan hulle om oor ons te regeer nie. Die idee van meerdere volkstate is nie verwerklik nie, omdat die proses kortgesluit is deur die moord op dr H F Verwoerd. Maar die beleid het nie misluk nie: dit is verraai deur swakkelinge aan die politieke leiding. Die Afrikanervolk moet nie toelaat nie dat aan hom vertel word dat hy sy land skuld aan die Swartes, en dat hy nadat alles prysgegee is, 'n stukkie moet gaan terugvra vir hornself. Dit is 'n gruwelike vernedering in 'n elke patriotiese sin.

Ons het as gevolg van die volkstaat-gedagte meervoudige verdeeldheid, want binne die volkstaatgedagte is daar minstens vier modelle, plus 'n groot verwatering en verwarring wat daaruit voortgevloei het. Constand Viljoen het in Septemer 1993 reeds gesê die volkstaat se belangrikste grondslag is 'n eie grondwet wat aan internasionale vereistes voldoen, onder meer sonder diskriminasie, wat net 'n napraat van die Nasionale Party is.

Hier is die Memorandum van Ooreenkoms wat hy aangegaan het met Thabo Mbeki en waarvan die eerste artikel lui: "Both parties are committed to the development of non-racial democracies", dit wil se in meervoud. Albei partye is verbind tot die ontwikkeling van nierassige demokrasieë. Wat die volkstaat betref, is al waartoe die ANC hom verbind soos voig: 'They both accept that many Afrikaners have expressed a desire for self-determination in a volkstaat. The parties agree that this desire should be addressed expeditiously". Dus, geen verbintenis van die ANC tot 'n volkstaat nie; nee, hulle verbind hulle net daartoe dat die saak bespreek sal word. Maar Constand Viljoen is verbind tot ontwikkeling van nie-rassige demokrasieë!

Met die instelling van die Volkstaatraad het mnr Johan Wingard, die voorsitter van die Volkstaatraad, gesê: "Volksnasionalisme word deur kundiges gesien as 'n magtige middelpuntvliedende krag met enorme vernietigingspotensiaal". Nou vra ek vir u: die voorsitter van 'n Volkstaatraad, wat 'n volkstaat tot stand moet bring, spreek 'n vloek uit oor volksnasionalisme. Dit sou 'n vernietigingspotensiaal hê! Maar nie net dit nie. Hy sê ook: "Daarenteen word die krag van die ekonomie gesien as 'n middelpuntsoekende krag, 'n saambindende krag wat die strategiese en ekonomiese belange in 'n streek kan laat saamvloei". Dit is suiwer die taal van die liberaliste en Kommuniste en die groot geldmag om nasionalisme te diskrediteer en ekonomiese determinisme op te hemel. Geen volkstaat wat op daardie basis tot stand kom, het die geringste aanspraak op die titel volkstaat nie.”

Niks het sedertdien verander nie en is die oogmerk met die Volkstaatgedagte nog net so bedenklik en daarom verwerplik. Dit bring ook die sg. “Volksraad” se motiewe onder verdenking, wat behalwe vir enkele byeenkomste, niks anders vermag as om valse verwagtings by enkele goedgelowige Afrikaners te skep nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie