1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4494718

Besoekers aanlyn

Ons het 150 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

Clinton of Trump? Is daar 'n verskil?

Clinton en TrumpLater vanjaar vind die Amerikaanse presidentsverkiesing plaas. Op hierdie stadium lyk dit of die twee kandidate van die Demokrate en Republikeine onderskeidelik Hillary Clinton en Donald Trump gaan wees.

Trump lyk na 'n beter keuse gesien die feit dat hy (op die oog af) nie deel is van die magskliek in die VSA nie. Onlangs het Newt Gingrich, wat speaker in die Huis van Verteenwoordigers was en 'n bekende is in die Amerikaanse politiek, die volgende op Fox News te sê gehad:

“He’s an outsider, he’s not one of them, he’s not part of the club, he’s uncontrollable. He has not been through the initiation rights, he did not belong to the secret society.”

Ja, jy moet "ingelyf" wees in die geheime "Skull and Bones" om 'n presidentskandidaat van die VSA te word. Daar verkoop jy jou siel aan die duiwel. Feit is dat die magskliek in die Republikeinse Party nou selfs sover gaan om hulle steun aan Clinton toe te sê, sou Trump die nominasie vir die Republikeine wen. Dus, van beleidsverskille is daar weinig sprake; die kandidaat moet net deel van die magskliek wees. Clinton het 'n rekord van verwoesting agter haar. Sy was instrumenteel in die onwettige en wreedaardige verwydering van Gahddafi in Libië. Haar woorde: We came. We see. He died". Sy ondersteun die verkoop van wapens aan ISIS in Sirië en vergelyk Poetin met Hitler. Sy is volkome in die hande van haar geldmeesters en steun Israel onvoorwaardelik. Haar grootste borg is Haim Saban wat net een aganda het en dit is Israel en haar adviseur is Robert Kagan wat die VSA by elke konflik in die Midde-Ooste (ten behoewe van Israel) wil insleep.

Nou het Bill Kristol ('n bekende Republikein) openlik verklaar dat hy Clinton bo Trump verkies. Hy sê dat Trump 'n "terrible nominee and president" gaan wees! So, wat het geword van die sogenaamde konserwatisme van die Republikeine? En, is die verskil tussen die twee groot partye dan nie wesenlik dat die een nie vir die ander behoort te stem nie? Vir ingeligtes is dit lankal duidelik dat die verkiesing oëverblindery is en dat daar inderdaad geen verskil tussen die twee groot partye is nie. Albei van hulle sit maar net die beleid van imperialisme ongestoord voort. Alle kandidate van albei partye is altyd deel van die magskliek — en nou kom Trump en hy gooi die appelkar om.

Persoonlik hou ek nie van Trump nie. Hy het sy fortuin gemaak met dobbelary bande wat diep in die geldmag strek en wonder ek soms of hy nie net toneel speel en die miljoene Amerikaners wat ontevrede is, oor die afgrond gaan sleep nie. Tyd sal leer. Mag hy my verkeerd bewys! Dat hy op die oomblik na 'n beter kandidaat as die res lyk, is waar. 'n Mens wil egter vra: Is dit die beste wat die VSA kan voortbring? Vergelyk nou maar die spulletjie met die staatsmanskap van Poetin en sy uiters bedrewe minister van buitelandse sake, Lavrov?

Weliswaar is Trump op rekord dat hy die oorlog in Irak 'n ramp noem, byvoeg dat daar vir die Amerikaners gelieg is oor wapens van massavernietiging en is hy neutraal teenoor Israel. Hy steun ook vir Poetin. Hy weier ook donasies van enigiemand want hy sê dat hy nie beheer wil word nie. Dit het die geldmagte in die VSA baie kwaad gemaak en lyk dit tog of hy 'n nuwe koers kan inslaan. Dit alles lyk belowend, en sal gesien moet word of hy daad by woord sal voeg indien hy dit maak. Ek is oortuig dat hy fisies verwyder sal word indien hy dan werklik buite hierdie magskliek staan.

Trump loop gerieflik voor op hierdie stadium en sou hy Florida en Ohio ook kan verower sal die Republikeine moeilik 'n ander kandidaat kan benoem. Doen hulle dit wel, teen hulle beterwete, sal Clinton die volgende president wees. En as daar nou 'n duiwel is in die gedaante van 'n vrou, dan is dit juis sy...

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie