1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4627163

Besoekers aanlyn

Ons het 91 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

JAQUES PAUW IN PERSPEKTIEF

Jaques Pauw en Dirk CoetzeeDiegene wat Jaques Pauw as ‘n held beskou oor sy boek, “The President’s Keepers”, hou nie tred met die geskiedenis nie. Pauw, soos al die liberaliste wat nou kerm oor die toestand waarin Suid Afrika verval het, het nog nie één woord van erkenning geuiter dat hulle oordeel verkeerd was, dat hulle aandeel in hierdie gemors groot was en dat hulle jammer is daaroor nie!

Die bloed van Afrikaners wat gevloei het, waaraan hulle ‘n reuse aandeel het, sonder dat daar verwys word na die werk- en eiendomsverlies wat honderde duisende Afrikaners in ellende gedompel het, word bloot ignoreer asof dit maar net sommer vanself gebeur het!

Hierdie berig wat in Ditsem Blits verskyn het waarin Jacob Mauw van Middelburg ‘n nugter ontleding maak na die lees van Pauw se boek, waarin Pauw eerder spog oor sy en Max du Preez se aandeel in die verraad teen die Afrikanervolk asof dit prysenswaardige optrede was waaraan hulle deel gehad het, is die soort optrede en uitsprake om politieke perspektief weer in lyn te bring met wat ons voorgeslagte as riglyn vir ons nagelaat het. Die AVP beskou dit as verblydend en ‘n positiewe bydrae in ons vryheidstryd.

“PAUW, DINK BIETJIE TERUG AAN 1989 . . .”

Jacob Mouw van Middelburg, skryf soos volg: “In hoofstuk 4 van Jacques Pauw se boek The President’s Keepers verwys hy na ’n ontmoeting tussen Jacob Zuma en die oud-polisieman Dirk Coetzee in Londen in 1989. Coetzee het blykbaar ná die ontmoeting aan Pauw gesê dat Zuma eendag president gaan word en dat hy (Coetzee) ‘nog nooit iemand gesien het met so ’n skerp brein nie. Hy is ’n uitstekende strateeg.’

“In 1989 was Zuma se meesterstrategie om Pauw te help om Dirk Coetzee in Londen by die ANC te kry. So het Zuma die NP-bewind ’n morele doodskoot gegee. Net twee maande later het FW de Klerk in sy 1990-toespraak in beginsel die mag oorgegee, omdat die NP se morele grond weg was.

“Jacques Pauw en Dirk Coetzee het met hul onthullings oor die Polisie se moordeenhede Zuma se aansien binne die ANC stratosferies gelig: van ’n lae posisie in Lusaka, tot die gelyke van Oliver Tambo en Thabo Mbeki in Londen.

Zuma het as ‘uitstekende strateeg’ die NP-regering se morele en politieke mag in 1989 gebreek deur Coetzee vanuit Suid-Afrika na Londen te smokkel. Nie eens Mandela het dit in sy lewe vermag nie.

“As daar een man is wat Zuma se presidensie moontlik gemaak het, dan was dit Pauw, saam met Dirk Coetzee, Max du Preez en Vrye Weekblad. In 1989 het Zuma die kontak met hulle beplan, en die hele operasie in Lusaka namens die ANC in Londen bedink en bestuur.

“Met die voordeel van terugblik op die geskiedenis is feite soms snaakser as fiksie: Jacques Pauw was as’t ware in 1989 ‘The President’s Maker’.”

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie