Die geleidelike skep van ‘n toestand waarin Suid Afrika as erfland van die Afrikanervolk ontneem is, is sekerlik die mees suksesvolle strategie wat sedert ons volksontstaan aangewend is om die Afrikanervolk van die geskiedenisverhoog af te vee.
Gebrekkige politieke insig en eiebelang was sedert die moord op dr. H.F. Verwoerd, twee van die belangrikste faktore wat deur ons vyande uitgebuit is om die Afrikanervolk op te stel vir die doodskoot!
Luister na die geldmag se man wat Zuma moet vervang. Die man wat al sedert Mandela afgestof en vir goedgelowige Afrikaners voorgehou word as die oplossing wat die land moet regruk en vir die blankes weer hoop moet bied. Die Venda Cyril Ramaphosa.
ESTER 7:
1 TOE die koning en Haman inkom om saam met koningin Ester die feesmaal te hou,
2 sê die koning aan Ester ook op die tweede dag, terwyl hulle wyn drink: Wat is jou bede, koningin Ester? — dit sal jou toegestaan word. En wat is jou versoek? Al was dit die helfte van die koninkryk — daaraan sal voldoen word.
3 En koningin Ester antwoord en sê: As ek genade in u oë gevind het, o koning, en as die koning dit goedvind, laat my lewe my geskenk word op my bede en my volk op my versoek.
4 Want ons is verkoop, ek en my volk, om verdelg, gedood en uitgeroei te word.
As jy ore het wat nie wil hoor nie en ‘n verstand wat moedswillig nie wil verstaan nie, sal jy ook nie gereed of ontvanklik wees vir die gevolge van jou onbesonne besluitneming wat jy dan nie kan begryp nie!
Wat ‘n wonderlike leerskool is Afrika nie vir dié wat bereid is om sy lering aan te neem nie. Dit was mnr. Jaap Marais wat by herhaling aan die “slim” Afrikanerpolitici dit probeer tuisbring het dat Afrika ons aanskouingsles is waaruit ons behoort te kan bepaal wat die beste beleidsrigting sal wees om hier in Afrika te kan bly voortbestaan.
Neem nou maar Zimbabwe as ‘n voorbeeld.
MNR. GERWIN DOKTER: "ONS SAL ONS BLY VERSET TEEN DIE VERSTEURING EN INMENGING VAN ONS NEDERLANDSE KINDERFEES EN ONS ANDERE KULTURELE ERFGOED WANT DIT IS BAIE BELANGRIK DAT ONS ONS TRADISIES BEHOU EN UITLEEF"
Na aanleiding van die protesdemonstrasie wat op Saterdag 18 November plaas gevind het, sal ons vrae stel aan meneer Gerwin Dokter een van die inisiatiefnemers van die padblokkade. Soos u sal herinner was daar baie Friese wat hul motors op die pad gesit het, sodat die drie busse met anargiste nie verder kon ry nie.Die aksievoerders wil Saterdag 3 Desember onder begeleiding van 'n groot polisiemag in die sentrum van Dokkum demonstreer, dog baie burgers uit hierdie stad het al gesê dat hulle na Leeuwarden sal gaan. Op hierdie wyse sal hul kinders nie gekonfronteer word met die gemors. Dit sal tjoepstil wees.
Hoe verskil F.W. de Klerk nou eintlik van Mugabe?
Met al meer besighede wat nie meer ‘n bestaan kan voer nie en dienooreenkomstig al hoe minder belastingbetalers oorbly as gevolg van stygende werkloosheid, word die oorblywende inkomstebronne die enigste melkkoeie wat vir die ANCkaders oorbly om hulle onversadigbare geldsugte te bevredig.
Die Lughawe organisasie ACSA deel goedskiks vyf miljoen rand as donasie aan die “Black Business Counsil” uit, wat in die proses voete kry! Daarbenewens word die inwoners van Witbank in Oos Transvaal bedreig met kragonderbrekings omdat die munisipaliteit, soos so baie ander, nie die geld wat hulle van die verbruiker ontvang, oorbetaal nie! Hulle skuld skynbaar volgens eENCA R1.2 Biljoen aan Eskom.
Eskom beweer dat agterstallige inkomste wat deur munisipaliteite verskuldigis, R11 Biljoen beloop!
Matt. 27:32-56
“En die verbygangers het Hom gesmaad terwyl hulle hul hoofde skud en sê: U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom af van die kruis!” (:39&40).
“En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur; (:51).
Op die vraag “Waar woon God?” is die onmiddellike antwoord gewoonlik –“In die hemel, natuurlik.” Dit was Salomo wat tereg opgemerk het dat selfs nie die hoogste hemele die heerlikheid van God kan inhou nie.