1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4314965

Besoekers aanlyn

Ons het 60 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

Weg met die beskawing!

Die liberale denkeTerwyl die onluste in die land al meer momentum kry word die prentjie nou baie duidelik: Die beskawing moet val! Dis net die liberale idiote wat nog dink dat daar meriete in die onlusmakers se griewe is. Die res van ons Blankes (dis nou diegene wat nie aan die geldmagte uitverkoop is nie), weet van die eerste dag af dat die 1994-bestel gedoem was tot mislukking. Dit was net 'n kwessie van tyd. Al waarom dit 22 jaar moes neem was vir die vyande van die Blanke (en die Afrikaner by name) om alles in plek te kry om die laaste aanslag te loods. Duidelik dink hulle dat die laaste slag nou gelewer kan word.

Ai foeitog, en dan is daar steeds diegene wat hulle hoop op die Grondwet vestig. Wat doen die Grondwet tans vir Afrikaans?

Wat doen die Grondwet om onteiening te keer! Gaan lees mooi; onteiening word goedgekeur. Ai, hoeveel keer moet ons dit nog sê: Die Grondwet is ons grootste vyand. Die enkele bepalings wat ons moet beskerm is 'n suigstokkie om aan te suig. Rome brand en die liberalis dink 'n grondwet sal ons beskerm...

 

En sekere verloopte Blankes kan nie vinnig genoeg oorgee nie. Nou is Aardklop ook weg. Nie dat die spulletjie my in elk geval ooit beïndruk het nie. Dit was in elk geval net liberale drek wat aan die goedgelowige Afrikaner opgedis is. Kranksinnig is die woord waarmee hulle die beste beskryf kan word, hierdie liberales. En van helder oomblikke (die sogenaamde lucidum intervallum) is daar nie eers meer sprake nie. Dis asof die een liberale idioot die ander een wil verbygaan! Maar selfs Aardklop (so links-liberaal soos wat dit was) moet val want dis te Afrikaans en te Blank. Sommige van die Blankes hier het selfs gedink dit sal help om hulleself swart te verf...

Dis die beskawing wat moet val swaap! Wat verstaan ons mense dan nie? Hou tog net op om Beeld te lees en Enuus te kyk. Hulle word betaal om vir ons te lieg. Dis die geldmagte se media daai. Die agenda is om die laaste spore van die Afrikaner in hierdie land uit te wis. Kitchener en Milner se droom word nou deur hulle betaalde agente (die ANC en die EFF) bewaarheid. As jy 'n gebou afbrand wil jy die beskawing vernietig. As jy breek en vloek en skel openbaar jy dat daar net 'n dun lagie vernis oor jou as barbaar gesprei is. En ons noem hulle mense of medeburgers! Bid jou dit aan! Dis barbare en niks anders nie.

Laat dit maar weer herhaal word: Afrikaans en spesifiek die Afrikaner het die beskawing na hierdie land gebring. Die Afrikaner wou van die ander ook mense (beskaafd) maak en wou aan hulle aparte vryhede gee soos wat die Britte dit vir Swaziland, Lesotho en Botswana gegun het. Maar omdat die Afrikaner dit gedoen het was dit verkeerd. Want vir die Brit was die Afrikaner 'n steen des aanstoots. Die ou Boervolkie van destyds het immers die einde van die Britse Ryk ingelui. En daarvoor sal ons nooit vergewe word nie.

Maar terug by hierdie gespuis wat hulleself mense en studente noem. Watse "human rights" verdien iemand wat breek en brand? Is dit ons naaste? Is dit die geleerde leiers van more? Wat leer mens in elk geval vir iemand wat nie eers 'n basiese opvoeding het nie; geen basiese maniere het nie en met 'n uiters lae IK opgesaal sit?

Afrikaans moet val maar al is dit derduisende studente se moedertaal en terwyl miljoene Afrikaners moet swoeg en sweet onder die land se tientalle belastingwette! Dus, die Afrikaner mag nie universiteite hê wat deur die staat gesubsidieer word nie. Tweede klasburgers! O ja, die Grondwet sal ons beskerm... Besef die liberale kranksinniges dat Afrikaanse skole ook in die slag gaan bly? Maar as die salaris goed is, wie gee om?

Ek sien daar is studente wat 'n "multikulturele ketting" vorm en bid vir die land. Bid hulle darem in Afrikaans? En watter god word aanbid? Of kry elkeen 'n beurt? Dis mos net demokraties om nie sekere gode uit te sluit nie, of hoe? Hulle kan maar bid, dit gaan niks help nie...

Wie oë het om te sien, maak dit tog oop. Wie 'n tong het om te praat, praat asseblief. Want die vuur brand nader...

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie