Die AVP se volgehoue standpunt dat getallepolitiek altyd die minderheid sal gevange hou omdat ‘n minderheid, vir dié wat dit nog nie begryp nie, altyd minder is as die meerderheid en derhalwe ondergeskik is aan waarvoor die meerderheid ookal hulle hande opgesteek het, is weereens bewys!
President Jacob Zuma has emerged unscathed from the damaging revelations of the past week, with the ANC affirming its 'full confidence' in him. The African National Congress (ANC) has expressed confidence in President Jacob Zuma's leadership despite widespread outcry and increasing calls, including within the party, for him to step down. Prior to the National Executive Committee (NEC) meeting over the weekend, there were high expectations that the party would recall President Jacob Zuma after damaging revelations by Deputy Finance Minister Mcebisi Jonas and former ANC Member of Parliament Vytjie Mentor that they were offered ministerial positions by Zuma’s close acquaintances, the Gupta family. (Mail&Guardian - Monday, March 21, 2016)

Handelinge 4:32 – 5:16
“Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?” (5:3).
Ons lees in die gedeelte waar hierdie gelowiges eendragtig besluit het om hul besittings op daardie stadium te verkoop en na behoefte onder mekaar te verdeel omdat hulle gelyke sorg vir mekaar gedra het. Hierdie gelowiges het mekaar se geestelike welstand, maar ook die stoflike behoeftes van elkeen op die hart gedra.
‘n Mens kan verseker wees dat daar groot bewondering was vir diegene wat bereid was om groot opofferings te maak i.t.v. hul besittings a.g.v. hul toegewydheid in hul diensbaarheid aan God. Dit is egter duidelik dat Ananías en Saffíra ook graag bewonder wou word, maar hul opregte toegewydheid het egter ontbreek. Die rede waarom hulle hul grond verkoop en die geld na die apostels gebring het, was om uiterlike vertoon en mense se aansien en nie om diensbaarheid aan God nie. As gevolg van die feit dat hulle gesindheid teenoor God tekortgeskiet het, was daar ‘n plek vir die Satan om homself in hierdie saak in te wriemel.
Ek moet sê, ek geniet nogal die politieke spektakel wat hom op die oomblik in hierdie land afspeel. Nie soseer omdat ek een van honderdduisende Blankes was wat gewaarsku het teen die nadelige gevolge van swart meerderheidsregering nie; dit raak immers ons almal, maar veral die geskarrel in links-liberale geledere om tog 'n beter swart kroonprins as die ou "verdomde Zuma" te kry. Zuma het hulle darem nou lelik "gedrop".
Maar omdat linksheid en liberaal-"geit" 'n sielsieke toestand is, word die waarheid natuurlik ontken; of as liberaliste dan nou werklik so dom is soos wat ek dink hulle is; net eenvoudig nie ingesien nie. Die waarheid is dat Zuma sou wees soos die een voor hom en die een na hom sal wees soos hy. Maar in droomland kan ons mos maar aanhou droom, of hoe?
"As wit mense regtig belangstel om deel te word van Afrika, sal hulle ophou om die wit ras te beskerm in skole en ander instellings."
Akademies verward, politiek gestremd met openlike gebrek aan selfrespek en liefde vir die eie, is die aanmatiging van hierdie trouelose “Afrikaners” so verbysterend dat selfs dr. Lyle Rossiter , die sielkundige wat tot die gevolgtrekking gekom dat liberaliste kranksinnig is en die ideologie van liberalisme as ‘n geestelike afwyking gediagnoseer het, nie hierdie mense se toestand volkome kan beskryf nie!.
In sy boek: The Liberal Mind: The Psychological Causes of Political Madness: Sê hy dat liberaliste soos woedende kinders is wat teen alle normale verantwoordelikhede van volwassenheid rebelleer en eis dat ‘n vaderlike regering in al hulle behoeftes van geboorte tot die graf moet voorsien.
Die Bybel kom egter vir my nader aan ‘n beskrywing wat hier sal pas, nl. I Timótheüs 5:8 “ Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as ’n ongelowige”.
Om op universiteit aan sulke waansinnige menings, uit so ‘n twyfelagtige en wanstaltige dampkring van denke blootgestel te word, maak van ‘n universiteit ‘n uiters bedenklike instelling! Van akademiese en opvoedkundige waarde is hier geen sprake nie. Miskien word die plek verwar met die naaste sielkundige en/of psigiatriese inrigting.
‘WIT MENSE SAL FLOREER AS HULLE INTEGREER’
Die AVP plaas hierdie artikel op ons webblad met ‘n antwoord van die AVP leier oor die kwessie van wat is ‘n Afrikaner, vanweë die lengte wat nie op Mike se webjoernaal pas nie.
Mike Smith's Political Commentary Where the truth hurts
Is Afrikaner self determination still a viable option? (By Mike Smith 10th of March 2016)
I recently received several comments and suggestions about an independent Afrikaner homeland.
I addressed this problem several times before and will now try to condense my findings.
The constitution is written in such a way that Afrikaners or whites in SA will forever be chasing their tails about a Volkstaat.
Dit is reeds etlike dekades wat die wêreldbevolking blootgestel is aan, wat ook vir dekades lank afgemaak is as “samesweringsteorieë”, die stories oor ‘n “Nuwe Wêreldorde” oftewel New Age, met die strekking van één wêreldregering, één geldstelsel, één godsdiens met één taal, en so meer.
Ten spyte van sigbare tekens dat daar wel in dié rigting beweeg word, is daar wêreldwyd slegs enkelinge wat daarteen gewaarsku het sonder dat die mensdom hoegenaamd daardeur beweeg kon word om daarteen in verset te kom.
Wat tragies was en steeds vandag so is, is dat die Afrikanervolk wat roem op die feit dat ons ’n gelowige volk is, ewe min ag geslaan het op die Godveragtende gevolge van só ’n ontwikkeling! Soos skape agter die Judasbok aan, is ons gelei om teen alle waarskuwings in, aan die mens meer gehoorsaam te wees as aan God!
Vergete die Mosega’s, Vegkop, Majuba, Bloedrivier en vele ander geskiedkundige bewyse van God se kragtige hand in tye van nood in antwoord op gelowiges se hulpgeroep wanneer hulle krag te klein was vir die oormag!
Psalm 11:1-7
“Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.” (:7)
Die Satan werk selde met ‘n infame leuen, want hy is welbewus daarvan dat ‘n halwe waarheid mense meer effektief sal mislei. Dit is dan myns insiens ook wat hy doen met die halwe waarheid van die oordrewe “Jesus-liefde” wat tans in die wêreld rondgaan.
Die Woord van God getuig weliswaar van God se liefde vir sondaars, maar hierdie liefde is vir bekeerde sondaars. Dit is mense wat bewus is van hul swakheid in die vlees, maar hul afhanklikheid van Hom in die gees. Dit sluit diegene uit wat die swakheid in die vlees koester en Hom in die gees verag. Diegene wat Hom verag deur doelbewus in hul sonde te volhard, word in die Woord gekenmerk as goddelose mense – m.a.w. mense wat kies om sonder God te leef. Dit is daardie mense by wie daar nie plek is vir God in hul harte nie.