1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4627116

Besoekers aanlyn

Ons het 83 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

“AFRIKANERS” SOEK STEEDS HULP BY DIE SWARTES

Solidariteit en Orania praat met MbekiIn ‘n onlangse nuusbrief van die Orania beweging verskyn ‘n berig van “Afrikaners” wat in gesprek was met Thabo Mbeki.

Foto: Flip Buys en Carel Boshoff by oud-President Thabo Mbeki.

 

 

 

Hierdie siekteverskynsel onder Afrikaners is seker die mees verlammende en verwarrende verskynsel van ons tyd. Dit inhibeer nie net die Afrikaner se noodsaak vir verset nie, maar versterk die persepsie dat ons toestand onomkeerbaar is.

Wie ookal die berig geskryf het, probeer voorgee dat Carel Boshoff van die Orania Beweging, Flip Buys van Solidariteit en professors Koos Malan en Danie Goosen van die FAK, as leiers van die Afrikanervolk beskou moet word en meer nog, dat hulle ‘n mandaat het om namens die Afrikanervolk oor die Afrikanervolk se toekoms met wie ookal kan onderhandel!

 

Dit is uiters nadelig dat die politieke randeiers in Afrikanergeledere die Afrikanersaak beklad met verwerplike politieke aksies wat niks anders bereik as om die beeld van die Afrikanervolk in die oë van die swart rasse en ook in die van die res van die wêreld tot bedelstand verlaag.

Die Afrikanervolk se posisie is beslis nie afhanklik van Afrika vir erkenning nie. Ons is ‘n volk wat in sy ontstaan, sy oorsprong en ontwikkeling ‘n aangrypende geskiedenis het wat die wêreld verstom het. Die erkenning wat ons as ‘n soewerein-onafhanklike volk wêreldwyd geniet het en waarvoor ons vryheidsoorloë geveg het, is die bevestiging daarvan.   ‘n Status gevestig in die geskiedenis van die wêreld wat nou deur politieke kleuters wat beginsels vertrap en hulle deur omstandigheid laat rig, in ooreenstemming met ons vyande, negeer word.

Hierdie mense praat namens Solidariteit se leiers en die voorgangers van Orania. Beslis nie as leiers van die Afrikanervolk en selfs waarskynlik nie as verteenwoordigers van hulle eie lede nie! Hulle het geen mandaat om aanspraak te maak dat hulle in belang van die Afrikanervolk optree nie.

Samesprekings en onderhandelings soos wat in hierdie berig ter sprake is, is in belang van die drywers van nie-rassigheid en die Reënboognasie wat die potensiaal het om identiteit te vernietig en daarmee saam die norme en waarde van elke betrokke volk.

Die Republiek van Suid Afrika is deur die Afrikanervolk tot stand gebring en géén politieke geknoei kan dit verander nie! Géén politieke geknoei sal ook ons vryheid weer bewerkstellig nie. Laat ons bly by die waarheid en die werklikheid dat daar deur ‘n illegitieme handeling ‘n onwettige regime met ‘n onwettige grondwet in beheer van Suid Afrika gekom het wat herstel moet word.

 

Afrikaners in gesprek met Mbeki

Afrikanerleiers het onlangs ’n gesprek oor Afrikaners se plek en rol in Afrika met oud-president Thabo Mbeki gevoer. Die gesprek het by die Thabo Mbeki-stigting plaasgevind en Carel Boshoff van die Orania Beweging, Flip Buys van Solidariteit en professors Koos Malan en Danie Goosen van die FAK het daaraan deelgeneem. Dit is deur Chris Opperman, oud-diplomaat en sakeman met belange in veral Tanzanië, aangelê.

Die gesprek vorm deel van `n breër Afrikaner-Afrika Inisiatief waaraan die Orania Beweging deelneem. Dit berus daarop dat Afrikaners se erkenning as deel van Afrika nie deur politieke vooroordele en agenda's in Suid-Afrika beperk behoort te word nie en dat skakeling met ander rolspelers op die kontinent Afrikaners se posisie kan versterk. Carel het na die persepsie verwys dat Afrikaners hulle identiteit sal moet prysgee voordat hulle vir mede-Suid-Afrikaners aanvaarbaar sal wees, waarop mnr Mbeki so ’n siening verwerp het en bevestig het dat hy die reg op selfbeskikking as ’n onvervreembare reg beskou.

Op `n vraag aan Carel oor die meriete van so ’n gesprek het hy na die onlangse Volk-staatbetoog verwys waarin skakeling met Afrika as ’n prioriteit gestel is. Aanvaarding binne Afrika is belangrik vir aanvaarding elders in die wêreld en hoewel mnr Mbeki nie meer oor regstreekse politieke mag beskik nie, kan hy as oud-staatsman heelwat diplomatieke deure oopmaak.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie