ANARGISTIES VUILGOED WAT MET DRIE BUSSE UIT AMSTERDAM EN ROTTERDAM KOM DREIG OM SINTERKLAAS OPTOG IN DOKKUM TE VERSTEUR, MAAR MOET VLUG OMDAT DIE FRIESE BEVOLKING HUL KOMS NIE VERLANG NIE.
MEV. GABY DEPAUW: "EK IS BAIE TROTS OP DIE FRIESE VOLK WAT WAL GOOI TEEN HIERDIE GEMORS WAT DIE AFTOG MOES BLAAS".
Ons het 'n insiggewende 5e vraaggesprek in die Nederlands met mevrou Gaby Depauw, voormalige raadslid vir Vlaams Belang uit die munisipaliteit Burcht-Zwijndrecht, wat haar steur aan anargiste wat aangekondig het Saterdag 18 November die Sinterklaasoptog in die Friese stad Dokkum te ontreël. Mevrou Jenny Douwes, 'n entrepeneur uit die stad Drachten het die inisiatief geneem deur 'n video op YouTube te plaas, om aan die bevolking te vra om te protesteer teen hierdie versteuring.
Diegene wat Jaques Pauw as ‘n held beskou oor sy boek, “The President’s Keepers”, hou nie tred met die geskiedenis nie. Pauw, soos al die liberaliste wat nou kerm oor die toestand waarin Suid Afrika verval het, het nog nie één woord van erkenning geuiter dat hulle oordeel verkeerd was, dat hulle aandeel in hierdie gemors groot was en dat hulle jammer is daaroor nie!
Die bloed van Afrikaners wat gevloei het, waaraan hulle ‘n reuse aandeel het, sonder dat daar verwys word na die werk- en eiendomsverlies wat honderde duisende Afrikaners in ellende gedompel het, word bloot ignoreer asof dit maar net sommer vanself gebeur het!
Die Afrikakultuur om te vat wat nie aan jou behoort nie, veral wanneer jy in ’n posisie van beheer, outoriteit of verantwoordelikheid geplaas is, is aansteeklik.
Die bedrae wat betrokke is, raak ook al groter namate dit bekend raak waarmee sommige amptenare, president, ministers en geregsdiennaars al mee weggekom het.
Die uiterstes waartoe gegaan moet word om korrupte optrede te laat ophou, is binne die DA net soos binne die ANC regime, nie bloot die bekendmaking daarvan met die bedoeling om die betrokkenes te laat ophou nie, nee dit loop die volle pad van verdere toesmeer, herontplooiing, dreigemente, kommisies van ondersoek en uiteindelik hofsake om te onderskei tussen leuen en waarheid. Die skade wat daarmee gepaard gaan word selde of ooit herstel.
Jeremia 2:1-37
“Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie.” (:13).
“Wat het jy dan nou te doen met die pad na Egipte, om die water van die Nyl te drink? En wat het jy te doen met die pad na Assur, om die waters van die Eufraat te drink?” (:18).
‘n Tyd van ontnugtering het vir die Afrikanervolk aangebreek. Die volgehoue en toenemende volksmoord onder Afrikaners, ‘n uiters korrupte en onbevoegde regering, onbeheerbare misdaad, kommerwekkende ekonomiese omstandighede en dergelike sake het tot gevolg dat mense uit ‘n sluimering, wat al vir dekades duur, ontwaak. Die skielike besef dat sake baie, baie sleg daar uitsien, laat mense verbouereerd na oplossings soek.
In die jaar 1992 het die Nasionale Party, die ANC, verraaiers en terroristebymekaar gekom in Kemptonpark. Daar is besluit oor Suid Afrika se toekoms. ‘n Lugkasteel is daar gebou. (Toring van Babel). ‘n Reënboognasie is verklaar as die nuwe mantra in blank Suid Afrika. Die etopia, gelees mislukking, is in detail beplan. De Klerk het die wyn geskink, 'n nuwe soort, Alles verlore blank de blank).
In die huidige ontplooiing van politieke gebeure in die wêreld buite Afrika, is die liberale fondasies van die laat sestigs besig om te kraak! In Afrika waar feitlik al die eksperimente van rasseintegrasie plaasgevind en klaaglik gefaal het, sodat die blanke rasse moes vlug of uitgemoor word, is daar weinig van die ontwikkeling meegebring deur kolonialisme, nog sigbaar.
Outokratiese demokrasië wat deur die imperiale Westerse moondhede in Afrika help vestig is ten koste van die lewens van etlike honderde-duisende mense en verhongering van miljoene, terwyl slegs die bewindhebbers en hulle uitverkorenes in weelde leef, is besig om op die Weste en Europa neer te daal.
Die belastering van die Afrikanergemeenskap deur die tenakoming van sy Dietse en Hugenote voorouers – kennelik die doel van verfoeilike, leuenagtige politieke propaganda – is ’n baie ou beproefde oorlogswapen, wat hand aan hand met die politieke oogmerke van die antagonis loop. Deur die antagonis self te ondersoek en sy (of hul) propaganda te ontleed, kan die onderliggende politieke ideologieë aan die lig gebring word. (Marthinus van Bart)
DIE WARE JAN VAN RIEBEECK EN EVA KROTOA (deur Marthinus van Bart )
In 'n pseudo-dokumentêre TV-rolprent, Krotoa, wat pas in Suid-Afrika bekend gestel is, word die Suid-Afrikaanse geskiedenis skandalig verwring. Die rolprent draai om die persoonlikhede van Jan van Riebeeck en die Koina-diensmeisie Krotoa (Eva) (c. 1642–1674), wat Maria van Riebeeck in die 1650’s aan die Kaap die Goeie Hoop as 'n jong tiener in diens geneem het om die gesin se kamerbediende en kinderoppasser te wees.