Matt. 4:12-25
“En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.” (:19).
Hierdie was alles behalwe maar net nog ‘n gewone dag in die lewe van hierdie Galilese vissermanne. Hulle was dalk maar net besig met die normale verloop van hul lewens en om hul dagtaak uit te voer totdat Christus by hulle verbygegaan en tot diens geroep het. En hoe merkwaardig het hierdie vier manne nie, sonder versuim, sonder huiwering, op Sy roepstem reageer nie!
Hierdie gehoorsaamheid van die dissipels is vir ons nogal inspirerend en weliswaar tot ‘n voorbeeld. Maar dink ons werklik aan die omvang van hulle bereidwilligheid?
Die onlangse gebeure in Zimbabwe volg nie die Afrikapatroon nie. Die optrede van die Zimbabwiese weermag strook nie met die standaard geweldsoptrede van Afrika nie. Die vraag wat ontstaan is waarom hierdie sagte en beskaafde hantering van Mugabe?
Die pad van bloed en geweld wat agter Mugabe se weermaggeneraals lê toe hy nog sterk was en sy opposisie eenvoudig met geweld uit die weg geruim het, neem eweskierlik ‘n ander wending. Kan dit wees dat hulle besef dat indien Mugabe se opposisie die stuur vat, dit hulle beurt gaan wees om te bloei?
Dit was slegs verlede maand nog toe Mugabe verklaar het dat blankes moet verstaan dat wat nie joue is nie, nooit joune kan word nie al veg jy daarvoor. Wat wel waar is wat hy op dieselfde byeenkoms kwytgeraak het, is dat, "If you come to my place and claim it's yours, I will fight you.” Dit is ‘n wetmatigheid wat hy goedskiks vir Suid Afrika se swartes aan die verstand kon bring!
Netwerk24 Afrikaners-is-nie-spesiaal- 14-11-2017 BEELD se middelblad waar Max du Preez sy mond uitspoel oor Afrikaners, asof hy ‘n kenner van die Afrikanervolk is het die AVP se aandag getrek. Du Preez is reg as hy sê dat die Afrikaners nie spesiaal is nie. Waarvan hy egter klaarblyklik níks weet nie, is dat Afrikaners ‘n geskiedenis het waaruit ‘n volk ontstaan het en waarin ‘n kultuur en ‘n taal gevorm is wat anders is en dus onderskei kan word van die ”groepe” waarin hy mense plaas.
Dat die groep waarin hy homself bevind totaal anders is as die Afrikanervolk, val buite du Preez se begripsvermoë. Sy verklaring dat hy ‘n Afrikaner is met sy wortels op Vrystaatse plase, as ‘n nasaat van Voortrekkers en Boerekrygers, laat buite rekening dat daar by du Preez wortelvrot ingetree het.
MEV. ELISE JAARSMA: " 'n REËNBOOGNASIE WERK NÊRENS EN BESTAAN NET IN DIE KOPPE VAN SOSIALISTE EN KOMMUNISTE, EN WORD AANGEHAAL OM KINDERS EN DIE BANGES TE PROBEER FLOUS".
In hierdie tweede vraaggesprek in die Nederlands sal ons aan mevrou Jaarsma (skuilnaam) vrae stel oor haar siening wat betref die sg. reënboognasie wat sowel in Europa as in Suid Afrika 'n voldwonge feit is danksy die bose kragte wat dit moontlik gemaak het.
"Mevrouw Jaarsma waarom kan zo'n veelkleurige samenleving niet werken?"
"Op zich is het best mogelijk om samen te leven met meerdere culturen zolang de identiteit en de cultuur van het gastland gerespecteerd worden. Ik doel hier dus beslist niet op het bonte allegaartje dat door de politiek correcten 'regenboognatie' wordt genoemd, want dat maatschappijmodel heeft alleen maar ellende gebracht. Alleen indien men zich aanpast aan de normen, waarden en gebruiken van het gastland kunnen vele mensen uit verschillende culturen best samenleven. Hier in Nederland en overal in de wereld is te zien dat het de islamitische bevolkingsgroep is die altijd iets veranderd wil hebben om dichterbij het einddoel te komen. Via veranderingen in cultuur, wetgeving en instituten willen ze uiteindelijk hun totalitaire ideologie aan ons opdringen."
In beide Pole en Tjegoslowakye het daar in onlangse verkiesings beduidende verskuiwings na regs plaasgevind. Fox news berig dat die onafhanklikheidsviering in Pole, daar meer as 60,000 mense aan ‘n verregse optog deelgeneem het.
Die politieke klimaat in Europa is ‘n bron van kommer vir liberale leiers soos Angela Merkel wat self bitter swak gevaar het terwyl die konserwatiewes besig is om hand oor hand nader te skuif aan oorwinning.
Ook in Frankryk is die konserwatiewe party aan die opmars en ‘n groot bron van kommer vir die leiers van die Europese Unie. Die AVP plaas terwille van die Afrikaners wat hulle steeds blindstaar teen die onomkeerbaarheid van de Klerk se politieke verraad, uitgebreide artikels in Engels, soos wat dit by ons aangekom het sodat dit nie as regse Afrikanerretoriek afgemaak kan word en sodoende as onbelangrik afgemaak word.
Elke vyf jaar word die inwoners in Suid Afrika opgeroep om te kom stem. ‘n Mengelmoes van verskillende rasse, gelowe, volke en immigrante wat die “Reënboognasie” gedoop is. Genadiglik kom die woord Afrikaner nie daarin voor nie! Die betekenis daarvan is dat die ware nasionalistiese Afrikaner nie deel het aan dié wanstaltige “nasie” nie.
Die reënboognasie is ‘n nasie waarbinne volke se reg misken word deur die opsteek van meerdere hande! Meer nog, waar diè Volk wie se land dit regtig is, doelmatig uitgewis word saam met alles wat hulle tot stand gebring het onder die dekmantel van ‘n "moderne demokrasie", gelees Volksmoord!
Hoséa 6:1-11
“En laat ons ken – laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.” (:3).
Die ellendige toestand waarin die Afrikanervolk verkeer, is duidelik sigbaar. Dit blyk dat selfs diegene wat waarskuwings en vermanings ‘n paar jaar gelede met ongeërgdheid afgemaak het nie meer die werklikheid ontken nie omdat dit doodeenvoudig te groot en duidelik is om mis te kyk.
Hierdie besef van ons toestand wat by mense insink, bring natuurlik ‘n tipe van histerie mee. Wanneer die skokkende werklikheid ewe skielik intree, wend ‘n mens mos desperate pogings aan om die dreigende gevaar te ontkom.