1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4386886

Besoekers aanlyn

Ons het 165 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

F.W.DE KLERK HET DIE LAND IN ’N ERNSTIGE KRISIS GEDOMPEL

F.W. de Klerk met skoon hande

F.W.DE KLERK HET DIE LAND IN ’N ERNSTIGE KRISIS GEDOMPEL

President F.W.de Klerk het die land in ’n ernstige krisis gedompel en die tyd het aangebreek dat hy homself nou uit die openbare oog verwyder!

Die AVP reageer op de Klerk se toespraak Donderdag by die Kelvin Grove-klub in Nuweland en plaas sy versugtinge net in die regte perspektief. Sy uitlatings is slegs sinvol mits dit regverdig en objektief die waarheid en veral die werklikheid van gebeure sedert 1994 weergee. Met enkele aanpassings aan sy gepubliseerde toespraak blyk de Klerk se hande nie so skoon te wees as wat hy voorgee nie, maar druip dit van die bloed van duisende blank en swart in Suid Afrika, om nie eens te praat van die vernietiging van ons pragtige land in sy geheel nie!

Die beklemtoonde en kursiefgedrukte gedeeltes is telkens die AVP se weergawe van die werklikheid wat verswyg word!

Pres. Jacob Zuma het die land in ’n ernstige krisis gedompel en die tyd het aangebreek vir die ANC om hom as president te verwyder.

F.W.DE KLERK het die land in ’n ernstige krisis gedompel en die tyd het aangebreek dat hy homself nou uit die openbare oog verwyder!

Só het oudpres. FW de Klerk Donderdag by die Kelvin Grove-klub in Nuweland gesê “Die ANC het hom verkies en hulle het die mag om van hom ontslae te raak,” het De Klerk gesê. “Dit is nou aan hulle oorgelaat om te besluit of die land Zuma verder kan bekostig.

Die Afrikanervolk het hom verkies en hulle het die mag om van hom ontslae te raak. Dit is nou aan hulle oorgelaat om te besluit of die land sy uitlatings verder kan bekostig.

“Ek doen ’n beroep op die talle goeie en gematigde ANC-lede om op te staan vir die beginsels waarop dié party gegrond is en ’n einde te bring aan die staatskaping wat ons sien plaasvind. Die tyd het aangebreek vir alle Suid-Afrikaners om te sê, tot hier toe en nie verder nie.”

Die AVP doen ’n beroep op die talle goeie en gematigde Afrikaners om op te staan vir die beginsels waarop die NP tydens die Verwoerd-bewind gegrond was en ’n einde te bring aan die staatskaping wat ons gesien plaasvind het. Die tyd het aangebreek vir alle Afrikaners om te sê, tot hier toe en nie verder nie.”

De Klerk het gesê Suid-Afrika sal nie sy ekonomie en maatskaplike kohesie herstel as hy nie ’n president het wat die ekonomie verstaan en sal laat reg geskied aan die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) nie. Hy het gesê dit is duidelik Zuma en die Gupta-familie het hul oog op die land se beursie en dat wêreldmarkte dit nie gaan duld nie.

Die AVP stem saam dat Suid-Afrika sal nie sy ekonomie en maatskaplike kohesie herstel as hy nie ’n blanke president het wat die ekonomie verstaan en sal laat reg geskied aan die Nasionale Beginselstandpunt van rasseskeiding nie. Dit is duidelik dat de Klerk en die Imperialistiese VSA en Brittanje hul oog op die land se beursie gehad het en dat wêreldmarkte dit nie alleen geduld het nie maar dit ook aangemoedig en beloon het.

“Soos wat ons met die afdanking van finansminister Nhlanhla Nene en die Valke se vendetta teen minister Pravin Gordhan gesien het, dryf politieke wangedrag ons na ’n katastrofiese afgradering van die ekonomie,” het De Klerk gesê. “Zuma is besig om ons demokrasie te vernietig deur beheer oor sleutelstaatsinstellings vir persoonlike en politieke gewin te gebruik.”

Soos wat ons met die afdanking van weermaggeneraals en die Buro vir Staatsveiligheid se vendetta teen die Herstigte Nasionale Party gesien het, het politieke wangedrag ons na ’n katastrofiese afgradering van die ekonomie gedryf. De Klerk het ons demokrasie vernietig deur beheer oor sleutelstaatsinstellings vir persoonlike en politieke gewin te gebruik.”

 

De Klerk, wat klublede ter viering van sy 80ste verjaarsdag toegespreek het, het bestek gedoen oor sy politieke loopbaan wat gans anders deur behoudende Afrikaners vertolk word as wat hy voorgee. Volgens die AVP was:

Hy het gesê die beste dag van sy presidentskap was toe hy dit in 1994 (aan oudpres. Nelson Mandela) oorgegee het. “Dit was die hoogtepunt van my loopbaan, nié omdat ek dit aan die ANC of Mandela oorgegee het nie, maar eerder aan ’n nuwe bestel waar die grondwet en gereg die oppergesag was, eerder as die parlement,” het hy gesê.

DIe VERWERPLIKSTE dag van sy presidentskap was toe hy dit in 1994 (aan oudpres. Nelson Mandela) oorgegee het. Dit was die hoogtepunt van sy verraad, nié omdat hy dit aan die ANC of Mandela oorgegee het nie, maar eerder aan ’n nuwe bestel waar die grondwet en getalleoorheersing die oppergesag was, eerder as die meerderheid van sy eie volk.

Hoewel mense aanvanklik bereid was om Zuma ’n kans te gee, het hy die toets in die oë van die publiek gedruip, meen De Klerk.

Hoewel mense aanvanklik bereid was om de Klerk ’n kans te gee, het hy die toets in die oë van sy eie volk en uiteindelik die geskiedenis, klaaglik gedruip.

“Hoekom sien ons so baie diensleweringsbetogings? Dit is weens swak regering en ongebalanseerde regstellende aksie. Die ANC het nie sy beloftes aan die massas nagekom nie en Zuma se eie ondersteuningsbasis wys nou hul ontevredenheid. Dit is tyd vir ’n verandering om die land se onthalwe,” het hy gesê.

Hoekom sien ons so baie diensleweringsbetogings? Dit is weens swak regering en ongebalanseerde en gebrekkige, gelooflose politieke insig van voor 1994. De Klerk het nie sy beloftes aan die Afrikanervolk nagekom nie en sy eie ondersteuningsbasis wys nou hul ontevredenheid. Dit is tyd vir ’n verandering om die land se onthalwe volgens die mening van die AVP!

 

‘MY HANDE IS SKOON’ – FW de Klerk Deur Jenna Etheridge, News24 17 Maart 2016 17:55

Op die vooraand van sy 80ste verjaardag dié week het die laaste apartheidspresident, FW de Klerk, gesê sy hande is skoon. (Nê?)

“Die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) het sy bes probeer om my van ernstige wandade en menseregteskendings te beskuldig,” het De Kerk Donderdag by die Kaapstadse Persklub gesê

Maar daar was geen feitelike grondslag daarvoor nie en die WVK kon hom nie skuldig bevind nie, het hy gesê. .(Die Lieg –en-Biegkomissie se mening het in die oë van die Afrikanervolk géén waarde nie!)

De Klerk het beklemtoon dat hy nooit betrokke was by enige beleid of plan waarvolgens mense “doodgemaak, verkrag of gemartel” kan word nie. “Dit was nie die beleid nie.” (Die beleid van “Magsdeling” is die primêre oorsaak van derduisende mense se wreedaardige verminking, verkragting en moord waarvan niemand anders as de Klerk méér verantwoordelik gehou kan word nie!)

De Klerk het gesê die WVK het goeie werk verrig en die waarheid agter sekere aspekte van apartheid aan die lig gebring, maar dit was ongebalanseerd. (Die wanbalans setel nie by die WVK nie maar by die kortsigtige politieke oordeel sedert die sluipmoord op dr. H.F. Verwoerd)

“Hulle het nie ondersoek ingestel na die meer as 400 senior IVP-mense wat koelbloedig vermoor is nie. Daar is niks daarvan in die verslag nie. Hulle het nie die waarheid agter die halsnoermoorde en swart-op-swart-moorde openbaar nie.”( Die gebrekkige ondersoek na die moord op dr. Verwoerd wat nie in ’n verslag die waarheid ontbloot het nie, is veel eerder te bevraag!)

Hoewel hy die idee van die WVK ondersteun het, voel hy (die WVK) het nie daarin geslaag om versoening te bevorder nie. (Die horisontale versoeningspogings tussen reg en verkeerd, tussen beskawing en barbarisme, tussen Christen en Heiden, tussen die waarheid en die leuen, was vanuit die staanspoor verwerplik)

Volgens De Klerk was die grootste probleem dat die WVK nie verteenwoordigend was nie en dat daar geen kommissarisse was wat namens die Nasionale Party of die IVP kon praat nie. ( Die grootste probleem volgens die AVP is dat die Afrikanervolk se onderwerping aan ’n swart meerderheidsregime, nie verteenwoordigend was van die meerderheid Afrikaners nie!)

“Versoening kan nie plaasvind as daar nie konsensus is nie en konsensus is nie moontlik as alle kante nie behoorlike verteenwoordiging het nie.” (Beter verteenwoordiging vir vertikale versoening as wat die mens voor God die Vader het in die vorm van Sy Seun, ons Verlosser en Saligmaker, bestaan daar nie en word dit sterk aanbeveel aan de Klerk en almal wat aan sy “klub” behoort.)

In Europa waar die klimaat drasties verander het in die llig van die toestroming van vreemde rasse en volkere, as gevolg van die die konflik in Noord Afrika en die Midde-Ooste, is die klimaat ook besig om in Suid Afrika te verander. Die eksperiment om te dobbel met menselewens terwille van die “Nuwe Wêreld Orde”, is besig om wêreldwyd teenstand te kry. Dat dit egter nog slegter sal gaan voordat dit beter word, is verseker. Afrikaners moet hulleself begin voorberei vir die toenemende geweld wat onvermydelik is deur die wedywering tussen die swart rasse vir beheer van Suid Afrika.

Grootskaalse aanvalle op blankes sal die sneller wees vir ons optrede in selfverdediging.

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie