1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5013406

Besoekers aanlyn

Ons het 108 gaste en een lid aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIE SNELLER IS GETREK OM SUID AFRIKA WEER TE BEGIN TERUGVAT VIR DIE AFRIKANERVOLK

BEE VREUGDEDie geleidelike skep van ‘n toestand waarin Suid Afrika as erfland van die Afrikanervolk ontneem is, is sekerlik die mees suksesvolle strategie wat sedert ons volksontstaan aangewend is om die Afrikanervolk van die geskiedenisverhoog af te vee.

Gebrekkige politieke insig en eiebelang was sedert die moord op dr. H.F. Verwoerd, twee van die belangrikste faktore wat deur ons vyande uitgebuit is om die Afrikanervolk op te stel vir die doodskoot!

Luister na die geldmag se man wat Zuma moet vervang. Die man wat al sedert Mandela afgestof en vir goedgelowige Afrikaners voorgehou word as die oplossing wat die land moet regruk en vir die blankes weer  hoop moet bied. Die Venda Cyril Ramaphosa.

Mario AmbrosiniMario Ambrosini at the Cape Town Press Club, photo by Trevor Samson

Volgens Derek Bird wat in die Weekend Argus van 30 September 2017 skryf, is daar in die gedenkskrifte van  die IFP Volksraadslid, dr. Mario Oriani-Ambrosini ‘n aantekening van ‘n gesprek met Ramaphosa. Ambrosini skryf: “In his brutal honesty, Ramaphosa told me of the ANC’S 25 year strategy to deal with the whites: Ramaphosa het gebruik gemaak van die padda in die pot met koue water wat stadig verhit word. “He meant that the black majority would pass laws transferrring wealth, land and economic power from white to black slowly and incrementally, until the whites lost all they had gained in South Africa, but without taking too much from them at any given time to cause them to rebel or fight”.

Nie die nag van die lang messe nie, stadig en geleidelik soos wat dit die afgelope 23 jaar al aan die gang is! Amper soos Haman in die boek Ester! ‘n Sameswering met die vyandige imperiale magte van die wêreld, maar ook met die samewerking van die saampraters, saamwerkers, oorgeërs, verraaiers en ondersteuners van die kastige “moderne demokratiese Suid Afrikaanse grondwet”,  wat opgestel is om die Afrikanervolk in te lui in die Ramaphosa drukgang na die “slagpale”!

Die uiterste pogings om die Afrikanervolk te laat afsien van Suid Afrika as óns land deur die aanvaarding van die konsep van ‘n volkstaatjie onder swart heerskappy, hou net nie op nie! ‘n Futiele uitgangspunt uit die dampkring van liggelowiges se vrees vir getalle, tenspyte van die vele voorbeelde in ons geskiedenis waar ons Hemelse Vader ons hulpgeroep gehoor en daarop geantwoord het met wonderbaarlike uitredding!

Die internasionale turbulensie van asielsoekende indringers in Europa,  wat die Afrikaner oral, en vir baie jare  benadeel het oor ons beleid van Afsonderlike Ontwikkeling, en nou  die vrugte van multikulturalisme begin pluk, is die begin van ‘n totaal nuwe internasionale politieke ontwikkeling.

Die amptelike verklaring van die VSA dat Jerusalem die wettige hoofstad van Israel is, saamgelees met die wêreldonrus, kan die sneller wees wat getrek is vir ‘n hele “nuwe” politieke klimaat, wêreldwyd! Dit is in die lig hiervan dat die AVP Sê dat die tyd aangebreek het om ‘n begin te maak om Suid Afrika weer te begin opeis as die regmatige eiendom van die Afrikanervolk.

Die naamsveranderings wat daarop gemik is om Afrikaners te laat aanvaar dat Suid Afrika nie meer ons land is nie, word vir u gelys met die ou bekende name van dorpe, stede, strate, damme, ens. Die bedoeling is dat ons sal ophou om die nuwe name te gebruik deur onder mekaar en oral waar ons beweeg, weer die ou name te begin gebruik. Sodoende bevestig ons ons reg en bewys ons die verwerping van die onreg wat hier plaasgevind het. Sonder opmarse of betogings of geweld, begin ons ‘n veldtog wat ons vyande nie kan keer nie en wat ‘n enorme stok in die speke van hulle paddastrategie gaan wees!

Laai die lyste af en dra en ry dit met u saam, waar u ookal gaan. Gebruik dit en ervaar die gemoedstemming van geleidelike oorwinning oor die onomkeerbaarheid vande Klerk se abdikasie sonder mandaat! Ons voorbereiding in die stryd om vryheid wat broodnodig is vir wanneer die geleentheid hom voordoen en ons samewerking gaan vra!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie